Nog goed wat hulle ons nie geleer het nie

Een ding waaroor ek regtig spyt is, is dat ek nie hard genoeg gewerk het toe ek besig was met die ‘normale’ teologie-program nie (BTh & MDiv). ‘n Hele aantal mense sal seker met my hieroor verskil. Nogtans sal hulle moet herken dat die enigste module wat ons oor die geografie van Israel gehad het, by hulle ook verbygevlieg het.

Ek sit nou dikwels met die probleem dat ek nie feite kan integreer in my historiese raamwerk nie – seker minder as party ander mense, maar dit voel tog vir my asof daar ‘n leemte is hier. ‘n voorbeeld, wat ek op ‘n paar ander oud-Tukkie (uitblinker) teologie studente uitgetoets het, is die van Sepphoris. Hier is nog ‘n plek waar mens daaroor kan lees, en hier – die laaste een is geskryf deur die direkteur van opgrawings by die plek. Sepphoris was ‘n groot stad wat naby aan Nasaret was – stapafstand, so 6km. Daar was groot gebouery in die tyd dat Jesus ‘n jong seun was in Nasaret. Dis belangrik! Niemand het my daarvan vertel tot na ek klaar geswot het nie! (Maar prof van Eck, glo ek, vertel nou die studente daarvan.) Nog ‘n openbaring – en noem my maar ‘n swaap – is dat Galilea deel was van die Noordryk. Ek dag die Noordryk het in 722vC geval, daar was niks oor nie, net die Suidryk en die Samaritane! (Hierdie een blameer ek uit en uit net op myself, nie die fakulteit nie.)

Hoekom het ons nie ‘n beter historiese raamwerk na universiteit nie?
In dieselfde asem moet ek ook noem dat ons deeglik voorberei is ten opsigte van sosiaal-wetenskaplike studies. Een van die predikante waar ek my gemeentejaar gedoen het, het genoem dat dit hom ure vat om die agtergrond studie te doen – vir my kom dit natuurlik, en die rede hiervoor kan ek eenvoudig net voor die voete van die teologie fakulteit en die Antieke Tale departement lê.

Hoe prop mens in elk geval alles in 6 jaar in?

Advertisements
Explore posts in the same categories: Fakulteit, Teologie, TUKS

3 Kommentaar op “Nog goed wat hulle ons nie geleer het nie”

  1. cobus Says:

    Galilea was seker nie deel van die Noordryk nie, net op die plek waar die Noordryk geleë was. Die Noordryk het immers nie bestaan nie. Sal moet kyk wie het daai gebied beheer vanaf 722vC tot 70nC, hoe het die Jode beheer daar gehad? En dan sal dit interessant wees om te sien hoe dit ontwikkel het na 70nC, siende dat hulle mos nie deur die oorlog geraak is nie?

    Mens moet regtig meer weet van die goed, en ek wens ons gemeentes kan iets vanstaan van die implikasies van hierdie goed!

  2. Ronald Says:

    Gelukkig hang ek nog by die Fakulteit rond. Ek sal bietjie vir die mense gaan vra wat al langer as ons daarmee besig is – Ou en Nuwe Testament. :o)

    Dan sal ek ‘n opsomming daarvan op die blog kom post.

  3. tiaan Says:

    Wel, party mense se mening is mos: TUKS is ‘n loopbaan, nie ‘n renbaan nie – weet nie vir wat internaliseer ons nie beter deur ‘n module of wat aspris te druip en dit dan twee keer te loop nie, hmm?
    Hahaha. Yeah right. 😀


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: