Gemeentejaar byeenkoms

Gister was uiteindelik ons byeenkoms vir die M.Div 2 klas, die lot van ons wat nou gemeentejaar doen, die dominees by wie ons dit doen, en die mense van die fakulteit. Oor die algemeen ek dink nie ‘n sleg byeenkoms nie, goeie pizza, Prof Julian het ‘n gedeelte uit Keeping the Faith gewys, wat ek nog wil kyk, wat die trane laat rol het van die lag, en dit was goed om weer die klas maatjies te sien (Nicole se “kinders”).

Hulle sê ons doen 175 krediete hierdie jaar. Volgends die universiteit se calculations is dit 1750 ure se werk (goed, ek dink nie ek het al ooit 10ure aan ‘n krediet gewerk nie, maar nogtans), dit amount op 218.75 8uur dae, en dit moet klaar wees teen einde September. Dit behoort nie te moeilik te wees nie, behalwe dat die realiteit is dat ek dink nie een van ons by 15uur ‘n week se werk bly nie. O ja, dit is die aanbevole ure wat ons in ‘n praktiese jaar moet werk (buiten nou as ‘n jy addisionele kontrak as jeugwerker het of iets).

Maar kom ons wees nou eerlik, wie het nou al ooit net 15uur per week gewerk in ‘n gemeentejaar? OK, daar is seker mense wat het, maar wat doen jy as jy net 15uur per week werk? ‘n Preek saam met voorbereiding kan by 15uur draai, sal seker darem vir meeste hier rondom 8-10 draai (party doen dit in 3, voorbereiding ingesluit, maar dis dalk bietjie dodgy). Sluit ‘n predikante vergadering in iewers die week, nog ‘n uur, een of ander byeenkoms wat jy weekliks moet bywoon, Bybelstudie of jeuggroep of iets, nog 2, ‘n Sondagskool klas, nog ‘n uur ens ens ens. Tel die goed op, dan het daar nog niks admin gebeur nie.

Hoekom skryf ek die? Wel, as jy oppad is gemeentejaar toe, weet maar net, dis nie ‘n speel jaar nie, jy gaan hard werk. En as jy wonder hoekom die gemeentejaar studente niks doen nie… hulle doen actually iets, daar moet nogals baie tyd agter ‘n lessenaar spandeer word vir hierdie oefeningtjie.

Advertisements
Explore posts in the same categories: NG Kerk, TUKS

Sleutelwoordw:

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

2 Kommentaar op “Gemeentejaar byeenkoms”

  1. Ronald Says:

    Mag ek byvoeg, as dit alles verskriklik klink – dit is. Maar die gemeentejaar is een van die beste goed wat met mens kan gebeur as jy teologie swot, dit leer jou heelwat van die kerk (en van jouself)! Dis gelukkig ook baie beter as praktykvorming (‘n verpligte vak wat mens moet doen vanaf jou derde jaar wat deur die kerk aangebied word, nie die universiteit nie). Dit is betekenisvol, want jy bou regtig verhoudings met mense in die gemeente waar jy werk.

    Vir almal van julle wat nog daardeur moet wroeg – baie sterkte! Mag julle dit ook regtig leersaam vind.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: