teologie studente: vir kerk of die wêreld

Vandag s’n is nie ‘n lang post nie. Eintlik heel eenvoudig. Baie jongmense spring rond tussen jobs deesdae, en dis OK. As ‘n dominee dit doen, is dit ‘n issue. Baie vriende gaan swot een ding, en gaan doen dan iets anders. Vir ander sê ons dat universiteit mos nou bewys het waartoe hulle instaat is, dit gaan nie oor watter graad nie, maar oor dat jy ‘n graad het… maar dominees…

Nou, party dominees waai omdat hulle nie kans sien vir die kerk nie. Ek het baie simpatie. Ek belowe jy sal ‘n skouer kry by my. Maar vandag skryf ek vir ‘n ander groep. Dit is die wat uit die kerk waai omdat hulle geroep word om te waai. Die wat 6 jaar teologie swot, dalk selfs ‘n klomp ervaring opdoen. En dan glo dat dit God is wat hulle roep na die wêreld toe.

Ek weet nie of dit net God is nie, met alle respek gesê, al glo ek dat dit ook God is. Ek dink dit is juis daai 6 jaar se teologiese opleiding wat julle gedoen het. Vir 6 jaar word dit in jou ingehamer dat God groter as die kerk werk. Nog meer, dit word in jou ingeslaan dat Christene se roeping in die wêreld lê. Ons bestaan vir die wêreld, nie vir die kerk nie… is dit dan steeds vir jou snaaks as my een vriend met 6 jaar se teologie wil gaan flieks maak? As dit ander een wil gaan musiek maak?

Explore posts in the same categories: Fakulteit, NG Kerk, Teologie

5 Kommentaar op “teologie studente: vir kerk of die wêreld”

  1. Nicole Says:

    jis ou Cobus, ja. wat jy daar sê is soooo waar.
    Toekoms besluite is so moeilik, vir enige een. AS jy in die kerk bly is die besluit oor waarheen jy moet gaan ook moeilik. En dan die besluit dat jy uit die kerk trap en iets anders gaan doen… dis regtig moeilik.
    Dis buite die comfort zone waarmee ons so snoesig die laaste 6 jaar groot gemaak is. Ek dink meeste wat teologie begin swot het, was dalk 70-80 % seker dat hulle altyd in die kerk sal bly.
    Die punt wat ek wil maak, is maar net dat ek ook glo en vertrou ook dis ‘n roeping. Dis nie ‘n maklike uitweg of n opgee skuif nie.
    Vir my klasmaats wat iets anders gaan doen, tydelik of permanent, vir my klasmaats wat gaan bly, het ek baie respek en wens ek net die beste toe.
    Teologie studente moet nie nét vir die kerk of nét vir die wêreld wees nie, dit gaan oor God. Ek glo elkeen hoor die Stem van die Roepende soos Hy hulle roep om te wees waar dit Sy wil is.

  2. tiaan Says:

    Yay!!!! En ek is een vriend! hahaha maar dit weet almal. Thanx, Cobus, dat jy mense se oë bietjie oopmaak vir wat eintlik aangaan. Net omdat ons nie in die “boksie”-bediening ingaan nie, beteken nie ons gaan NIE in die bediening staan (in een of ander vorm) nie.

  3. Johan Swarts Says:

    Dis hoogtyd dat daar beter flieks in Suid-Afrika kom, so as teologiestudente wil opskop en kinematografie gaan pleeg, then I’m all for it 🙂

  4. tiaan Says:

    Dankie Johan, ons gaan al die support nodig hê wat ons kan kry…

  5. Johan Swarts Says:

    Let me know if you need any help.


Lewer kommentaar