wat het ons geleer op fakulteit?

So, wat leer ons nou eintlik vir 6 jaar op Fakulteit? Ja, party lidmate dink hulle dominees het niks geleer nie, en ek is bevrees, daar is mense wat deur die 6 (of 7 in die verlede) kom sonder om iets te leer, maar wat van die ander? In klasgesprekke het dit duidelik geword laas week dat ander dieseflde antwoord het as wat ek al baie gedink het: Eksegese!

Ek het my lysie van modules wat my kop regtig geswaai het in die laaste 6 jaar. Ek gaan nie nou die hele lysie opnoem nie, sal dalk iewers as enige iemand belangstel. Maar met na ‘n paar verwys. Prof Steyn se module oor Lukas was ‘n definitiewe draaipunt in my lewe. Toe hierdie man vir my kom leer hoe om werklik versigtig met die Bybel se teks om te gaan, hoe om te lees, en weer te lees, en partymaal raak te lees wat jy heeltyd misgekyk het, het hy vir my ‘n wêreld kom oopbreek.

Vra jy my hoe om te preek, sal ek so bietjie babbels hap, ek kry darem gepreek, maar ek weet nie altyd regtig hoe maak mens nou preek nie. Ek glo pastoraat is ongelooflik belangrik, maar hoe om dit aan te pak bly vir my maar duister, ja, ook die Narratiewe benadering kan ek nie sê ek het onder die knie nie. Wat is die 20 groot Etiese benaderings? Nee, ek’s nie seker nie. So kan ek aangaan. Ek het baie geleer, orals baie geleer, maar nêrens meer as by die Eksegese nie.

Goed, vir die wat nie my akademiese slag volg nie. Eksegese is basies die kuns van tekste verstaan. Dit gaan oor hoe lees ek Bybel. Ek het nog vrek baie om hier te leer, maar as jy my in die middel van die nag wakkermaak, dan sal ek jou kan sê wat mens veronderstel is om te kyk: Historiese konteks, teologie van die boek, plek van die perikoop, struktuur van die teks, belangrike woorde in ‘n teologiese woordeboek, ‘n paar goeie kommentare. Ja, ons doen dit nie almal dieselfde nie, en hierdie is ook nie noodwendig my lysie, of die een wat ek geleer is nie, maar net om te wys, iewers het iets vasgesteek.

Dalk was dit net ons klas? Dalk was dit die storie van ons klas dat eksegese vir ons belangrik geraak het? Ek weet nie, maar dit is deel van ons gemaak op ‘n manier wat ek hoop nooit weer uit ons gehaal word nie, al lag die dominees vir ons omdat ons dink dis belangrik, omdat ons worry oor Griekse tekste en kommentare.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Teologie, TUKS

Sleutelwoordw:

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

24 Kommentaar op “wat het ons geleer op fakulteit?”

  1. tiaan Says:

    Ja flip (nie du toit nie 😉 ). Ek is nogal bly dit het by ons vasgesteek. Moes vandag weer amper hoor hoe Bybelgedeeltes verkrag en ge-exploit word om by mense se idees te pas van hoe die wêreld (en in hierdie geval, demone-leer! I kid you not) nou eintlik werk.
    Wou so graag vir die vrou sê dat ‘n mens na meer as een ding rondom ‘n (vertaalde!) teks moet kyk.
    En gisteraand het ‘n dominee van wie ek eintlik meer verwag het, actually die HOOFLETTERS IN DIE AFRIKAANSE VERTALING gebruik om ‘n punt te staaf…Eish. Bad eksegese, baie bad. Ek kan nou nog nie kop of stert uitmaak van wat hy nou eintlik probeer sê het nie – dit was alles mooi, maar dit was about dit. Niks substans nie.
    Dan preek ek eerder iets wat die mense laat uitstap. Ten minste weet hulle dan waaroor het dit gegaan.
    Man ek wens ek het meer resources daarvoor gehad…


  2. Binne die volgende 3 jaar en twee maande…

    Lees gerus die boek http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html

    johannes coetzee

  3. cobus Says:

    Johannes, ek weet nie wie jy is nie, maar ek was op die punt om jou comment te spam.

    Dit is regtig swak styl om ander mense se blogs te gebruik vir advertensie, selfs al is dit nie jou eie nie. En aangesien ek glad nie die relevansie van jou link vir die gesprek tot op hierdie punt kan sien nie, kan ek nie sien hoekom dit iets anders as advertensie is nie.

    Ek trust gelukkig mense genoeg dat hulle maar jou twak self kan lees en beoordeel wat van waarde is. Vertrou jy mense genoeg om dieselfde te doen met die teologie waarvan gepraat word in hierdie post?


  4. Cobus

    Jy is welkom om my te spam. Jy kan dalk die boodskapper “doodmaak” maar die Boodskap …. nooit. Ek is nie skaam vir die boodskap nie daarom gebruik ek geen skuilnaam nie. Die “tyd van die einde” waarvan God in Daniel en die res van die Skrif geprofeteer het. As jy wil sal ek vir julle selfs die radio stasie se frekwensie gee waarop hierdie boodskap via radio uitsendings tans die hele wereld bereik. Een Ware Evangelie…! Wat ‘n heugelike dag. Iets waarvoor Paulus sy voortande sou gee.

    My bedoeling is nie om te adverteer nie, my bedoeling is om te waarsku. As ek sou adverteer of te spam sou ek geensins die moeite gedoen het om op jou boodskap te reageer nie.

    As jy en jou “raad” dit egter verkies dat ek nie op jou blog enige boodskap los nie sal ek dit met graagte doen, maw.. die stof van my voete afskud

    (Luk 9:5) En almal wat julle nie ontvang nie—as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot ‘n getuienis teen hulle.

    Mag God julle ryklik seen met julle blog.

    johannes coetzee

  5. cobus Says:

    Wel, consider us warned. Dis jammer dat ons nou nie 2012 se Olimpiese spele gaan kan sien nie, aangesien een van my vriende daar hardloop. Sou al hierdie jaar gegaan het, en toebreek hy sy been. Maar at least kan ons 2010 se sokker nog kyk!


  6. Cobus, laat my tog net toe om vir JC te vertel, dat in die jare sestigs het daar mense gekom met die storie en toe weer in die tagtigs. In 1995 het sekeres weer gesê 1997 en toe weer in 2000. Nou die dag lees ek weer ‘n e-pos wat sê 2011 en hulle meld Luk. 21 v 9 tot 28. Kyk tog na vers 32 en neem kennis dat daardie geslag al lankal verby is, en dit blyk dus of iemand die bus gemis het. Ek dink dat, wanneer die Waarheid (Christus) by JC uitkom, sal die wêreld van Kemping, waarin JC homself tans bevind, met skokke (aarbewings) vergaan ens.


  7. Hans

    Ek en jy het al lang gesprekke by vorige geleenthede gehad. Vir solank jy jouself onder die gesag van ‘n kerk bevind sal jy onder “krag van dwaling” (strong delusion) bevind…!

    2Th 2:11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

    Dis alleenlik God wat ons “ore en oë” kan open vir hierdie verskynsel wat sal toeneem namate ons die “Laaste Dag” sien naderkom.

    Dis nie onwaarskynlik dat dit op 21 Mei 2011 met ‘n groot aardbewing gepaard sal gaan nie.

    Na wie word in vers 21 van Lukas 21 word verwys as daar gepraat word van Judea, wie moet berge toe vlug…?

    Mag God ons genadig wees.


  8. Cobus

    Ons leef in die tyd waarin die spreekwoordelike “pot lensiesop” belangriker geword het as ons “eersgeboortereg”. Ja ons is almal maar geneig om steeds soos Esau dit wat op die ingewing van die oomblik belangrikker lyk as dit wat ewigheidswaarde het. Die Bybel as die Woord van God word vandag maar as van mindere belang gesien. Ongelukkig (of dalk gelukkig) moet dit alles gebeur sodat Jesus weer kan kom….!

    Luk 21:27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid.
    Luk 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
    Luk 21:29 Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.
    Luk 21:30 Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.

    Die vyeboom (ou testamentiese Israel) het op 14 Mei 1948 begin bot… maar soos daar elders in die Skrif verklaar word, sal dit nooit weer vrugte dra nie…!

    Die somer (die einde vir die ongereddes maar die begin vir die gereddes) is so naby ons kan al die lentebloeisels ruik…!

  9. Ronald Says:

    Johannes, ek voltooi graag jou redenasie met Matteus 24:36 (dis die deel in Matteus wat handel oor die vyeboom, baie soos in Lukas 21:34-36):

    “Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.”

    Mag ek dan net ook kortliks byvoeg: ek dink nie ons hoef onsself vreeslik te bekommer oor wanneer Jesus se wederkoms plaasvind nie – die punt is dat ons nou elke dag moet leef. Dit sal dus beter wees om jou besig te hou met goed wat vandag se mense kan help as om jou te bekommer oor ‘n tyd wat niemand weet wat gebeur nie.

  10. cobus Says:

    Kan ek darem net dankie sê johannes, gelukkig het julle ‘n datum gekies wat nie ver van nou af is nie. Ons sal wel oor 3 jaar sien wat gebeur. Dink nou net, as dit ‘nj datum in 2029 was dan moes on nog 20 jaar wag voor iemand sou geweet het of dit toe nou reg was:-)

    Maar nog iets, waarteen word ons nou eintlik gewaarsku? Vir my lyk dit soos ‘n geleentheid, want nou hoef ek vir 3 jaar nie daaroor te worry nie. Aan die anderkant, as Ronald reg is, dan kan dit dalk more kom? Ag ek weet nie, dalk moet ek maar net Ronald se raad volg en myself besig hou met goed wat mense kan help.


  11. Cobus

    Ja 21 Mei tot 21 Oktober 2011 is skrikwekkend naby, Waarteen word ons gewaarsku…? Ek dink dis belangrik dat ons ons laat lei deur dit wat die Woord van God van ons verwag… die hele Bybel. Dis moeilik om enige deel van die Bybel uit te sonder as belangriker as ‘n ander deel. Ek dink ons kan sekerlik God se Wysheid soek deur te kyk hoe die profete van die verlede gehandel het.

    Die voorbeeld van Jona is ‘n goeie voorbeeld wat vir ons aangeteken is. Al wat ek dink Jona binne die 40dae kon doen was om te verkondig dat God se oordeel binne 40 dae gaan volg. Wat veral opmerklik is in die geval van die Nineve was hulle reaksie… Hou ingedagte dat dit ‘n heidense stad was…

    (Jon 3:9) Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?

    In aansluiting hierby is die volgende Skrifgedeelte dalk behulpsaam..

    (Openb 14:7) En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

    Uit die vraag wat die ouens van Nineve uitgeroep het.. “wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê ….?” kan ons aflei dat hulle geensins God se genade te wagte was nie. Dit is nogal ‘n teenstelling met die hooghartigheid wat veral onder christen te bespreur is. ..”gelukkig is ons as christene OK….” of “ek is mos gedoop en lid van ‘n gemeente., dit maak van my ‘n uitverkorene..?” Dit klink amper soos “ek is mos besny en uit die geslag van Abraham, dit maak my mos ‘n uitverkorene…?” Die hooghartigheid wat grens aan dit wat onder die Skrifgeleerdes in die tyd van Jesus aangeteken staan is vandag veral onder “christene” waarneembaar….!

    Mag God ons tog genadig wees…!

    Kyk gerus of jy die radiostasie in die aande tussen 18hoo en 01h00 op AM 1197khz kan opvang. Die program OPEN FORUM wat tussen 19h30 en 21h00 uitgesaai word(en weer om 23h30 tot 01h00 herhaal word) is veral insiggewend..! Hierdie boodskap word tans Wereldwyd uitgesaai en kan deur selfs diegene wat in plakkerhuisies woon gehoor word. Ons kry heelwat briewe uit afrika.

    Die belangrikste ding waarmee enige gelowige hom mee besig behoort te hou is om die Evangelie

    johannes coetzee
    Family Radio luisteraar (Suid Afrika)

  12. cobus Says:

    My kar radio is bietjie screwd up, so ek twyfel of ek gaan opvang, boonop is daai mos ‘n kortgolf frekwensie? Maak dit dalk bietjie moeilik, weet nie. Wat van julle stream die stasie?

    Ek sien jy hou van Bybelversies rondgooi, beide ek en Ronald het nou al gevra oor die woorde in die Bybel wat sê dat niemand die dag en die uur ken nie, dalk moet jy begin deur net dit te verduidelik, wat maak julle so spesiaal?

    Verduidelik dan nog iets. As dit sou blyk dat God se oordeel nie in daai tyd kom nie, dan klink dit my jy impliseer dat dit beteken dit wêreld het dus tot inkeer gekom? Dus cover julle julleself solank vir ingeval dit sou blyk nie te gebeur nie?

    En net so bey the bey, God is ong genadig, ons sien dit veral in die inkarnasie gebeure, jy mag dalk gehoor het daarvan, so 2000 jaar terug het daar ‘n ou gekom met die naam Jesus…? Ek sien jy smeek God nog om genade, die God wat ek ken is elkgeval meer genadig as wat ek kan dink, al vergeet ek om te smeek.


  13. Cobus

    die stasie word ook gestream op internet hier is die link

    http://www.familyradio.com/ …..kliek op enige van ons internet broadcast links. Internet bereik ongelukkig nie diegene wat wereldwyd in plakkerhuisies woon nie, radio wel.

    As ek Bybelversies “rondgooi” is dit omdat ek dit as die enigste Bron van God se gesag sien en my in totaliteit daarop verlaat. Daar is niks wat ons so spesiaals maak nie, ons verdien ook die ewige dood en dus geheel en al op God se genade aangewese. Maar ons leef egter in die “tyd van die einde” waartydens “kennis sou vermeerder” en dus in die volheid van tyd wat deur God vasgestel is. Inligting wat Hy in die Skrif vir bykans 2000 jaar verborge gehou het is Hy deur Sy Gees besig om vir diegene wat in die “vrees” van God leef beter verstaanbaar te maak.

    Die dag en uur sou nie bekend wees nie, maar die Bybel is tog ook baie duidelik dat kennis aangaande die tyd van die einde sal vermeerder, en dat die ware gelowiges wat “wag” (met ander woorde die Bybel lees en toelaat dat God hulle leer..) nie soos ‘n dief in die nag oorval sal word nie.

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    (Dan 12:9) En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

    (Dan 12:10) Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

    (1Th 5:4) Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.

    As jy nog ander teksverse soek sal ek dit met graagte voorsien.

    Jammer ek maak geensins voorsiening vir ‘n agterdeur nie… as die tyd 21 Mei tot 21 Oktober 2011 aanbreek sal die wereld weet wie die Lewende God is. Al wat ek julle vra is om julle neuse in die Bybel te hou soos nog nooit te vore nie… Paulus was ‘n geleerde en ‘n yweraar vir God by uitstek en was ook mislei… totdat God Hom op die pad na Damaskus gered het.

    So bey the Way… daardie “ou” wat gekom het met die naam Jesus is die Ewige Almagtige Skepper God… en die keer gaan hy nie met ‘n donkie kom nie. Dan sal die wereld sien wat genade en wat ongenade werklik is. Ek is jammer om dit te moet noem… die “vrees” (nie bang wees nie… meer as dit) het veral onder diegene wat hulself christene noem verdwyn. As iemand homself ‘n christen noem behoort hy te besef dat God (die Vader, die Seun en die Gees) met ontsag gevrees behoort te word. As die christen van mening is dat hy nie hoef te smeek, pleit, en om God se genade hoef te smeek nie (teenstrydig met al die voorbeelde wat in die Skrif geskrywe staan) laat hom so voortgaan. Godvresende manne soos Dawid, Daniel en die anner “Dudes” het op hul aangesig geval voor God. Ek verkies om hulle voorbeeld te volg…!

    21 Mei tot 21 Oktober 2011 is naby genoeg…! Een ding weet ek die kaf word tans wereldwyd van die koring geskei deur die Woord van God wat elke volk en taal en nasie via die veral die radiouitsendings van Family Radio bereik. Wat ‘n heugelike dag is nie dat die een boodskap tans die hele wereld bereik (veral diegene wat in armoedige omstandighede in plakkerhuisies woonagtig is). Paulus sou sy voortande gegee het om hierdie dag te kon beleef…

    Mag God ons afrikanaans sprekende “volk” tog maar net genadig wees.


  14. JC, as jy die “wolk” wil sien waarna jy verwys, kyk Heb. 12 v 1, in die ou vertaling. Kyk ook na die vergelykenis van die saair en jy sal die “aarde” sien, waarna jy verwys, want die saaier het daarop “saad “(die woord) gesaai.
    Rom. 8 wys ons dat die vleeslike mense bedink vleeslike dinge en die geestelike mense bedink geestelike dinge. Ek dink jy moet die vers oor die “gees van dwaling” weer in oenskou naam en jouself in die spieël kyk, want gedurende die sestigs ens. tot nou, het die mense ook met dieselfde argumente gekom omdat hulle nie Lyk. 21 v 32 in ag geneem het. Die waarheid kan ‘n mens nogal skud (aardbewings) en ‘n stryd (oorlog) in mens se binniste meebring omdat dit, teen dit gaan, wat mens van klein tyd af geleer is.
    Mag God dat hierdie boodskap jou wêreld bereik.


  15. hans

    My bede is dat die radio uitsendings van Family Radio jou in jou wêreld in jou kar of jou huis bereik, jy kan natuurlik in die aande tussen 18h00 en 01h00 op AM 1197khz in “tune” mits jy in afrika woon.. die sein dalk nie so suiwer soos die FM sein nie maar die “boodskap” is suiwer. Wanneer jy op die radiostasie probeer in “tune” sorg net dat jy nie naby ‘n rekenaar of ‘n neonlig is nie.

    Gelukking is daar baie min rekenaars en neonligte in die plakkerwoonbuurte van afrika. My ervaring is dat ‘n krakerige wisselende AM sein benede hul waardigheid is om na te luister. Maar hulle weier egter om na die “boodskap” op die internet by http://www.familyradio.com te luister… miskien is daar in hul (gedagte)wereld ander steurnisse wat geensins met radioseine verband hou nie.

    Mag God jou ryklik seen.

    johannes coetzee


  16. Oeps die “hulle” na wie ek in my laaste paragraaf verwys is nie ‘n verwysing na diegene in die “derde wereld” nie maar verwys na diegene in die eerste wereldlande wat toegang tot al die moderne kommunikasie middele het soos internet, dstv, sateliet tv ens, ens.

    Daars is ‘n sin missing…?

    groete


  17. JC, God het my wêreld bereik, want die “Waarheid”, “Liefde”, “Woord”, “Lig” (verstaanbaarheid) ens. het my wêreld oorgeneem. Ek is ‘n lid aan liggaam van Christus, soos in 1 Kor. 12 v 27 en Kol. 1 v 24 ons meedeel. Ek is weggeraap uit my vorige lewenswandel en het nou deel geword van hemelse wandel, soos Saulus, wat toe Paulus geword het en toe is sy wandel in die hemel.
    Dankie, God seën my reeds ryklik met hemelseskatte.
    Groete


  18. Hansie slim…
    Berg wil klim…

  19. Tiaan Says:

    Dis so nice dat ons mekaar die heeltyd seën aan die einde van die comments! 😉
    Ouens, ouens, ouens – daai derde wêreldlande kan die heeldag lank met hulle neuse in ‘n geskeurde, stofdeurtrapte Gideonsbybeltjie sit, maar as die wederkoms NIE in 2012 aanbreek nie, gaan hulle nog steeds nie kos en klere hê nie. JC, jy al ooit daaraan gedink? Wat doen julle radiostasie om HULLE nood te verlig? Gaan jy hulle ook “WAARSKU”?
    Ek hoop jy gee hulle darem ‘n sak meel saam met daardie “waarskuwing”.
    Jy is belaglik, my maat.


  20. Tiaan die boodskap gaan tans wereldwyd uit…!

    Wat help dit dat iemand die wereldse brood om hom vir die volle duur van sy leeftyd te voed maar hy ontbreek die “Brood van Lewe” Lees gerus die verhaal van die rykman en Lasarus. Terwyl Lasarus op aarde gelyk het of hy die een in nood was, was dit eintlik hy wat alles gehad het …. die ewige lewe. En was dit die rykman die eintlike een wat “arm” was…!

    Lees gerus

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html

  21. Cobus Says:

    Johannes

    Jy het nou al meer as een keer direkte vrae ignoreer (myne oor email en Ronald s’n op die blog). Verder hou jy aan en aan om die blog te gebruik om ‘n boodskap van verdoemenis te versprei in ‘n wêreld wat ‘n boodskap van hoop nodig het.

    Nog een comment met ‘n link op, en jy word gespam.
    Nog een comment wat niks met die onderwerp van die post te doen het nie, en jy word ook gespam.
    Ons almal weet nou van jou belange, en weet waar om jou website te kry. As ons ENIGSINS belangstel, of vrees dat die Here ons hel toe gaan stuur, dan kan ons dit vir onsself gaan lees. Intussen, soos Tiaan sê, kry vir jou ‘n paar sakke meel en kry dit uit by die mense wat swaarkry, dit blyk vir my baie nader aan die manier van Jesus te wees.

  22. Tiaan Says:

    😉
    Die vas wat Jesus soek is om die armes en weeskinders en weduwees te help…
    Die laaste ding wat Jesus sy dissipels leer in die Matteus-evangelie is om om te gee vir jou naaste – “vir sover julle dit aan een van die geringstes gedoen het, het julle dit ook aan My gedoen”…
    Om terug te kom na die oorspronklike post van wat ons geleer het op fakulteit en eksegese: hierdie is OOK iets wat ek op/tydens fakulteit geleer het (dankie Mangweni-uitreik van Universiteitsoord en die modules oor prediking in ‘n konteks van armoede!).
    Een keer toe ek klein was het iemand my gevra wat sal ek vir ‘n bedelaar gee wat nie vir Jesus ken nie. My antwoord was, mooi vroom vir ‘n 8-jarige, dat ek vir hom ‘n Bybel sal gee. Ek is terug gekonfronteer met die vraag of die Bybel sy (liggaamlike) honger sal stilmaak. Okay, dalk sou dit as hy die papier ge-eet het 😉
    Ag dis sommer net ‘n kantaantekening, julle hoef my glad nie ernstig op te neem as julle nie wil nie…

  23. flippiefanus Says:

    As ‘n leek op die gebied, 🙂 dink ek dat eksegese seker van die belangrikste aspekte is wat mens kan leer. Dis egter nie ‘n verskoning vir die oningeligtes van ons om nie Bybel te lees nie. Nogtans kan mens soos Johannes die boodskap verkeerd verstaan, maar selfs al weet mens hoe om eksegese te doen kan mens seker nogsteeds die Bybels verkeerd verstaan.

    Terloops, Johannes is ‘n gereelde besoeker op die Afrikaanse blogosfeer. Behalwe vir sy obsessie met die 2011 storie, is hy eintlik skadeloos. 😉 Daar is egter baie mense wat soorgelyke skeefgetrekde obsessies het wat myns insiens baie skade aanrig. Een daarvan is die Skeppingsleer waaroor daar so baie gestry word in Amerika. Ek het juis onlangs daaroor ‘n inskrywing gemaak. Normaalweg bly ek weg van Bybelversies, deels omdat ek nie altyd seker is my eksegese is heeltemal korrek nie. In my onlangse inskrywings het ek nogal baie Bybelversies aangehaal juis oor die groep wat ek adresseer (soos die Johannes Coetzee’s van die wereld) altyd so baie Bybelversies gebruik. Nou is ek nogal nuuskierig om te weet of my eksegeses aanvaarbaar is. 😕


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: