So bietjie nagedagtenis

Ons het hierdie naweek wat verby is weer bietjie gaan kamp by badseloop. Dit was weer ‘n open space kamp gewees en vrek lekker! Eintlik het ons net gechill en relax. Ons almal het dit nodig gehad dink ek, en wat is lekkerder as ‘n naweek kuier saam met awesome vriende?!

Die probleem is dat ek nou al so gewoond geraak het aan hierdie groepie, en die lekker oop gesprekke wat ons kan he, en deur die jaar het ek van baie van my eie voorveronderstellings bewus geraak en ander het ek sommer net pleinweg weggesmyt. Nou kom ek terug in Randfontein en dis ‘n hele ander vibe. Ek moet weer van vooraf gewoond raak aan die preekstyl en aan die jeug se sieninge. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek love dit hier in my tuisgemeente (baie meer as ‘n sekere gemeente in pta) maar partykeer wonder ek nogal wat die selgroep leiers kwytraak met ons jongmense.

Nou die dag gesels ons ook so oor die selgroepe. Great inisiatief en ek support dit regtig baie, maar moenie verwag dat jy ‘n persoon as ‘n leier van ‘n selgroep maak en hy weet als nie. Dit werk net nie so nie. Die probleem is dat baie jongmense baie maklik hierdie ‘oom’ of ‘tannie’ se uitsprake aanneem as hulle eie en nie sommer vrae vra daaroor nie. Dan sit ons nou met hierdie mense 10 jaar later wat nogsteeds aan die woorde van sy Gr 10 sondagskool tannie klou. Laat ons nou net ‘n skewe woord voor op daai preekstoel se dans die hel los! Hoe kan die dominie wat 6 jaar (partykeer nog langer) geswot het iets sê wat heeltemal teenstrydig is met wat die tannie gesê het? Dis mos ongehoor van!
By die kamp het ons ook so bietjie daaroor gesels. Dit moet ‘n plek wees waar oop, veilige gesprekke gevoer kan word. Waar vrae gevra kan word, regtig nagedink word en waar so nou en dan bietjie debatte plaasvind. Dis hoe ons by mekaar gaan leer en hoe ons gaan uitvind wat in ons jongmense se koppe en harte aangaan, hoe ons issues gaan uitsorteer en lekker kan praat oor Jesus en hierdie ding wat ons Christenskap noem.

 

P.s Geseende Kersfees(voorlopig)! Mag dit ‘n vreugdevolle tyd wees 😉

 

Explore posts in the same categories: jeug, kampe

2 Kommentaar op “So bietjie nagedagtenis”


  1. […] en veilige ruimtes, kerke en die se praatjies Hendrien blog oor ‘n kamp wat ons die naweek gehad het. Klein eksperimentjie wat al vir so jaar lank loop, […]

  2. tiaan Says:

    Ja…daai sondagskoolooms en -tannies…en partykeer sommer die biologie/CSV-juffrou ook nè. Ek moes vanjaar op ‘n stadium my graad 10 kategese kids red van die siening wat so ‘n juffrou in hulle koppe geplant het dat, hoe beter jy op aarde geleef het, hoe groter huis gaan jy eendag kry in die hemel…

    Mens moet so versigtig wees hoe jy arme kids se voorveronderstellings alter na die “regte/beter” kant toe…moeilik, ek weet, maar noodsaaklik…


Lewer kommentaar