generasiegapings, emerging, en ander dinge wat ek by hoërskool vriende leer

Ek het baie mense wat my mentor. Oor die laaste 2 of 3 jaar het ek besef dat van hulle jonger as ek is. Van hulle is nog op skool. Dit sluit o.a my jongste broer in, en ‘n klompie vriende. Nadine is een van hulle. Daai blog is nie tans aktief nie, maar ek gooi vir julle die link in, sign elkgeval op vir haar RSS feed, en lees wanneer sy wel skryf.

Elkgeval, ons het ‘n goeie gesprek oor kerk en dinge gehad so paar weke terug in Kung-Fu kitchen (as jy nog nie besoek het nie, net agter daai bar in Hatfield wat se naam heeltyd verander, ek dink dit is nou Springbok bar of iets, net oorkant Asterhof), en toe vanaand lank gechat. Wonder van gmail is dat hy die gesprek save, so nou kan ek teruggaan en weer lees wat ons geskryf het.

Ek love my gemeente. NG Kameeldrif, daar Noord van die berg. Is besig om ons website oor te design, gaan moontlik ‘n blog ook hê, dan is dit nog ‘n blog wat jy maar kan lees. Nuwe design word 24 Augustus gelaunch, so kom kyk gerus. Nou ja, ek love die plek. Ek werk saam met twee wonderlike kolegas (OK, dit lyk soos gatkruip, maar ek bedoel dit regtig, vra die mense wat weet wat ek skinder agteraf, ek sê dit daar ook), dis ‘n jong gemeente (gemiddelde ouderdom 34), mens kan challenging goed preek en die mense verteer dit. Maar tog ervaar ek dit nie regtig as ‘n geestelike tuiste nie. OK, hier is die confession tyd nou ek weet. En hoe kan die dominee dit skryf? Dalk is dit omdat ek daar werk, dalk ervaar alle dominees dinge maar so. Maar ek beleef my eie spiritualiteit baie keer maar buite die kerk.

Iewers het ek net so nagging gevoel aan my dat daar iets meer moet wees. Dat die kerk meer moet wees as wat dit huidiglik is. Dat Jesus nie bedoel het dit wat ek in die kerk beleef nie. Ja, noem dit emerging as jy wil, noem dit deel van hierdie postmoderne generasie. Realiteit is dat ek nog nie by enige iemand kon hoor hoe ek my gemeente moet neem van waar ons nou is, na dit wat ek droom nie. Dalk omdat ek nog aan my eie droom vorm.

Maar goed, saam met Nadine het ek op die volgende gedagtes afgekom. Niks rewolusionêr nie, daar is baie ander wat hierdie dinge sê. Ek ervaar ‘n definitiewe soeke na spiritualiteit, spiritualiteit het ek in die gesprek gedefinieër as “‘n gevoel van dat daar ‘n “meer” is aan die lewe, en dat ek kan oplink met daardie “meer”, wat ons God noem“. Dalk is gevoel nie die regte woord nie, maar jy kry die prentjie. Ek dink ook daar is onder baie mense ‘n soeke na teologie: “die verwoording van hierdie “meer”, woorde oor God“. Baie jong mense soek werklik na nuwe maniere om oor God te praat, en in baie gevalle net na maniere om oor God te praat, want teologie is vir te lank die taak van die dominee gemaak, so hulle het niks nie.

Maar terselftertyd is die kerk in ‘n krisis. Ons wil die nie altyd erken nie, en ons laat dit altyd sagter klink, maar dit is waar. Mense bat die kerk vir ‘n 6 time and again. Ek het op ‘n plattelandse dorpie grootgeword. Ons was seker so 60 Afrikaanse leerlinge per graad in die enigste skool. Ons was onder 30 in die belydenisklas. 30 Jaar terug was blykbaar 99% Afrikaners lidmate van Afrikaanse kerke. Vandag op die platteland kom minder as die helfte na die geleentheid waar ons nog van die beste hits kry, belydenisklas!

OK, maar die kerk gaan nie oor getalle nie. So ek dink die probleem van die kerk lê op ander terreine. Dat ons nie meer ‘n alternatief kan bied nie. Ons kan nie alternatiewe bied op individualisme en verbruikersmentaliteit nie. Selde is ons werklik besig om die vraagstukke van die land aan te spreek, VIGS armoede… en om alles te kroon wonder ek baie keer hoe suksesvol ons is om die sin-vraag te beantwoord. En in alle eerlikheid, as die religieuse instansies dit nie doen nie, dan is daar ‘n ernstige probleem!

Goed, maar ek dwaal nou af. Die kerk beleef ‘n krisis, Alan Roxburg noem dit die belewenis van liminaliteit. En hoe reageer kerke? Wel, party versterk die dualisme. Maak seker mense weet dat hulle ‘n godsdienstige lewe het, en dat die kerk daarmee sal help en geen ander plek kan nie, en ignoreer alle ander sfere. Nog meer ekstreem kies party vir fundamentalisme, wat vir jou sê dat net hierdie kerk (ja, ek weet hulle sê die Bybel, maar daarmee bedoel hulle eintlik net my interpretasie van die Bybel, en dus per implikasie net my kerk) die antwoorde het, en vertel jou dis sonde om op ander plekke in die wêreld te gaan luister. Dus, as jy net ons ken, wel, hoekom sal jy dan skuif.

Ek lees op plekke dat die kerk maar nog heeltyd geskuif het tussen ‘n institusie en ‘n beweging. En dit is fine. David Bosch skryf in Transforming Mission dat vroeë kerk, wat ‘n beweging was, moes institusionaliseer om te oorleef. Jy kan nie permanent ‘n beweging bly nie! Maar partymaal moet die kerk weer beweging word om te oorleef, mens kan nie heeltyd institusie bly nie. En ek dink dit is was nou aan die gebeur is. Onder die oppervlakte is daar ‘n stuk energie wat dreig om uit te kom, wat al ontplof het op plekke. Ek sien dit hier en daar by jongmense, meer en meer. Hulle skreeu uit dat die kerk ‘n beweging moet word. Maar bewegings is ‘n helse bedreiging vir die institusie, en daarom skop die institusie daarteen. Ja, ek weet daar is mooi tekens binne die NG Kerk van plekke waar ‘n nuwe beweging embrace wil word, maar kan ‘n institusie ooit in sy geheel ‘n beweging embrace? Kan ‘n institusie sy konstitusies laat vaar? Sy hierargieë laat vaar? Ja dit klink onmoontlik, maar die borrelende energie vra juis dit!

Hierdie borrelende energie moet natuurlik weet dat ook hierdie beweging hierdie gaan institutionaliseer, en dalk vinniger as wat mens dink. Dit is bound to happen, dit moet partymaal gebeur, want bewegings kan ook nie vir altyd survive nie. Maar eers moet die energie uitkom, en vloei.

Dit dink ek is wat in ‘n groot mate besig is om te gebeur. Ja, daarmee saam kom ‘n herdink van ons teologie en wat nog meer. Daarmee saam kom ‘n herontdekking van baie van die dinge wat in die beweging-tye van die kerk bestaan het. Maar soek ons nie juis dit nie! Is die nie waar die mooi gevind word nie? In die Reformasie, die Wesley-revivals, die vroeë kerk, die Jesus-beweging (nee, nie die 1970’s s’n nie, maar die een voor 0070 AD).

Ek moes al ‘n paar keer opgewonde hoërskool kinders hoor wat vir my vertel dat ‘n sekere idee wat hulle het om hulle geloof uit te dra of uit te leef nie aan die kerk gekoppel moet word nie. Ek sê dit gewoonlik nie vir hulle nie, maar ek dink tog dit moet, ek dink net sadly is hulle reg, en gaan dit nie werk as hulle idees gekoppel word aan die kerk wat hulle ken nie. Maar daar is baie ander maniere waarop die kerk gewerk het oor die eeue, en by van hulle kan ons gaan leer.

En as jy nie hierdie jongmense verstaan nie? Of as jy dink ons sê hierdie dinge net omdat ons die Gereformeerde leer nog nie goed genoeg verstaan nie, en omdat ons nog net iewers ‘n positiewe ervaring van die institusionele praktyk moet vind… onthou dit, ons is nie kwaad vir die kerk nie, die geskiedenis herhaal homself net telkemale, en dit het tyd geword vir die institusie om weer geboorte aan bewegings te gee…

Advertisements
Explore posts in the same categories: Godsdiens, jeug, NG Kerk, Suid Afrika, Teologie

Sleutelwoordw: ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

2 Kommentaar op “generasiegapings, emerging, en ander dinge wat ek by hoërskool vriende leer”


  1. […] is Cobus van Wyngaard, who also blogs in English at my contemplations.) A recent post by Cobus, generasiegapings, emerging, en ander dinge wat ek by hoërskool vriende leer, included this comment: Nog meer ekstreem kies party vir fundamentalisme, wat vir jou sê dat net […]

  2. Kowie Says:

    Cobus , my mening is dat daar nie ‘n kerklike lewe of Godsdienstige lewe is nie, daar is ‘n lewe. Jou elke dag en elke doen, jou smile vir die petroljoggie, jou hallo en luister na ‘n kollega, jou stiltetyd , jou praat in jou kar met Jesus – in Afrikaans of in jou geestaal, jou alles is slegs een lewe. En juis dit is ‘n bedreiging vir party institusies. Want dan is jy nie afhanklik van menslike kerk reels en regulasies en doktrines nie, nee, dan word jy gerig deur die Heilige Gees en jou verhouding met God. Dan leef jy as ‘n dissipel en dan is die mens kerk ‘n plek waar jy georganiseerd jou kennis kan verdiep, die Here as ‘n groep kan loof en prys (die belangrikste deel van enige byeenkoms) en om pogings om ander in die wereld te help te koordineer. Dit is hoekom (my mening) jy nie nodihg het om na ‘n 6/7 jaar geleerde te luister oor die wonder en heerlikheid van God nie, want die Heilige Gees leer en lei jou, maar jy het ‘n leier en vaderfiguur nodig in die menskerk. Jy is op die regte spoor Cobus – soek en jy sal rerig vind. Maar dan moet jy in totaliteit oopmaak en nie aan mens idees en dogmas vashou nie. Ek bid dat jy sal vind wat jy na smag.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: