20something kamp eksperiment
Net so vinnige notatjie. So paar van ons eksperimenteer vanaf 27 Junie tot 4 Julie met ‘n bietjie van ‘n “bring en braai” kamp idee. Daar is nie ‘n kampleier of program nie, maar almal wat kom maak dat die kamp gebeur soos hy gebeur. Ons glo almal het iets om by ander te leer, en dat die beste dinge gebeur in informele gesprekke, so ons try dit bevorder, alhoewel jy ook welkom is om iets op die program te sit.
Dis nie ‘n groot kamp nie, net ‘n paar mense wat gaan, maar ons verwelkom bietjie ander stemme wat saam ons kan kom kuier, so as jy meer inligting soek, email my gerus by cobus.w@gmail.com, of los ‘n comment hier.
Tags: 20something
You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.