proefpreek en die system

My proefpreek was hierdie Sondag. Bad ervaring, om dit ligtelik te stel. Ek sukkel nog om die sin daar agter in te sien. Dalk wil iemand verduidelik. Ek stress myself dood, en al weet ek ek moenie, doen ek nogsteeds. Dan deliver ek een preek, en ek kry kritiek daarop. En nou? Dalk maak ek iets daarmee, maar dit help nie regtig in ‘n groeiproses nie.

My gesprek was goed gewees, ek moet dit darem erken. Die kritiek was nie sinneloos nie, die gesprek was goed, verskillende opinies is gehoor ens ens. Ek het opnuut respek gekry vir die verskillende rolspelers wat daaraan deelgeneem het, en besef ek het nog baie om te leer. Maar of ek regtig vanoggend iets geleer het twyfel ek sterk.

In ons moderne samelewing, hoekom kan ons nie net 10 preke deur die jaar instuur om gekrit te word en deurlopend kritiek kry soos wat die goed inkom nie? Dan kan mens mos sien of daar ontwikkeling is, kan die student leer uit sy/haar foute, en kan sinvolle gesprek gelewer word op ‘n stadium. Of, soos een van ons ouderlinge opmerk, hoekom kan die kerkraad nie net die vorms invul nie? Hoekom kan ons nie ‘n sisteem in plek kry waar gemeentelede die student deurlopend moet krit op vorms of iets nie. Hierdie vorms kan dan deur die mentor of ‘n dosent of iemand deurgewerk word, en gesprek kan deurlopend met die student gevoer word.

OK goed, ek weet dit is meer werk, maar ek dink dis dalk nie slegte idees nie…

Advertisements
Explore posts in the same categories: Fakulteit, NG Kerk, Opleiding

Sleutelwoordw:

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

5 Kommentaar op “proefpreek en die system”

  1. Tiaan Says:

    No offence, maar is dit regtig die probleem? Hoe klink dit vir my hier is iets anders onderliggend…?
    Jy sê dit was ‘n bad ervaring “om dit ligtelik te stel”. Wat was alles bad? Die diens vir jou, die sisteem, die comments?

    Ek het myne baie anders beleef. Nerve-wrecking, ja, maar tog goed en leersaam. Opbouend, actually.

    Dalk was jy, nes Anton Pietr Gouws “Net ‘n bietjie…so ‘n bietjie…ongelukkig.” 😉
    Sien jou by die Retreat

    RETREAT! RETREAT!

  2. Cobus Says:

    Of dalk is jy soos Jona van Louis Brittz… “maar jy verstaan nog nie”:-)

    Comments was great, hulle het my nie eens vreeslik gekap nie, eintlik vir my vertel dit was goed, of so dink ek, wat sou jy sê Ronald?

    Preek is altyd ‘n moeilike ervaring, monoloë laat my half koud, alhoewel daar mooi dinge in preke gebeur, en ek seker nog lank daarmee sal aanhou.

    Dis sisteem… nou dis vir jou ‘n ander storie.

    Net ‘n vraag. Watter enkele klas het jou lewe totaal verander? In watter lesing het iemand vir jou die een opmerking gemaak wat alles verander het? Het jou klaspreke regtig so groot verskil gemaak? Vir my niks van hierdie nie, maar dit alles saam, dit het die wêreld se verskil gemaak!

    So hoekom dink ons regtig soveel gaan verander oor een proefpreek? Al was die kommentaar goed, ook waar dit krities is, gaan ek oor twee Sondae maar weer aan soos gewoonlik, want daar is geen ruimte vir ‘n groeiproses in die proefpreek-sisteem nie. Al wat ek dalk geleer het is om onder bietjie meer stressvolle omstandighede te kan preek.

    So onderliggend is ek bietjie negatief en dink ek dit kan baie beter gedoen word. Maar natuurlik is dit my persepsie en is ek oop vir opinies bla bla bla bla bla…

  3. Ronald Says:

    Nee wat, die kommentaar op jou preek was goed.

    My eie ervaring sal ek ook as “opbouend” beskryf. Ek dink die groot probleem bly maar dat dit net een keer gebeur. Dalk moet mens maar meer in die klas preek? Of dalk moet jou mentor (saam met ‘n groep mense uit die gemeente, dalk ander predikante ook as jy gelukkig is), ELKE LIEWE KEER hierdie gesprek na die tyd met jou he. Dan sal mens nogal heelwat meer kan leer.

    Mens moet onthou dat nie almal so gelukkig is om gereeld te preek nie, baie van die ouens in my klas se proefpreek was maar die tweede of derde keer dat hulle preek. Mens is eintlik baie gelukkig as mens ‘n jeugwerker is en die geleentheid het om gereeld te preek – dan behoort die proefpreek net nog een te wees. Dit mag dalk juis die groot probleem wees – blootstelling.

  4. Nicole Says:

    Cobus,
    Dis jammer jou proefpreek was nie so great ervaring vir jou gewees nie. Myne het ek positief beleef.
    Ek stem wel saam met jou dat mens jou alie af stres vir die spesifieke dag. Maande voor die tyd wonder ek wat ek gaan preek, watse teks, wat gaan ek dra, bla bla bla.

    Maar in daardie maande het ek ander preke ook gehad, maar ek het net oor die proefpreek erg gestres. En ek wonder dan, hoe eg kan jy iemand krit wat sommer simpel is van die senuwees. Hulle moes eintlik sneaky sneaky net op pitch een Sondag as mens preek, soos jy dit vir die volgende 30 of wat jaar gaan doen. Want einlik moet al jou preke so baie aandag en moeite en beplanning geniet. Wat natuurlik nie altyd die geval is nie.
    Maar ek kla nie. Die spanning was net vir my onnodig.
    Ek stem saam met Ronald, jou mentor moet eintlik altyd so gesprek met jou hê na enige preek.

  5. Tiaan Says:

    Ek stem saam met Nicole. Sneaky sneaky sal ‘n mens ‘n baie meer egte beeld kry van hoe ‘n ou regtig sy proefpreek hanteer.
    Dis ‘n mooi ideaal dat jou mentor so saam met jou chat na elke preek…maar vir my is dit ‘n mooi ideaal. Hulle sê nie wat hulle regtig dink nie. Gelukkig het iemand al ‘n brief vir die kerkraad gestuur na een van myne so ons MOES al oor die ander praat! haha.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: