Wat van tiener-huisbesoek?

Ek gooi sommer ‘n ou klippie in die bos en so, terwyl ons saamdink oor tienerbediening:
In ‘n gemeente waar ons presies 104 13-18-jariges op die boeke het, dink julle dit sou sin maak om huisbesoek by die kids te pleeg? Vat ‘n bietjie die Bybel (ha-ha) na hulle toe in plaas daarvan om te verwag hulle moet ons Jeugbyeenkomste bywoon? My idee is om so deur die week by die kids (gelukkig is daar heelwat boeties en sussies) uit te kom – seker maar in die aande of laatmiddag, want hulle is besig met sport en random middagaktiwiteite. Ook obviously nie alles in een week nie, duh.

Ek weet in ‘n stadsgemeente is so iets ietwat ridiculous, maar hier op die platteland is ek lus om dit ‘n go te gee. As die ou goed nie werk nie, moet ons seker maar nuwe (ou) maniere uitprobeer. of hoe? My idee is om dit net soos ‘n kuiersessie te maak, nie noodwendig hierdie heavy teologiese “hoekom kom jy nie jeug toe nie?” – ding nie. Laat hulle net weet: hey, hierdie ou probeer nie snaaks wees nie, hy wil actually hoor hoe gaan dit met my.

Ek weet nie, wat dink julle?

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Wat van tiener-huisbesoek?”

  1. cobus Says:

    Ek sou net die Bybel gelos het en gaan kuier het, maar ja.

    Goeie idee, ek dink dit kan great wees. Maar net ‘n vraag: Hoe wil jy met 104 kids verhoudings bou? Iewers sal jy moet bele in 21 volwassenes (Dus 1:5) wat partymaal koffie drink saam die kids en net hoor hoe dit gaan. Jy moet dalk eerder met die 21 volwassenes verhoudings bou en hulle bemagtig om verhoudings met kids te bou.

  2. tiaan Says:

    Die Bybel in die metafoor…;-)

    Ek hoor jou, maar ek lek jou boude blink as jy vir my 21 volwassenes kan kry wat bereid is om met 5 kids verhousings te bou – ons sukkel om 6 te kry om die senior ModKats te help lei.

    Die idee is nie om van scratch af met al 104 verhoudings te bou nie. Dis meer soos ‘n kontaksessie-tipe idee. Eerstens vir my, dat ek kan sien hoe die kids van ons gemeente wat ek nie ken nie lyk! Tweedens dat ek kan sien uit watter omstandighede hulle kom – hoe hulle funksioneer. Dit sal help om hulle konteks beter te verstaan, of hoe? En dan derdens ook om te hoor wat is hulle behoeftes en hoe ons as Jeug van die gemeente dit kan aanspreek.

    So iets.

  3. cobus Says:

    Ons het bietjie meer as 104 HS kids, en gaan bietjie meer as 21 volwassenes ook nodig he, en ek wil die 1:5 ding laerskool toe ook doen, maar jy gaan lek as ek hulle in die hande kry! 🙂 of was dit ook in die metafoor 😉

  4. Ronald Says:

    Tiaan

    Ek hou van die idee. Tydens my gemeentejaar het ek begin om dit te doen – maar ek weet darem nie of jy by al 104 gaan uitkom nie, of ten minste, nie vir ‘n lang tyd nie! (Selfs al is heelwat seker in dieselfde huisgesin.) Mens leer verseker die kinders se omstandighede so ken. Dalk nie so goed soos wat mens wou nie, maar mens sien so hier en daar wat aangaan. Dit het vir my baie beteken, en ek weet vir die kinders in die gemeente ook. (Dan ook vir die ouers van die kinders – baie het dit as ‘n volwaardige besoek van ‘n predikant gesien.)

    Dalk is die vinnigste manier om 21 volwassenes te kry om by die kinders te gaan huisbesoek doen? 🙂 – Praat van ‘n ‘third way’ oplossing!

    Verder dink ek dat jou konteks seker verskil van die van ‘n stadsgemeente – in ‘n plek wat waarskynlik nie soveel blink ligte het wat die kinders se aandag aflei nie, maak huisbesoek vir my al hoe meer sin.


  5. Dis ‘n vrek goeie idee.

    Ek vermoed dat as jy gaan begin met die huisbesoeke gaan daar ouers wees wat gaan se… “Hoe kan ons help?”

    Hoekom sal dit nie werk by stadsgemeentes nie?

    Wat van, veral met die ouer kinders (tieners) iets doen soos ‘n blokbespreking… dat jy hulle ontmoet vir koffie by Mug & Bean of so iets… As jy so praat van ‘n klein jeuggroep dan het julle dorpie seker nie so iets nie?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: