My Gemeentejaar sover…

 

So hier sit ek in ‘n plek wat vêrder is van die plek wat ek ken. Dis anders en dis nuut… maar net nuut vir my, want dis maar oud. Die res van my klasmaats is veilig in die warmholte van die meer bekender omgewing. En ek is ietwat jaloers, maar weet ek gaan eendag bly wees oor my keuse. Was dit my keuse? Wel dis ‘n ander storie.

Eers wil ek vertel waar ek bly. Ek bly by mense wat ek nie ken nie (nog nie). En dis.. wel interessant. Gelukkig is dit nie in die huis saam nie, dis in ‘n tuinwoonstelletjie, maar so naby dat ek wel soms voel dis in een vertrek. Elke oggend word ek wakker gemaak met ‘n geraas. Die kat wat op die dak bly se gekerm – ek belowe!. Die honde wat vir mekaar blaf. En die oom wat vir homself sing… en ander kere fluit. Ek wonder dan of ek ook nou moet opstaan, hoor die geharwar in my baie te naby bure en staan maar op. Dus, ek bly lekker dankie.

Wat kerk en kerkwerk betref kan ek nie kla nie. Die mense is dierbaar. Die kerk is gesond. Eintlik is ek baie gelukkig, ek leer baie, sien baie, hoor baie. Ek kan verseker insien hoe hierdie jaar ‘n leersame jaar gaan wees!!

So met nog net ‘n paar verpligtinge wat van my verwag word, wat stadig maar seker bietjie meer word, durf ek die jaar aan. Verder het ek genoeg tyd vir fliek, lees, kreatief wees, en natuurlik akademie. Ek moet erken, ek verlang tog so bietjie na die dae wat ek moes klas draf, voltyds elke week en take wat ek laat aand moet doen omdat ek nie vooraf beplan het nie. Miskien omdat dit net nog ‘n gewoondte was. Soms mis ek Duncan verkeer, dink bietjie daaroor en kom oor dit. Verandering is goed.

My Gemeentejaar is nog pret!

 

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

Sleutelwoordw: ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

3 Kommentaar op “My Gemeentejaar sover…”

  1. Nicole Says:

    Terloops! Dr Flip hulle betaal my nie vir hierdie positiewe publisiteit oor Gemeentejaar nie! 😉

  2. cobus Says:

    Welkom Nicole
    Hoop om baie van jou creative juices hier te sien vloei;-)

  3. Ronald Says:

    Ek het eers gewonder hoekom sit jy nie by waar jy is nie…toe sien ek waar jy is. My wereld, daardie – harde tye. Soos goud in die smeltkroes. Maar ja, dit is goeie mense! Sterkte!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: