Iets wat party sal warm onder die kraag maak

Adam Cleaveland Walker is ‘n teologiese studente by Princton Theological Seminary gewees (ek dink amper hy is pas weg daar na ‘n eerste beroep). Ek, en honderde ander mense, volg sy blog al ‘n rukkie lank. Buiten vir sy teologiese studies doen hy ook bietjie graphic en web design.

Eergister het hy geskryf oor BGLASS (Bisexual, Gay, Lesbian and Straight Supporters), waarvoor hy die design gedoen het. Natuurlik kontroversieël, soos die comments op sy blog ook wys, maar tog iets wat my laat dink het.

Ons het in die jare wat ek op kampus was nie net die warm argumente in die NG Kerk oor die gays beleef nie, maar ook die begin van die TUKS Gay and Lesbian Society, of wat ookal hulle was. Alhoewel die argumente in die fakulteit warm was, het die Gay and Lesbian events basies by ons verby gegaan sonder dat dit enigsins ‘n invloed gehad het. Die wat daarteen was het nie werklik scenes opgeskop daaroor nie (nie binne die teologie konteks elkgeval nie), maar dalk was dit hoofsaaklik omdat niemand sterk daarvoor was nie. Niemand wat sterk vir die gays argumenteer het het ooit ‘n draai gaan maak by hulle nie, niemand het hulle werk probeer vuur aanblaas of enigiets nie. Dis nou maar net ‘n observasie, maar was ons maar ook steeds besig om te argumenteer oor mense wat ons nog n ie ontmoet het nie? Of die wat wel kontak met gays of lesbians gehad het, was dit maar net persongeluk omdat jy ‘n sussie, boetie, vriend of vriendin gehad het?

My kontak was perongeluk, een van my beste vriende wat ek gemaak het, het ek later uitgevind is gay. Hy het my in 2004 saamgesleep die aand toe die gay kerk daar naby ons gereageer het op die NG Kerk se verskoning oor wat hulle aan gays gedoen het, toe hulle reageer het met ‘n “ons vergewe julle”. Krap ek nou waar ek nie moet krap nie?

Elkgeval, ek wonder maar net of ons nog iets het om te leer oor hoe ons betrokke raak by ‘n ding waarvoor ons sterk voel, of was TUKS se Gay and Lesbian Society net nie gewild genoeg nie? Of het die steeds taamlik konserwatiewe houding van die TUKS Afrikaanse gemeenskap gemaak dat selfs die wat hulle sou wou ondersteun niks gedoen het nie? Want soos dit vir my gelyk het was hulle nie baie gewild nie…

Advertisements
Explore posts in the same categories: Etiek, Fakulteit, Teologie

Sleutelwoordw: , ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

6 Kommentaar op “Iets wat party sal warm onder die kraag maak”


  1. Vergewe gays vir wat? LOL. Ek kan nie onthou dat die kerk hierdie vergewing gemaak het nie, en ek lees wyd.
    Ek sou eerder se die kerk moet omverskoning vra die manier waarop mense verwerp het.


  2. Vergewe gays vir wat? LOL. Ek kan nie onthou dat die kerk hierdie vergewing gemaak het nie, en ek lees wyd.
    Ek sou eerder se die kerk moet omverskoning vra die manier waarop hy verwerp het.

  3. Cobus Says:

    mmm? Ek dink ek was duidelik dat die NG Kerk jammer gesê het, en die gay kerk gesê het ‘ons vergewe julle’. Die gays het vergewe, is nie vergewe nie. Die NG Kerk het gesê jammer oor hulle ander verwerp het.


  4. Haha!
    Cobus,
    Adam has just emailed me to check what this post said. His afrikaans ain’t so great. We studied (and played frisbee) together at Columbia Seminary last year. I’ll tell him that all’s fine here and you aren’t ‘dissing’ him in a foreign language. 😉

    Keep up the conversation. I’ll have to pop by Tuks when i’m next up in Gauteng – I’ll come say hey to the profs and see if there are any students left that i know.

    Peace,
    Gareth

  5. Cobus Says:

    Let me know if your in Gauteng, and let’s meet up!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: