Hoekom net ons?

Saterdagoggend kom een van die emeritus-dominees in ons gemeente by my besoek aflê (hy het nie kom kuier nie, hy het kom besoek aflê). Hy wou ‘n klomp goed weet, oor my planne vir volgende jaar, wat sekere goed op ons afkondigingsblaadjie beteken…en wat by die fakulteit aangaan. Ek het sommer van vooraf kwaad geword. Nie dat ek enigsins mind om Proff Jurie, Julian en Dirk te verdedig nie, nee glad nie. Maar daarna het ek in die BY in Beeld gelees van hierdie accusations wat daar ALWEER teen die fakulteit is, blykbaar oor iets wat Prof Cas vir Prof Hoffie gesê het of hoe hy hom behandel het of sulke crap.

En ek het pissig gevoel. Hoekom is dit altyd NET Tukkies se fakulteit en sy dosente en NET die NG Kerk wat onder elke Jan Rap en sy maat se skoot kom? Hoekom word ons uitgesonder as die uitverkose target vir die land se godsdienstige probleme? Elkeen het ‘n vrye sê oor die NG Kerk, en glo my daar is baie mense binne die geledere (om dit nou maar so te noem) wat ‘n moerse effort insit om die beste te doen wat hulle kan.

Die vorige aand het ek saam met NG vriende gekuier wat in die week na een of ander Pastor Joshua se Heavy! Charismatiese! Pentekostalistiese! Toronto-blessing-agtige! Bybelstudie toe gaan. Hy het toe weer blykbaar iets te sê gehad oor die NG kerk en het ook kamstig iets gesê van die “hemele” of goed waarvan daar in genesis 1 gepraat word. Ek strip my moer toe sommer net daar vieslik. Mense wat nie die moeite doen om goeie eksegese te pleeg nie, kan met alle respek asseblief hulle lemoene vat en vakkaf. Jy prop nie twak in mense se koppe en noem dit dan inspirasie van die Gees nie.

En Tukkies se fakulteit, en die NG Kerk, en Professors Jurie, Julian en Dirk het my hierin gehelp. Dankie. Amen.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Fakulteit, NG Kerk, Suid Afrika, Teologie, TUKS

21 Kommentaar op “Hoekom net ons?”

  1. cobus Says:

    ek het eenkeer ‘n student se taak gemerk wat dit met “Amen” afgesluit het… maar blog posts is seker anders:-)

    Wat soek jy eerste, rasioneel of emosioneel?

    omdat die NG Kerk steeds ‘n te groot gedeelte van die land se geld verteenwoordig
    omdat die nuus steeds deur Afrikaners beheer word (of omdat ons net nuus lees wat deur Afrikaners geskryf word)
    omdat as jou stem dieselfde as die NG Kerk s’n is, dan is jy veronderstel om sterk te wees, en nou try almal om die NG Kerk se stem soos hulle s’n te laat klink…

    Maar hel ek’s nou dik daarvoor! Ek dink ek wil vir my iewers ‘n grootmaat kopieë Barth se Dogmatiek kry, en vir almal wat kom bitch en moan mooi asseblief vra om dit net eers deur te werk en dan weer te kom praat. Of dalk moet Deo Gloria ‘n PR lyn begin (wil iemand nie asseblief vir Wynand laat weet nie) waar suur dominees en ouderlinge heen kan bel en ‘n vriendelike jong dames student (of dalk juis nie, want hulle mag mos nie dominees word nie) aan die ander kant kry wat hom verseker dat sy in Jesus glo!!!!

  2. Kowie Says:

    Klink soos ‘n oog vir ‘n oog – moet se – dieselfde vernyn wat teenoor die NG Kerk bebesig word, sien / hoor ek in hierdie blog teen oor die “ander”. Sterkte met die kort humeur – maar miskien was langmoedigheid nie deel van die leerplan nie.

  3. cobus Says:

    mmm… nee skynbaar was dit (die langmoedigheid nou), want na hoeveel jaar verduidelik ons steeds keer of keer van voor af vir mense dat dit alles ‘n helse misverstand was, dat die persoon wat die goed geskryf en rondgestuur het uiteindelik deur die Universiteit geskors is op siviele gronde (o.a bedrog) ens ens ens. Partymaal probeer ons net aanbeweeg, konstruktief werk i.p.v net weer en weer verduidelik, raak nogals vies as mense dan weer die ou goed oproep…

  4. tiaan Says:

    Ek wou eers nie comment nie, maar here goes:
    Dis nie ‘vernyn’ nie, dis ‘venyn’
    Dis nie ‘langmoedigheid’ nie, dis ‘lankmoedigheid’
    Ek het nie ‘n kort humeur nie, ek is een van die niceste mense wat jy in jou lewe gaan ontmoet, dit kom net al oor ‘n tydperk van 6 jaar.
    Moenie so vinnig judge nie.

  5. KOBUS SCHOEMAN Says:

    Mens kan sien wie jou mentors was.Jy besig darem vieslike taalgebruik vir ñ “toekomstige predikant”.Die sogenaamde “teoloë”van wie jy melding maak is almal dwaalleraars.Kyk net na die opspraakwekkende dvd wat Sarel van der Merwe gemaak het van die dwaalleringe van Julian Muller ens.Asook die skorsing van arme Ferdie Muller,net omdat hy die waarheid gepraat het.Ek praat nie eers van Andries van aarde wat daardie gemorsboek “Fatherless in Galilee “geskryf het nie.Nee, my vriend ek is bevrees jy is totaal op die verkeerde pad as dit jou sienswyses reflekteer.Onthou jy kan nog tot bekering kom.Vyf minute vòòr jou dood kan Jesus jou nog vergewe,maar vyf minute nà jou dood is verewig te laat .Ek bid vir jou dat jy die regte besluite sal neem en die regte Jesus sal ontmoet(nie die Dwaalleraars van Tukkies se jesus nie)

  6. Tiaan Says:

    Eish…sjoe gelukkig het Jesus al twaalf jaar gelede my persoonlike saligmaker geword, so ek dink die vyf minute voor (of na) my dood is okay dankie.
    Daai dvd…nou ja, dis tegnies ‘n baie swak gemaakte dvd, dis ‘n interpretasie van verskillende gesprekke wat saamgeflans is en is propagandisties van aard. Het jy al enige van die dosente waaroor dit gaan persoonlik gekontak en gehoor wat hulle dink of sê? Of is jy ook een van daai mense wat maak asof hulle alles van iemand weet en dit dan vir ander mense vertel?
    Laat ek so vra: hoe sou jy gevoel het as iemand dieselfde met jou gedoen het? As mense jou woorde verdraai en jou beskinder en uitmaak vir alles wat jy nie is nie?
    Haal eers die balk uit jou eie oog voor jy die splinter in iemand anders s’n raaksien, vriend.

  7. cobus Says:

    Kobus, ek is bly om te hoor jy het Fatherless in Galilee deurgelees… of het jy?

    Ek wonder of ons vriend Sarel dalk gedink het daai stukkie in die Bybel oor as jy ‘n issue met ‘n broer het dan gaan gesels jy met hom… dan saam met ‘n ouderling… of so iets nou weer, verval het toe ons begin videos maak het. Ek dink nie dit het nie!

  8. KOBUS SCHOEMAN Says:

    Cobus en Tiaan.Baie dankie vir julle respons.Het julle al daardie dvd gekyk?Sarel verdraai niemand se woorde nie.Wat op die dvd gesê was het uit die “teoloë” se eie mond gekom.Verder kom ek agter dat hulle die Evolusie mite ondersteun en “hulle denkwyse is basies dieselfde as die “new-age”se dwaalleringe.Onderskryf julle ten volle die “teoloë”se sienswyses,asook die boek “faterless in galilee”Ek nooi julle vriendelik uit om na die mannekamp van Angus Buchan toe te kom .Julle sienswyses sal dadelik verander .Laastens Tiaan,ek is nie een van daardie mense wat dink dat hy alles van ander mense af weet nie .ek is ñ dood normale Christen wat tot bekering gekom het en baie lief is vir God en sy Woord.EKk is baie bekommerd oor die huidige tendens waarheen dwaalleraars arme onskuldige mense heen lei.Ek is baie bekommerd oor die dwaalleraars wat toekomstige Predikante oplei en dwaalleringe,(wat glad nie versoenbaar is met die Bybel nie)verkondig.Gaan lees maar ook hulle skrywes aan Koerante en in die Kerkbode.Ek is ñ trotse fundamentalis en kreasionis,want ek bevraagteken nie die Bybel nie en glo ,onvoorwaardelik ,soos ñ ou klein kindjie aan God se Heilige Woord.Die hart van ons Evangelie word uitgeruk deur dwaalleraars.Ek bly bid dat hulle tot bekering sal kom en die ware ,suiwer Woord sal verkondig.Kontak vir Ferdie Muller en bemoedig hom,want hy het die moed van ñ leeu

  9. cobus Says:

    Kobus, het jy my comment gelees? Ek vra dan nou meer direk:
    Het jy Fatherless in Galilee gelees?
    Hoekom het Sarel nie Jesus se manier van liefde gevolg en eers broederlik gaan gesels en probeer verstaan het wat ander sê voor so ‘n DVD gemaak is nie?
    En Kobus, is liefde nie die hart van die evangelie nie? Want ek het nogals van liefde geleer op fakulteit.

  10. Amanda Says:

    Tiaan en Cobus

    Dit is prysenswaardig dat julle so lojaal is teenoor dit wat julle liefhet. As voornemende dominees sal julle dikwels in die toekoms in die spervuur staan en julle sal getoets word. Dit sal goed wees as julle nou reeds besluit waar julle lojaliteite lê.

    Jesus Christus het gesê: As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. Luk 14:26

    Cobus. Ek het die DVD oor en oor deurgegaan. Daar is geen sprake daarvan dat Mnr. Van der Merwe gevoel het dat ‘n broer teen hom gesondig het nie soos in Mat 18:15-17. Die DVD gaan oor uitsprake wat openlik gemaak is wat strydig is met die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Jud 1:3 Jesus Christus het in die openbaar woorde gebruik soos geveinsdes, dwase, blinde leiers, slange, addergeslag. Mat 21: 13-33.

    Die onskuldigbevinding van byvoorbeeld prof. Müller is nie gebasseer op die Woord van die Here nie, maar op die Sinode wat “in sy uitsprake oor skrifgesag en belydenisskrifte ‘n brug bou tussen “die tradisie” en “kritiese geloofsverantwoording.” Die kommissie is van oordeel dat dit presies is wat prof Müller probeer doen. Prof Müller sien sy eie teologiese posisie, wat hy as “post-fundamenteel” beskryf, as een waarin sowel fundamentalistiese teologie as relativistiese teologie vermy word.”

    Nou ja, dit is baie verontrustend en ongelukkig plaas dit julle opleiding wat julle aan hierdie fakulteit ontvang het onder verdenking. Gaan julle as herders in staat wees om te onderskei en julle gemeentelede teen die verwoestende aanslag van die ontluikende kerk te beskerm? Cobus, wanneer ek lees dat jy dink dat die hart van die Evangelie ‘liefde’ is, dan is ek bevrees die antwoord is ‘nee’.

  11. cobus Says:

    Amanda, ek quote nou sommer so uit die vuis uit as ek mag…

    “geloof hoop en liefde, hierdie drie bly, en die grootste hiervan is die liefde”
    “God het die wêreld so lief gehad…”
    En hoe sal ons dan oor God praat? Is die woorde van die bekende lied nie maar ons “beste” manier nie? “God is liefde, juig ons harte”

    Kan ons aangaan?
    “Meneer, wat is die grootste gebod?”
    “Jy moet die Here jou God liefê, en die tweede wat hiermee gelyk staan is jy moet jou naaste liefhê soos jouself”. Gaan lees bietjie hierdie versie baie mooi in Grieks deur, dis tog duidelik dat die een gebod nie groter as die ander is nie. Soos ek dit verstaan is liefde vir die naaste eintlik die manier waarop liefde vir God tot uiting kom…

    Nee, wat lyk vir my liefde is pretty much sentraal…

    Ek mis iets nou…? Hoekom is dit ‘n probleem om beide fundamentalisme asook relativisme te vermy???

  12. Amanda Says:

    Dankie vir die geleentheid en ek sal graag wil aangaan. Ek verstaan dat jy Mnr. Van der Merwe se optrede sien as liefdeloosheid? Wat hy gedoen het deur die dwaalleer bloot te stel getuig vir my eerder van ‘n baie groot liefde vir die Here, Sy Woord en Sy kerk. Daar rus geen verpligting op Christene om verdraagsaam te wees teenoor dwaalleer wat in die kerk ingebring word nie. Inteendeel, ons moet juis die leringe toets aan die Woord om te sien of hierdie dinge so is. Hand 17:11.

    Jammer, ek is nie Grieks magtig nie en verlaat my maar op gewone Afrikaans. 1Kor13:13 verwys na die gawes van die Gees soos verduidelik in 1Kor 12. Dit is nie die Evangelie nie. “Want so lief het God die wêreld gehad” is ook nie die Evangelie nie, maar Joh 3: 18a is inderdaad baie Goeie Nuus: Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie;.

    Die opsomming van die Wet in Mat 22:37-39 is ook nie die Evangelie nie, maar Wet en die Wet leer ons: Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. Rom 3:19-20

    Daar is ook ander godsdienste wat wette het of wat glo dat God liefde is. Dit is slegs Christene wat weet dat hulle doemwaardig is, maar gered word deur die wonderlike Evangelie soos vervat in Rom 3:21-28:

    Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is. Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.

    So nee, ek stem nie saam dat die hart van die Evangelie ‘liefde’ is nie. Mnr. Van der Merwe skryf op die omslag van die DVD:

    “Sommige lektore van die Fakulteit by Tukkies, het by verskillende openbare geleenthede samewerking tussen die Kerk en die Nuwe Hervormers bepleit, hulle teologiese standpunte ondersteun en selfs dieselfde standpunte as die Nuwe Hervormers verkondig mbt wêreldbeeld, Godsbeeld, Jesus se versoeningsdood, Sy opstanding, ens.”

    ‘n Mens kan sien dat hy ook sou verskil van jou oor wat die hart van die Evangelie is, en dit is nie die liefde nie. Verder skryf hy: “In hierdie 1-uur dokumentêr kan u, aan die hand van eksklusiewe video-materiaal, die standpunte van die bg teoloë en lektore uit hulle eie mond hoor, waarna u ‘n ingeligte besluit sal kan neem oor waar u staan mbt hierdie “nuwe” strominge in die Kerk en Teologie.”

    Is dit regtig liefdeloos om die kerk te waarsku, Cobus? Ja, jy mis die feit dat die Sinode se uitsprake gebruik is in plaas van die Bybel: Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 2Tim 3:16-17.

  13. Tiaan Says:

    Amanda
    Vir iemand wat nie Grieks magtig is nie maak jy darem baie ernstige teologiese uitsprake. Maar as die hart van die Evangelie nie liefde is nie, wat is dit dan? En hoe staaf jy jou inligting (en nee, moenie sê jy berus op die onvervalsde Woord Van God nie want jy gebruik tans die 83-VERTALING…)?
    Verder, vir Amanda en Kobus S: het julle al ooit vir 5 minute self met enigeen van die 3 dosente gesels – en nou praat ek nie eens van klas bywoon nie? Of saam met hulle gaan koffie drink en kuier, of sommer net saam vir ‘n grappie gelag langs ‘n braaivleisvuur? Want kom ons wees nou baie eerlik: dis nie die 3 trolle wat onder die brug bly van wie ons hier praat nie, dis gewone opgevoede mense nes ons elkeen. En, as ek sou begin om uitlatings te maak oor mense wat julle goed ken en wat hulle kamstig sou gesê het, sou julle my nie ook aanraai om daardie mense eers te leer ken nie?
    Laastens: ja, natuurlik is dit hul eie woorde op die dvd, maar dit word buite die wetenskaplike konteks waarin dit is, aangehaal. Jeepers, het mense nog nooit julle woorde se bedoeling verdraai nie? Sheesh!
    En die Ontluikende Kerk is nie die nuwe Roomse gevaar nie.

  14. Amanda Says:

    Hallo Tiaan

    Ja, dit is ‘n baie ernstige saak en as herders sal daar ‘n verpligting op julle rus om julle kudde te leer sodat hulle altyd bereid sal wees om verantwoording te doen aan elkeen wat van hulle rekenskap eis omtrent die hoop wat in hulle is (1Pet 3:15) selfs al kan hulle nie Grieks lees nie. Ek gebruik die 1953 vertaling en kan ook Engels lees as ek moet, maar nie meer as dit nie. Ek vertrou dat Christus Jesus ernstig was dat Sy Vader hierdie dinge selfs aan kindertjies openbaar.

    Cobus het dit mooi gestel: “Soos ek dit verstaan is liefde vir die naaste eintlik die manier waarop liefde vir God tot uiting kom…”, maar dit is duidelik Wet en dit vereis werke. Almal van ons het reeds die Wet oortree en ons hou aan om te oortree en is ons reeds skuldig en verdien reeds die hel. Saam met Paulus moet ons uitroep: Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Rom 7:24 Dan eers, wanneer ons ons skuld besef, kan ons ons verlustig in vers 25a: Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!

    Christus Jesus het baie ernstige uitsprake gemaak soos die ‘Ek is’ uitsprake in die Evangelie van Johannes. Byvoorbeeld Joh 14:6: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Hy het ook sy eie dood en opstanding geprofeteer. Indien hierdie dinge nie plaasgevind het nie, dan is julle prediking en ons geloof vergeefs en is ons steeds in ons sonde. 1 Kor 15. Maar ons het die getuienis ontvang dat Hy wel fisies opgestaan het uit die dood en daarom kan ons al Sy uitsprake glo. Die hart van die Evangelie word uitgeruk wanneer daar vraagtekens geplaas word oor Sy maagdelike geboorte, Sy versoeningsdood aan die kruis en sy fisiese opstanding uit die dood.

    Tiaan, dit gaan regtig nie oor verhoudings of persone nie, maar die suiwere oordra van die ware Evangelie aan die volgende geslag. En ja, die ontluikende kerk is nie die nuwe Roomse gevaar nie, maar die ou liberalisme gevaar.

  15. Cobus Says:

    Amanda… vriendin Amanda…
    Jy dryf my daartoe… jy dryf my tot… tot die Bybel. So dit is seker ‘n goeie ding. Maar waar ek laas somme uit die vuis uit aangehaal het (ja OK, selfs die dominee raak te lui om na die volgende vertrek te stap en die Bybel te gaan haal), sal ek dit nou maar moet mooi aanhaal. Ek hoor jy hou nie van die 1983 nie… ek verkies hom vir prediking, maar is gemaklik met verskillende vertalings. Kom ek vertaal egter maar self vir jou Markus 1:1:

    Eers ietsie oor die agtergrond. Markus is die oudste van die evangelies. Markus het syne eerste geskryf. En so openingswoorde lui dan as volg:

    “Die begin van die evangelie van Jesus Christus”.
    Die woord wat ons as evangelie ken, vertaal die Engelse vertalings as “gospel”. One eie Afrikaanse woord is eintlik baie lekker, omdat dit so mooi naby aan die Grieks is. Die Grieks praat van die euangellion, die woord beteken letterlik “goeie nuus”. Dus, “Die begin van die goeie nuus van Jesus Christus”. Daai van is ‘n genatief, maar daarmee sal ek jou nie bore nie, suffice om te sê dat hierdie goeie nuus oor die persoon Jesus, wat ons as die Christus leer ken, gaan.
    Maar nou is ek op ‘n dwaalspoor geneem. Die belangrik is die volgende:

    ALLES WAT VOLG OP HIERDIE OPENINGSIN IS GOEIE NUUS! Die evangelie is alles wat aangaande Jesus geskryf word. Jou opmerkings oor wat nie Evangelie is nie, oor Jesus se opsomming van die wet wat nie evangelie is nie ens… Amanda, ek moet jou ongelukkig die slegte nuus meedeel dat die vroeë kerk jou van dwaalleer sou moes beskuldig.

    En Amanda, gaan lees gerus die stories van ons Here Jesus, die verhale soos vir ons opgeteken deur Markus, en toe Matteus en Lukas, en later ook Johannes. As daai verhale nie oor verhoudings of persone gaan nie, waaroor gaan dit? As dit nie oor liefde gaan nie waaroor dan?

    En oor ons hooggeagte Paulus in 1 Korintiërs 13, jy en hy sien geestesgawes duidelik verskillend. Jy sien, hy skryf dit so mooi in 1 Korintiërs 13:2

    “Al het ek die gawe van profesie
    en ek ek al die geheimenisse
    en besit ek al die kennis,
    en al het ek al die geloof om berge te versit,
    maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks”

    Jy sien, Paulus het mooi geweet van al hierdie ander teologiese goed waarvan jy praat, oor hoe mens redding vind en geloof en allerhande stuff, belangrike dinge dit is verseker, maar nee, tog duidelik dat die liefde nog belangriker is!

    Saam met die Nuwe Testament sal ek tog die werke van Luther en Calvyn vir jou aanbeveel, ons gereformeerde vaders, hulle wat ons kom leer het oor redding uit geloof alleen. Jy sien, ek stem nou wel nie noodwendig orals met hulle saam nie, maar ek kan jou verseker dat hulle hoogs ongelukkig sal wees met die manier waarop jy dinge hier interpreteer, en hoe jy ons Here Jesus se woorde sommer so afmaak as wet wat nie belangrik is nie aangesien ons uit geloof gered word…

    Elkgeval, ek het ‘n vermoede jy gaan my nie gou weer kry om te reply op hierdie boodskap nie. Maar ek nooi jou uit vir ‘n koppie goeie koffie! Ek bly i Pretoria, hier in Lynnwood, en jy is meer as welkom om te kom kuier en oor hierdie stuff te gesels. Ek gesels graag oor Jesus. O, en jy hoef nie die liberalisme aan te neem as jy kom kuier nie, kom ons doen maar net die Jesus ding, en kuier saam met mense. As jy dink ek’s ‘n sondaar en ‘n dwaalleraar, onthou maar dat Jesus saam met hulle ook gekuier het.

    Ek groet dus hiermee, maar nie verewig nie, ek sluit net my bydraes op hierdie post af.

  16. KOBUS SCHOEMAN Says:

    Amanda-pragtig gesê.Ek beaam alles wat jy gesê het en staan 100%agter jou.Dit is baie hartseer dat die hart van ons Evangelie uitgeruk word deur Julian Muller,Cas Vos,Lina Spies Dirk Human Andries van Aarde ens.Ek bid werklik dat hulle ñ kragdadige bekering sal ervaar en werklik vir Jesus sal ontmoet.Ek sidder as ek dink aan die Evangelie wat jong Tokkelokke soos Tiaan en Cobus aan hulle Gemeentes gaan verkondig,As hulle bogenoemde Dwaalleraars so heftig verdedig.M.A.W, hulle stem saam met bv.Andries van Aarde, wat gesê het Jesus se moeder was ñ hoer en sy vader waarskynlik ñ Romeinse soldaat.Sjoe,Hoe ver het satan nie al ons kerke geinfiltreer nie.My hart huil as ek lees watter onsin bogenoemde”Teoloë”praat.Cobus en Tiaan,groot asseblief ,ter wille van julle eie sieleheil ,gaan op julle knieë en gee julle harte ten volle oor aan Jesus.Gaan net na een van Angus Buchan se byeenkomste toe en julle sal verseker julle sienswyses verander.Die rede hoekom hy so ñ groot aanhang het is omdat hy die Suiwer Woord van God verkondig.Hy praat net die waarheid en van die hedendaagse predikante praat gladie meer die waarheid nie.Laastens wil ek net saamstem .God is Liefde,maar hy haat sonde.Hier praat ek spesifiek oor die sonde van homoseksualisme,waaroor baie van vandag se Predikante swyg soos die graf en sê ons moet dit “in konteks”lees.Sonde is sonde .Punt.Ek bid vir julle want dit blyk vir my volgens julle sienswyses dat julle die pad totaal byster is.Baie liefde
    Kobus

  17. Amanda Says:

    Kobus

    Cobus het nou die gesprek afgesluit. Ek wil net daarop wys dat Cobus en Tiaan se stilswye nie noodwendig beteken dat hulle saamstem dat Jesus se moeder ‘n hoer was en Sy vader ‘n Romeinse soldaat was nie. In die ontluikende kerk gaan dit nie oor eng doktrines nie, maar ‘n eerder oor die vestiging van God se Koninkryk hier op aarde deur te lewe in die weg van Jesus. Die vorige geslag, met enkele uitsonderings soos Mnr. Van der Merwe, het met hulle stilswye die nuwe strominge reeds in die kerk ontvang. Die skuld lê by my geslag. Blameer ons.

  18. cobus Says:

    Amanda, ek breek my stilswye om net te sê dankie. Daar is min woorde waarmee ek meer kan saamstem as hierdie van jou:

    In die ontluikende kerk gaan dit nie oor eng doktrines nie, maar ‘n eerder oor die vestiging van God se Koninkryk hier op aarde deur te lewe in die weg van Jesus.

  19. Hugo Says:

    I’ve taken a bash at answering the original question (“Hoekom net ons?”) with reference to “the struggle” at Stellenbosch in this comment, following a discussion on whether there is much “internal criticism” in Christianity. (Which this post proves there is. Which is why I pointed to this post from there. Which is why I ended up tackling the original question. FWIW.)

  20. ekkedink Says:

    Kobus Schoeman en Amanda: ek is ook nie baie lief vir Julian Muller en kie se uitsprake nie, maar moet beslis aan Tiaan en Cobus se kant staan in hierdie debat wat ek hier gevolg het.

    Vir iemand wat so lief is vir die Woord en vir Jesus dat julle wens julle kon doen wat Ferdie en van der Merwe gedoen het, vind ek ‘n ongelooflike jammerlike gebrek aan liefde. Ek vind Kobus Schoeman uiters “judging”; en dit my broer, is so on-evangelies, on-genade soos wat jy kan kry. Trouens, een van die tekens van ‘n sekte is “EK/ONS het die waarheid…”. Wie is jy om te se: kom tot bekering! Hoe weet jy of en watter tipe verhouding Cobus/Tiaan (of selfs die professore) met Jesus het?, of dat hulle bekering nodig het? Is jy deur God aangestel as die beoordelaar en bewaarder van die geloof? Nee wat, jy’s uit genade gered; en so ook Cobus/Tiaan. Die Here se liefde en genade is BAIE GROTER as ons gesprekke op aarde waarvan ons almal maar in ‘n dowwe spieel kyk. Ons mag veskil (en so verskil ek ook; ek is ‘n stoere opsandingsgelowige), maar ek sal dit nie waag om die manne “in die hel te werp” nie. Net dalk word ek ook oor my verkeerdhede.

    Amanda, jy’t jammerlik misluk om die hart van die evangelie (nee, die hele Bybel) te verstaan! – Liefde! En Cobus/Tiaan is reg: jy sou beslis uitgekryt gewees het as ‘n dwaalleraar!

    As hierdie ‘n debat kompetisie was, het Cobus/Tiaan ver gewen. Maar nou dat dit nie is nie, het hulle ook gewen omdat hulle in liefde en aanvaarding, sonder veroordeling julle beantwoord het.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: