Ouers en Tieners

So, antwoord gou vir my hierdie ene: hoekom sal ‘n ouer sy tienerdogter belet om die kerk se Jeuggroep, waarvan sy nou al 3 jaar lank deel is, by te woon, omdat hy nie van die outjie hou met wie sy ‘n verhouding het en hy DALK daar mag wees nie?

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Ouers en Tieners”

  1. cobus Says:

    Ek sal gou antwoord. Mag ek eers net ‘n vraag vra? Hoe lank was jy in jeuggroepe? Hoeveel jeugkampe het jy bygewoon? Want kerk jeuggroepe is die een plek waar jy seker kan wees die outjie van wie jy nie hou nie gaan jou dogter in die donker (of dalk nie eers in die donker nie) gryp:-)

  2. Nicole Says:

    hmm, Cobus dis seker waar ne.
    Maar mens sou amper dink die ouer het meer vertroue in die dogter? Alhoewel, sy is n tiener.
    En wys dit nie iets van die ouer se wantroue in die kerkjeug aktiwiteite nie, dink hy dis al wat daar aangaan?
    Bereid om sy dogter van die kerk af weg te vat net vir ingeval die ou daar is? Is dit nie n bonus as die ou ook die kerk goed bywoon nie? Miskien leer hulle iets daar, of groei spiritueel? of bid? of iets…

  3. tiaan Says:

    Ja…die gekontroleerde omgewing is maar die ding, nè. Waar hulle kan leer, of spiritueel groei, of bid. Of iets! Nè Nicole 😉 ! Die ding is net, hulle gaan mekaar in anyway skelm sien as jy hulle van mekaar af weghou.
    Maar hoor bietjie wat kom toe in ‘n skelm gesprek met die girl se ma uit: Hulle as ouers is bang die verhouding is te ernstig en dat dit te ver sal gaan. Hulle wil nie regtig vir die dogter kondome gee en sê gaan maar aan nie.
    Fair enough, maar hoekom dan haar selfoon EN haar broer se selfoon verkoop, net sodat sy dalk nie die outjie sal Mxit nie? Hou in gedagte hy is in ‘n landbouskool waar hulle anyway die heeldag buite is en beperkte tyd het wat hulle op hul fone kan spandeer.
    So, nou wil die ma hê ek moet met die outjie gaan praat oor “waar hy staan”, wat dit ookal mag beteken. Vra ek die girltjie hoe ernstig was hul verhouding, sê sy ernstig, maar met perke. Soos in, perke.
    Al wat ek op die ou end kon agterkom is dat haar ma-hulle totaal en al die bobbejaan agter die bult gaan haal, ‘n berg van ‘n molshoop maak, uhm, ‘n bietjie oorreageer. Al het sy op ‘n stadium so 2 maande terug gejok en gesê sy gaan by ‘n vriendin oorslaap vir die naweek en eintlik by hom gaan bly.
    Eeehhhhhh… I dunno.

  4. Nicole Says:

    In hierdie maand se Rooi Rose skryf Valiant Swart van sy dogter. ‘waar is my hael geweer.’ En dis nogals interessant hoor.
    My eie pa het ook al gespot oor sy hael geweer gaan haal as seuns kom kuier het.
    Maar wat Valaint daarin sê is dat sy dogter is nou nog net ses, en hy worry!! Maar dis die begin van die pad waarop hy haar lei en wat sy op haar eie eendag gaan verder loop. Hy meot haar net reg grootmaak en haar vertrou.
    Ouers moet meer selfvertroue dalk in hulle opvoeding he? Ek weet nie, maar laat dit jou nie dink dat ouers ook maar hulp nodig het om te “let go” nie?
    Kyk raad kan ek jou nie gee nie, maar ek dink die ouers sal saam ou Valiant stem as hy sy rubriek afsluit met die woorde, “die alles die blerrie “outjies” se skuld.”
    btw, ‘outjies’ is nie soos in die regte seun outjies nie, dis …wel umm… lees die artikel! 🙂

  5. Nelda Says:

    Hello daar

    Toevallig op jul bespreking afgekom, soek vir my seun navorsing vir sy redenaarstoespraak.

    Die probleem is dat die oom asseblief nie sy dogter op die kamp moet stuur nie want die kans dat my seun haar attensies gaan ontsnap, is eerder die probleem. Wat gaan aan met vandag se meisies?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: