Leuens wat ek op fakulteit afgestudeer het

Cobus het al geblog oor wat ons op fakulteit geleer het.  Ek dink dis dalk ‘n goeie idee as ek ‘n bietjie skryf oor die dinge wat ek afgeleer het.  So, hier is ‘n lysie van die “liegstories” wat ek voor of tydens my jare op fakulteit geglo het, maar nou anders oor voel.  Dis nie noodwendig in volgorde van belangrikheid nie, maar net soos die gedagtes by my opgekom het.  Party van die goed is maar eenvoudig, party was hard om te leer! 

1. Predikante het min of meer dieselfde werk as sielkundiges.

2. Om die beste te wees, beteken om die meeste te weet en die hoogste aansien te geniet.

3. Die NG Kerk is die enigste ware kerk.

4. Jou ouers is altyd reg.

5. Jou ouers is altyd verkeerd.  (Nrs 4 & 5 was op twee verskillende stadiums)

6. Mens moet Grieks en Hebreeus kan lees om regtig ‘n goeie dominee te wees.

7. Die Bybel is altyd reg.

8. Seks is verkeerd.

9. God is ‘n wit man.

10. Dominees is ook maar net mense.  (Hulle is nie.  Meeste van hulle is freaks :o) )

11.  Grootdoop (en om twee keer gedoop te word) is van die duiwel af.

Ek kan seker aan nog ‘n paar dink, indien wel sal ek op hierdie post comment.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Fakulteit, Godsdiens, NG Kerk, Teologie

Sleutelwoordw: , , ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

3 Kommentaar op “Leuens wat ek op fakulteit afgestudeer het”

  1. Cobus Says:

    Dalk is dit ge-impliseer in nommer 3, maar ek wil tog byvoeg:
    Die Roomse ouens glo nie regtig nie

    En by nommer 9 sal ek spesifiek moet sê:
    Jesus was ‘n wit man

    En dan nog enetjie van my eie:
    Grieks en Hebreeus is die moeilikste vakke op Universiteit
    Dominees wil mens mos altyd so laat glo. Dit was nie maklik nie, maar regtig, om te maak asof dit die moeilikste goed onder die son is is bietjie oordryf ek dink. OK, ek weet, standaarde val mos maar altyd as jy eers klaar geswot het…

  2. maeree Says:

    lol
    good one
    ek hou veral van nr 1 … as iemand ‘n sielkundige wou wees, kon hulle sielkunde gaan swot het en baaaaie geld gemaak het.

  3. tiaan Says:

    Man, julle weet mos Jesus was wit! En Europees! Het julle nog nooit ‘n katedraal se vensters gesien nie??? Boonop so ‘n helder ligkransie rondom Sy kop. G’n wonder die mense het Hom van ver af herken as Hy by ‘n dorp ingestap het nie! Lol! (hierdie grens nie aan heiligskennis nie, doen dit?)


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: