Ons moet iets vir die jeug doen! Nog ‘n jeugweek! Nog ‘n spreker! Nog ‘n praise en worship! Ons moet hulle by Jesus uitkry! Die einde van die wêreld is naby! AAAaaahhh!!!!!

Okay, ek skat dis bietjie van ‘n lang titel vir ‘n blog post, maar dit was min of meer die strekking van ‘n gesprekkie wat ek netnou gehad het.
So, die een CSV juffrou wil die administrasie periode van die een skool gebruik as ‘n geleentheid waartydens ek en my charismaatjie die skool se tieners eiehandig moet omkeer van die breë na die smalle weg toe want hulle suip en steek hopeloos te veel. Which is fair – hulle doen. Maar nou vra ek: wat de hel moet ons nou nog vanjaar doen wat anders is, net om “die kinders by Jesus uit te kry” ? (klink soos wanneer jy klein was en jou ma het jou op Kersvader se skoot uitgekry: “Liefie, wat moet ons doen om die kinders by Kersvader uit te kry?” “Staan in die ry by Checkers, my skat.”)
Ek het niks teen jeugweke, gassprekers of praise en worships nie. Regtig nie. Ek organise die goed myself. Ek weet net dat geen tiener gaan val vir ‘n weeklikse (verpligte) sessie in die skoolsaal waar ons hulle om die beurt op ‘n gereformeerde en charismatiese wyse gaan “vermaak” met ‘n preach of ‘n Nooma-dvd nie. Kom nou.
Ek werk gereeld met hulle, en verstaan dat hulle programme al klaar hiper-oorvol is. Nou moet ons nóg ‘n dingetjie inwerk, nóg ‘n preek voorberei, nóg kringleiers (leiers! ha!) kies om nóg ietsie in die week te doen, terwyl ons eintlik, na my mening, net beskikbaar moet wees vir die kids.
Sure, ‘n gebedskamer is ‘n mooi gedagte. Wat in stand gehou, versorg en gebruik moet word. Sure, prayer walks het sy voordele (en ook sy nadele) en dit kry op grootskaal gemoniliseer om dinge te doen.
“Dan moet ons sommer ‘n paar kampe ook hou.” Nou, ek is die laaste persoon wat sal sê dat dié idee suig, maar ek weet mos op wie gaan die reelings afkom: my en Ruben.
Ons het mos f-ol om te doen.
Ons het mos nie ons eie gemeentes se jeug om oor te dink, droom of te worry nie.
Ons is mos verveeld.
Ons het mos nie ons eie struggles met probleme in ons lewe nie.
Ons het mos baie geld tot ons beskikking, in ons persoonlike sowel as kerk-rekeninge.
So kom ons doen dit, voordat Jesus volgende jaar all of a skielik hier gaan oppitch en vir ons vra: “Watse verskil het ons gemaak?” en vir ons ‘n punt uit 300 gee.
Gou-gou.

Advertisements
Explore posts in the same categories: jeug, Suid Afrika

2 Kommentaar op “Ons moet iets vir die jeug doen! Nog ‘n jeugweek! Nog ‘n spreker! Nog ‘n praise en worship! Ons moet hulle by Jesus uitkry! Die einde van die wêreld is naby! AAAaaahhh!!!!!”

  1. liewelettie Says:

    Kampe, preke, chats … is nie alles nie. Hoekom suip die kinders? Dis die eerste vraag wat jy moet vra, anders behandel jy net die simptome, nie die oorsaak nie.

  2. tiaan Says:

    Liewe Lettie
    Hehe, dis presies die punt wat ek probeer maak ;-)! Dalk het jy net nie die sarkastiese toon van my post raakgelees nie…maar ek stem 100% saam met jou.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: