Kerk liedjies

Ek het onlangs ‘n blog gelees oor praise & worship wat my nogal baie diep geraak het. (Lees meer hier) Ek het bietjie gaan dink en agter gekom dat wat hy daar gese het raakvat waarmee baie van ons worstel. Dit voel vir my asof ons goed sing wat vir ons uitgele is en ons vra net nie meer vrae daaroor nie. Dit klink altyd baie nice, maar is daar regtig ‘n dieper betekenis, ‘n meer relevante betekenis in my lewe vandag?

Kyk ek kan lekker lank oor praise & worship aangaan. Ek was self deel van daardie opset vir baie jare. Ek is nogsteeds in my gemeente se band en ek love dit nogsteeds om regtig goeie musiek te maak saam met kwaliteit musikante. Partykeer wens ek net ek kon goeie liedjies skryf wat kon pas by wat ek voel oor God op hierdie stadium van my lewe. Maar ek sal dit los vir die mense wat die talent daarvoor gekry het…

‘n Baie bekende prof wat by die fakulteit was, was leraar by die gemeente waar ek nou betrokke is. Hy het ‘n liedjie geskryf wat die gemeente nou moet aanleer, sodat hulle dit kan sing wanneer hy nou weer daar preek. Nou, dis ‘n baie nice liedjie en alles. Goeie melodie en for the most part heel oraait lirieke. Maar in 1 van die verse se hy ‘ons glo in die hel…’ Nie so goeie idee wanneer dit ‘n kwessie is wat lekker gedebatteer word nie.

Dit het my weer laat dink aan ‘n kleingroep gesprek wat ek gehad het verlede week rondom die hemel en hoekom ons daarin glo en is daar ‘n hemel ens. Hoe baie Christene maak hierdie twee aspekte die middelpunt van hulle geloof? Dis skrikwekkend.

Ek gaan nie my persoonlike menings hierop uitbrei nie. Vir nou is ek heel gemaklik daarmee om te se, ek weet nie. Maar wat ek wel weet, is dat daar soveel meer is tot ons geloof. Nie net waarnatoe jy oppad is nie. Ek wil in die ‘nou’ leef waar ek ‘n verskil kan maak in jan-alleman se lewe met God wat my lei in hierdie stryd. Om verhoudings op te bou en Jesus se liefde uit te leef.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Godsdiens, Musiek

4 Kommentaar op “Kerk liedjies”

  1. cobus Says:

    Daar is definitief ‘n nood aan ‘n nuwe generasie liedjie-skrywers. Nie nuwe generasie soos in “jonk” nie, nuwe generasie soos in hulle wat verstaan waar ons vandaan kom, wat die kompleksiteite van ‘n postmoderne wêreld verstaan en ernstig opneem, en wat veral die skuiwe wat in teologie plaasgevind het oor die afgelope jare kan herverwoord op melodieë wat singbaar is.

  2. drien20 Says:

    Ek stem heeltemal met jou saam. Dis soos wat ons gesien het by battle. Ek dink die ding is, ons het nou al so lank in hierdie ‘click’ gefunksioneer waar jy hillsong liedjies sing en hande klap en op en af spring, (kyk ek like dit ook om dit partykeer te doen) maar regtig. Ek dink as jy ‘n liedjie soos die 1 wat jy geskryf het iewers kan uitkry dink ek sal mense dit love. Ons moet maar net aanhou probeer…

  3. tiaan Says:

    Luister ‘n bietjie na Louis Brittz se non-algemene goeters…byvoorbeeld op Coming Home (so blou cd wat hy 6 jaar gelede uitgebring het nadat hy in Amerika getoer het).

  4. tiaan Says:

    Het intussen weer na NUWE! LIVE! AFRIKAANSE! Worship geluister…scary wat sommige kunstenaars kwytraak. Of boring, want die een groep wat ek liewers nie sal noem nie, want ek like ‘n paar van hulle lidejies, sing in BAIE van die goed dieselfde woorde oor en oor en oor…net op ‘n ander wysie? Komaan, ons is mos nie dom nie…


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: