‘n Rooi Z4 en ‘n renaissance-kasteel

Ek het ‘n liking in Johan Rossouw gevang toe ek hom die eerste keer hoor praat het by die lentekonferensie laas jaar. Wat hy alles gesê het kan ek nie onthou nie, ek onthou net ‘n ervaring van “na hierdie ou moet mens maar luister”. Eers het ‘n dosent met wie ek nogals baie te doen het my vertel van sy boek ‘n Rooi Z4 en ‘n renaissance-kasteel, en toe word dit skielik uit die bloute vir my voorgeskryf (vir almal in die M.Div klas, ek is reg, dit was uit die bloute uit nê? of het ek iets gemis?).

Ek kom agter daar is gemengde gevoelens oor die boek, maar persoonlik dink ek Rossouw vat iets op briljante wyse raak. Ek sien toe nou net terwyl ek op soek is na iets anders ‘n post wat ek so klompie maade terug geskryf het (ek dink dit mag dalk een van my brighter moments gewees het, maar is oop daarvoor dat ek verkeerd kan wees), wat my weer herinner aan Rossouw, en dat ek nog iets wou skryf daaroor. Of my link met die twee geregverdig is, kan ander maar vir my vertel.

In kort, soos ek verstaan, kom dit daarop neer dat Rossouw skryf oor ‘n groep Pretoria Afrikaners (obviously beteken dit nie alle Afrikaners is so nie, maar ek dink hy erken dit self in sy boek), die nuwe generasie Yuppies. Die Young Upcoming Professionals wat met ‘n sekere tipe charismatics opgelink het (ek verwys spesifiek na ‘n “sekere tipe”, want daar is charismatics wat nie noodwendig so is nie… O, en baie van die charismatics waarmee ek dink hulle opgelink het sit in ons eie NG Kerkie), om wat hy noem die “gnossies” te veroorsaak.

Nou, as jy nie bekend is met gnostisisme nie, lees gerus wikipedia se definisie. Ek het hom nog nie gelees nie, maar wat ek onthou uit my jare van swottings is dat daar ‘n baie sterk dualisme is, wat sê dat hierdie wêreld sleg is, en eintlik nie saakmaak nie. Wat belangrik is, is die “geestelike wêreld”. Wat ek hoor is dat hierdie gnossies van Rossouw hulle godsdiens in ‘n geestelike wêreld vind wat niks regtig te doen het met ons dag tot dag bestaan nie, hulle godsdiens lewer dus geen kritiek op hulle materialisme nie, en noodsaak hulle ook nie om betrokke te raak by samelewings issues nie. Nie dat dit sleg is as mense worry oor die armes ens nie, maar dit help as dit ander mense is, en as dit nie regtig aan ons vat nie.

Wel, ons is almal dalk gedeeltelik vasgevang in hierdie wêreld wat Rossouw beskryf. Hy’t my gewete aangespreek. Hy’t my nogals teruggedwing na die bergpredikasie toe (Matteus 5-7), my laat dink aan Bonhoeffer se radikale interpretasie daarvan in Cost of Discipleship.

Ek vrees Rossouw mag dalk reg wees. Of jy met hom saamstem of nie, ek dink nie dit is leeswerk wat geïgnoreer kan word nie…

Advertisements
Explore posts in the same categories: Boeke, Etiek, Godsdiens, NG Kerk, Politiek, Suid Afrika

Sleutelwoordw: ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

7 Kommentaar op “‘n Rooi Z4 en ‘n renaissance-kasteel”


  1. […] uit, op die ander in hierdie wêreld in (het onlangs op ’n ander manier daaroor geskryf hier). Laat my nogals dink aan ‘n beeld van die kruis wat ek iewers op afgekom het, en toe hierdie […]


  2. […] him out of this world, but to be wholly part of this world (see some more thoughts in Afrikaans here). In Genesis, it is the creator God who now become further part of the creation-gone-bad by calling […]


  3. Sommige blogs herrinner my aan ‘n Z4 sonner wiele… en wat staan op blogge binne in ‘n renaissance-kasteel wat nie ‘n motorhuis het nie…?

  4. tiaan Says:

    Daai hoofstuk van die blou rokke het ons nogal aan die chuckle gehad. Wat vir my interessant was, was die hele ding dat hy presies dieselfde ding doen: hy plaas mense in boksies. Hy vat net ‘n sekere demografie en exploit dit dan vreeslik en vergeet heeltemal daar is ander ook. Ons doen almal dieselfde: “Daai tappit Danville/Secunda/Witbank mense, die Snobs van Wôterklôôf, die Kômminade…” ons is almal lekker skuldig. Ek dink die boksie-ding is ook die rede hoekom hy van die vierkantige Sunnypark hou en nie van die onkonvensionele Menlyn Park nie – hy kan nie Menlyn in ‘n boksie vas vat nie…


  5. […] 100 NG Gemeentes, en nog talle van elke kleur en geur om die spektrum te voltooi, ‘n stad wat Johan Rossouw mooi beskryf het, waar ons gospel liedjies in Menlyn speel… ‘n stad met 150 miljoen […]


  6. […] vang in De Villa Boa, dan kry jy op links die katedraal van die gnossies. Die hoofkwartier, soos Johan Rossouw dit beskryf. NG Moreleta. Ek onthou vroeër jare, toe NG Moreletta nog ‘n senior pastor gehad […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: