PKD (post-kamp-depressie)

Ek het eintlik al vergeet van hierdie siekte, het dit so lanklaas beleef. As Tiaan my nie gisteraand aan die naam herinner het nie, sou ek dit nie eers onthou het nie. My eerste herinnering aan ‘n aanval van PKD was in graad 5. Ek was by ‘n ACSV naweek kamp, en toe ek Sondag middag teruggekom het, sou ek niks anders doen as net in my bed lê en die mense mis nie. In die jare daarna het ek dit oor en oor beleef.

Skoolverwisselingskampe van 2000 (graad 10) af was die mees ekstreme ervaringe hiervan. Die band wat daar met jou span, maar veral met die personeelgroep ontstaan het was vermoedelik verantwoordelik vir hierdie ervaringe. Dit sal partymaal vir ‘n paar dae aanhou. In hierdie tyd is al wat jy wil doen om die mense saam met wie jy gekamp het te mis, mens raak sommer lusteloos, en die res van die wêreld en die mense rondom jou lyk als so vaal.

Na ‘n ruk het dit opgehou. Deel daarvan vermoed ek was omdat die mense saam met wie ek gekamp het vriende geraak het, en dus het dinge nie meer gestop die dag wat die kamp stop nie. ‘n Ander rede is sekerlik omdat ek begin gewoond raak het aan die ervaring, en vrede gemaak het met afskeid neem op die laaste dag. Op ‘n manier was dit ‘n kombinasie van om kamp-mense los te maak van die res van my lewe, en om sekeres deel te maak van die res van my lewe. So het ek oor jare baie vriende gekry wat ek oorspronklik op kampe ontmoet het.

Wat die nuutste ervaring van PKD tot gevolg gehad het weet ek nie. Dalk was dit omdat ek op ‘n ander manier skielik deel geword het van die groep hierdie jaar, as kampleier, omdat ek verantwoordelik gevoel het vir die mense. Dalk het ek die kamp net meer intens beleef omdat hierdie jaar se kamp vir my persoonlik so belangrik was. Dalk was dit net ‘n ongelooflike groep personeel saam met wie ek gekamp het!

Toe ek gister wegry op Bad Se Loop het ek nie besef wat gaan gebeur nie. Ek het soos altyf afskeid geneem, sonder om te veel te worry. Nie te hartseer gewees nie, geweet dat meeste van die mense gaan ek nooit weer sien nie, gehoop dat hier en daar sal ek van hulle weer sien. Ek het kerk toe gery, daar gehelp met die afpakkery, haastig om weg te kom, aangesien ek en Nadine bietjie tyd vir kuier gehad het voor sy moes waai Ermelo toe, en ons nie regtig tyd gehad het vir kuier op die kamp nie.

Na ons middagete gekry het, en sy teen so 4uur moes waai, was ek skielik vir die eerste keer alleen. Nou moet ek byvoeg dat dit vir die eerste keer in ongeveer 3 weke was. Ek het 3 kampe in ‘n ry gehad. Die eerste vir 4 dae, toe was ek vir onder 24uur by die huis waarin ek heeltyd rondgehardloop het om goed vir die volgende twee weke reg te kry, en 30 vraestelle moes merk. Daarna was ek vir 2 weke op Bad Se Loop vir kamp. En toe skielik is ek alleen…

Ek het vreemd begin voel, was lus vir niks, het die verklaring daarvoor op allerhande plekke begin soek. Ek was nie lus vir enigiemand nie, nie eers regtig vir Maryke nie, ek het net aan kamp mense gedink heeltyd. Ek het begin huis toe ry, maar toe ek by die N1 afrit kom net reguit aangehou, met die musiek kliphard (I will do anything van Queen) en die venster oop met die koue Pretoria lug wat inwaai. By Hans Strydom het ek gedog ek sal deur Mamelodi huis toe ry, maar die verkeer was te swaar, so ek het omgedraai en by Simon Vermoten afgeklim, deur Silverton gery, en by die huis gekom.

Iewers nadat ek by die huis gekom het het ek skielik besef wat aan die gebeur is, en dat ek hierdie ervarings al voorheen gehad het, en dit net al vergeet het.

Is PKD sleg? Ek weet nie. Ek dink dit is onvermydelik. Ons word weggeneem uit ons omgewing, en het ‘n absolute wow ervaring. Die lewe kan waarskynlik nie heeltyd ‘n kamp wees nie, maar net daarom is dit nie noodwensig sleg om hierdie ekstatiese belewenisse te hê nie.

Wat maak ek met PKD? Ek dink die belangrikste is om dit raak te sien as dit jou tref, en glo die van ons wat al daardeur is, dit gaan verby. Moenie te lank gaan lê nie, gaan weer voort. Probeer om raak te sien hoekom jy actually jou ander vriende waardeer (die beste ding vir my was toe Sunette kom kuier het gisteraand). Maak klaar met die kamp, hou die kontakte wat gaan bly, maar moenie al jou energie insit in mense wat jy weet dit gaan elkgeval net doodloop na 2 weke nie. Moenie al jou energie vir die volgende 2 weke in kamp-mense insit nie punt.

Het jy dit al beleef? Hoe hanteer mens dit? Enige ander tips?

Advertisements
Explore posts in the same categories: kampe

Sleutelwoordw: , , ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

10 Kommentaar op “PKD (post-kamp-depressie)”

  1. Tiaan Says:

    Ek moet sê, ek was ‘n bietjie verras toe ek jou case van PKD sien – it was bad! Maar ek dink persoonlik nie PKD is sleg nie, eerder normaal. Ek het ook ‘n erge case daarvan beleef na laasjaar se Eerstejaarskamp (nie so erg na Kalahari nie, though). Ek wou net in my kamer op my bed lê en huil of iets. Mens voel skielik so eensaam!
    Maar op jou vraag oor wat om met PKD te maak: jy sê mens “moenie al jou energie insit in kampmense vir die volgende twee weke nie, punt”. Okay, dit sal seker help om te cold turkey, ek gee dit toe. Maar ek dik tog daar is meriete daarin om mense lief te kry en ‘n vaste konneksie aan jou hart met hulle te maak. Hoekom sê ek so? Want ‘n mens weet nooit wanneer of waar jy hulle weer gaan raakloop of met hulle te doen gaan kry nie. En dan is dit goed om te weet hierdie mense het ‘n spesiale plek in jou lewe beklee, selfs al was dit net vir ‘n kort tydjie.
    Toe Hannalie so staan en trane afvee aan die einde van die kamp het ek vir haar gesê dit is presies wat ons veronderstel is om met ons lewens te doen: kleur dit in met goeie tye en spesiale mense, want dit is waarvan goeie herinneringe gemaak word. Kyk na foto’s, kyk na die dvd, sms en bel die mense van tyd tot tyd – en natuurlik is daar Facebook!
    Punt is, dis nie nodig om mense “weg te laat raak” net omdat die kamp verby is nie. Ons mag mekaar mis en ons PKD geniet. Belangrik is om oor dit te kom, maar moet jouself nooit push nie – gee dit tyd.
    PS Ons moet bietjie by Koos gaan movie. Of Nouveau.

  2. Cobus Says:

    Ek het self baie goeie vriende wat ek op kampe ontmoet het, so ek dink nie dit is sleg om energie in hierdie verhoudings in te sit nie. Ek raak net bekommerd as jou hele lewe rondom hierdie mense begin draai in die volgende twee weke. Onthou die vriende wat jy gehad het voor die kamp, sien hulle weer raak, kuier saam met hulle.

  3. Nicole Says:

    My ergste PKD was na my Skolliekamp-Winkelspruit in 2002 en my eie eerstejaarskamp in 2003 en ek het van my beste vriende en vriendinne daar gemaak, en van ons het sáám op hierdie kampe baie nader aan mekaar gegroei.

    Ek dink die ding van kamp is dat dit so “paradys”gevoel is. Jy word uit jou natuurlike alledaagse lewe gevat en in ‘n heel ander omgewing gesit. En dis wanneer dinge net so lékker is. Want dit beteken ook minder realiteit. Dis as te ware ‘n ontsnapping uit die daaglikse lewe. Dis ook hoekom mense so maklik verlief kan raak op kampe, of wel dink hulle is verlief, want mens leer die persoon in ‘n n heel ander omgewing ken. Nou dit het sy voor en nadele, ‘n wyse oom het vir my eenkeer gesê mens moet versigtig wees vir kampliefdes.

    Anyhoo. Ek sê nie kamp is sleg nie, ineendeel.
    Maar terug in die regte wêreld moet jy werk, en het jy veel meer verantwoordelikhede. En verlang jy na sorgvrye kampe, en sit jy met PKD. 😉

  4. Ronald Says:

    Het ook al self aan PKD gely.

    Ek is nou nie ‘n wyse oom nie, maar ek sal maar herhaal wat die wyse oom gese het: pasop vir kampliefdes!

    Elk geval, ek het nog altyd gewonder, as ‘n sosiale eksperiment, waar is die afsnypunt? Ek bedoel, paradys moet tog seker erens stop? Hoe lank is te lank? Dan moet mens byvoeg: mens word partykeer moeg vir mekaar ook. Maar ek vermoed dit het te doen met die lengte van die kamp: as mens 7 dae kamp, is 6 dae net genoeg, as mens 14 dae kamp, 13. Maar wat is die langste wat mens op ‘n kamphigh kan wees, en hoe gaan PKD jou dan tref?

  5. cobus Says:

    Ek het al lus gehad om te eksperimenteer met REGTIGE lang kampe (soos in 3 weke of so). Sal PKD dan dalk minder wees om die realiteit dat hierdie mense eintlik ook maar net mense is dan op die kamp al tref? Is dit net ‘n slegte idee? Is dit moontlik as mens nie met ‘n mooi anti-wêreld teologie werk waar jy die mense dan na 3 weke elkgeval net uit die wêreld vat en in ‘n heilige kerk toesluit nie?

  6. cobus Says:

    O, en oor die kampliefdes… ek is ‘n wyse oom, ek is immers kampleier gewees:-) en ek moet byvoeg, ek het dit al gesien werk… BITTER SELDE. So ek hoop die lot wat saam ons gekamp het lees die! pasop! as dit gaan werk, dan sal dit oor 3 weke nogsteeds werk, so gee dit tyd!

  7. Nicole Says:

    Ek dink nie mens moet te lank kamp net om te kamp nie.
    As mens 3 weke lank wil kamp, moet daar n kasteel was wat jy in die drie weke gebou wil he wat kampkinders dan moet doen. As mens so lank kamp sal dit nie beter wees as almal weet hoekom hulle so lank kamp, daar n doel is, soos draad span om n sekere gebied sodat wilde diere nie daar loop, of iets. Of hulle iets leer.

    Want na drie weke begin mens sekere goed mis, soos, 7de Laan Egoli, Binnelanders…grappie, nee maar goed moet gebeur in die regte wêreld. So dit hang seker ook af met wie kamp jy drie weke, kinders het nie soveel verantwoordelikhede soos studente, en studente nie soveel soos volwassenes nie, so jy kan tien teen een langer met n sekere groep kinders kamp?

    En Cobus, dink jy nie die PKD hang af van saam wie jy gaan kamp nie. Gaan jy die Gr 5’we so baie mis soos die studente met wie jy baie meer assosieer?

    Hier skryf ek oor kamp asof ek ‘n kenner is. Ekt maar net gedink al hieroor. 😉

  8. Cobus Says:

    hang verseker af saam wie jy kamp. Ek het dit nou al oor en oor met personeel op skoolverwisselingskampe gesien, party jare neem hulle afskeid en dit is verby, met net ‘n paar gevalle van PKD, ander kere is dit soos die pes wat uitbreek.

    En nee Nicole, ek mis nie die graag 7’s so baie nie:-) ‘n Belangrike vraag is dalk hoe ekstreem kinders dit op 13 jarige ouderdom beleef? Is dit dalk eers hier van 16/17 af wat jy dit beleef?

    O, en 3 week kampe sal definitief ‘n doel moet hê. In my kop is dit ‘n moontlike manier om nuwe patrone te skep, weet nie of dit sal werk nie, maar sal dit graag wil try.

  9. tiaan Says:

    Mmmm, Ronald, ek het al gehoor mense vra: “Hoe ver is te ver?” maar nog nooit “Hoe lank is te lank?” nie… 😀 grappie…
    Interessant om te sien waar PKD sy kop die ergste uitsteek. Ek bedoel, die Kalahari kamp saam Erika het nou nie veel aan my gedoen nie, maar Obus en sy girl wat hy daar ontmoet het is getroud. My eerste Mangweni was ook cooler as my tweede een en van die 5 Eerstejaarskampe was nommer 2 en nommer 5 seker dies met die grootste impak. Mangweni het die ding gehad dat die klein groepie mense saam wie jy werk na vyf dae change, so julle raak nie so geheg aan of geirriteerd met mekaar nie. (Mens mis die charismats ook nie so baie nie!) Voor- en nadele.
    Ek stem saam, sodra daar iets is waarvoor ‘n mens werk of wat jy bou, kry die hele kamp ‘n ander persoonlikheid. ‘n Mens verwag half dat die kamp, soos ‘n goeie storie, sy motoriese moment, opbou, hoogtepunt en ontknoping binne die tyd moet hê wat ‘n mens weet jy daar gaan wees, so ek dink ons stel onsself onderbewustelik daarvolgens in.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: