Verhoudings, pendulums en profete

Goed, dit is dalk ‘n bietjie verwaand om na jouself as ‘n profeet te verwys, maar ek wil ‘n profetiese uitspraak waag.  In die sin van die woord soos deur die algemene publiek verstaan:  dat ek na die toekoms verwys.  Voordat ek daar uitkom, moet ek egter eers ‘n bietjie na die hede kyk, en dan ‘n bietjie na die verlede.

Die hede:  In ons kultuur vandag, so merk ek op, word daar verskriklik baie klem geplaas op VERHOUDINGS.  Dit het een van daardie holruggeryde woorde geword.  ‘n Klinkende simbaal.  Self is ek ook skuldig hieraan.  In my eksegese is ek ook skuldig hieraan.  In my verstaan van Christenskap is ek skuldig hieraan.  In my verstaan van die triniteit is ek skuldig hieraan.  Dit het tot ‘n mate die sleutel geword waarmee ons nie net ons kultuur wil verstaan nie, maar ons godsdiens – en God.

Die verlede: Uit die verlede leer ons dat die geskiedenis dikwels in ‘n sirkel loop.  Dis ‘n pendulum wat swaai.  Elke keer wanneer iets oorbeklemtoon is, is daar ‘n ander aspek wat later teen dit gestel word.  Die twee word dan later met mekaar versoen.  ‘n Tese, antitese en sintese, as ons met Hegel se verstaan daarvan wil werk.  (Natuurlik beteken dit dat dit vorentoe ook beweeg – ‘n spiraal dan, eerder as ‘n sirkel.)  Die punt bly staan, die pendulum swaai…

Die toekoms:  Ek wil waag om dit te stel dat daar êrens in die toekoms nie meer soveel klem op verhoudings geplaas gaan word nie.  Alhoewel dit nou die beste model is wat ons het om heelwat goed mee te verduidelik, sal daar ‘n model hierop volg wat dit tot die agtergrond sal skuif, selfs al verdwyn verhoudings nooit uit die prentjie nie.

Dis natuurlik net my beskeie mening.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Godsdiens

2 Kommentaar op “Verhoudings, pendulums en profete”

  1. Wim Conradie Says:

    “Alhoewel dit nou die beste model is wat ons het om heelwat goed mee te verduidelik”

    Sjoe groot stelling. Elk geval ek het ‘n ander model, wat myn insiens groter prioriteit geniet. Dalk pot nonsens vir jou maar vir interessantheid here goes:

    Geluk (soos in happiness).

    Dis al. Ek dink nogal mens kan vrek baie besluite baseer op die effek wat dit gaan hê op ander se geluk. Glo dis baie moontlik om ander mense se lewens te vereik, sonder om enige verhouding met hulle te hê.

    Nog ‘n ander model is liefde – selfs vir vreemdelinge of mense wat jou nie ken nie.

    Net ‘n paar gedagtes…

  2. cobus Says:

    Geluk? O, ander se geluk? Lyk my maar soos deel van die verhouding model.
    Liefde? O, vir ander mense? Lyk my maar soos deel van die verhouding model.

    Geluk en liefde is beide konsepte wat oor duisende jare gebruik is om one etiek te vorm. Maar die blote feit dat jy dit kies as model om goed te verduidelik, dus etiese konsepte (wat alles te make het met hoe ek in verhouding met ander optree) vat, en dit as die model voorhou, verraai jou eie deurdrenk wees met verhoudings:-)

    maar moenie worry nie, jy vind jouself in goeie geselskap dus. O.a die van Ronald:-)

    Net my paar gedagtes…


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: