hoe ver is nou te ver?

Goed, net om die bal bietjie aan die rol te sit, hier is so ietsie. Ek het eintlik reeds daaroor geblog hier, maar paar opmerkings in Afrikaans, en iets hier en daar om by te voeg.

Dalk weet jy al, maar die vraag “hoe ver is te ver?” het totale nuwe betekenis gekry vir kinders in Suid Afrika. In wat, kom ons hoop so, ‘n stuk wetgewing is wat nog nie mooi fyn genoeg verwoord is nie, vind ons nou die implikasie dat ‘n kind tussen 12 en 16 onder geen omstandighede gesoen mag word nie, nie deur ouer mense nie, al is hulle wie, en ook nie deur iemand wat ook in die groep 12 tot 16 val nie, al bestaan daar watter verhouding ookal tussen hulle. Jy kan die wet hier kry.

Het vanaand met ‘n prokereurs-vriend gesels oor die ding, hy het dit self so gesit en deurlees nou eers, nog nie die wet onder oë gehad voor vanaand nie, maar hy stem saam dat dit die implikasie is van die wet, alhoewel dit moontlik is dat as belaglike sake voor die hof gebring word die hof dit kan uitgooi op grond daarvan dat dit… wel, belaglik is. Maar sulke wetgewing, so sê hy ook, laat die ruimte om iewers misbruik te word.

Wat gaan kom daarvan weet ek nie. Die eerste protesaksies deur kinders sou vandag gewees het, maar die facebook groups daaroor was aktief tot vanoggend, en het toe skielik stil geraak, so ek weet nie of daar iets daarvan gekom het nie.

Ek moet darem byvoeg, ek dink oor die algemeen die veranderinge aan die breër wetgewing waarbinne dit val, die van seksuele misdade, is baie goed. Maar nou ja, hierdie veroorsaak nou nogals baie gesprekke binne sekere kringe, so ek noem maar net.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Politiek, Suid Afrika

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: