Penny wise and pound foolish

Ek moes eens op ‘n tyd vir my tante ‘n 2l melk by Checkers gaan optel wat sy per ongeluk daar vergeet het toe sy inkopies gedoen het.  Ons het in dieselfde straat gewoon, ‘n mielieland aan die een kant van die straat, en ‘n winkel aan die ander.  Melk was goedkoop in daardie dae, petrol ook.  By die winkel het melk seker so R14 gekos.  By die Checkers – omtrent R12.  Die Checkers is so 5km van ons huis af, en die Groen Monster (‘n 1979 Nissan Laurel) waarmee ek rondgery het, het so 6km per liter gekry.  (Ongeag of daar nou ‘n karavaan, ‘n waentjie, of ‘n karavaan met ‘n waentjie ageraan gehaak was.  Ten minste was die ou kar konsekwent.)  Dus:  dit sou my net minder as R8 kos, asook so 15-20 minute, om die melk te gaan oplaai.  My tante het vooraf die bestuurder van Checkers gebel om te sorg dat die melk eenkant gehou word – seker so 50c vir die oproep gewees, dalk R1.  Doen maar self die wiskunde.

Dit is hoe baie mense ook oor sending dink.  ‘n Vliegkaartjie Afrika toe vanaf die VSA kos seker so R12000 op ‘n goeie dag.  Verblyf daar:  glad nie ‘n te slegte prys nie.  Kos:  ook baie goedkoop.

Ek wonder hoeveel melk kan mens met R12000 koop?  Ek wonder.  Doen maar self die wiskunde.

Ek wil darem ook net byvoeg – ek weet dat mens party goed nie NET in terme van geld kan meet nie.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Etiek, Godsdiens, Teologie

Sleutelwoordw: ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

One Comment op “Penny wise and pound foolish”

  1. Sonkind Says:

    Hierdie beginsel is presies hoekom vrouens na uitverkopings toe gaan, want hulle kan goed koop teen 50% afslag wat hulle andersins noooit sou gekoop het nie en beslis ook geensins nodig het nie 😆


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: