Kan ons nog van ‘n gesin praat?

Ons het vandag bietjie jeugbediening gehad. Vandag se lesing het gegaan oor gesinsbediening in die gemeente en in die breër samelewing.

Ek wil regtig nie op tone trap as ek hierdie post skryf nie. Ek wil regtig net met julle deel wat ons in die klas bespreek het en hoe ek dit verstaan en so bietjie interpreteer.

Die prof wat die klas aanbied het inleidend gesê dat ons moet begin by die ouers as ons met die jeug wil werk, want hulle is immers die beste jeugwerkers. Dis nou ‘n baie mooi stelling om te maak ja, maar wat as daar nie ouers is om na op te kyk nie? Die realiteit is dat ons in ‘n samelewing leef waar 70% van skoolkinders óf uit ‘n enkelouergesin kom óf ‘n gesin wat deur ‘n egskeiding is. Ons lewe in ‘n land wat hard getref is met die HIV-virus. ‘n Gesin lyk waarskynlik soos die: kinders word opgepas/grootgemaak deur ouer broers of susters, want die ouers is dood aan vigs. En dit het ‘n impak, want 80% van die jeug aanvaar die lewensstyl van hul ouers of voogde. (Ek weet nie hoe akkuraat die statistiek is wat ek gebruik nie, ek gebruik maar wat in die klas gesê is.) Daar is die verdwyning van tradisionele rolle in die gesin. Ma verdien dalk meer as pa, of is dalk die enigste broodwinner in die huis.

En tog is hierdie ‘n teologiese prioriteit, of behoort te wees. In ons (of ten minste my) Reformatoriese agtergrond moet daar ‘n vennootskap wees tussen die huis, skool en gemeente. Ons kan nie alleen funksioneer nie. Ons het die hulp van die gesin nodig, ons moet saam met mekaar werk. Die doppers het so ruk terug ‘n baie sterk beweging gehad om Christelike skole te stig. Dis nou nie die beste oplossing gewees nie na my mening. Jy haal hierdie kinders uit die samelewing uit en uiteindelik bottel ons die liefde van Christus net in hierdie skole op en leef dit nie uit in die wêreld nie. Dis asof ons dit vir onsself wil hou.

‘n Erger idee was om hierdie jeug-kerke te begin. Ja die kerk erken nou hulle het ‘n fout gemaak deur nie genoeg aandag aan die gesin as geheel te skenk nie en nou wil hulle dit regmaak deur by die jeug te begin en miskien kan ons dan eendag met hulle kinders en gesinne dit reg doen. Wat de vy?? Nou haal ons die jeug uit hulle gesinne uit en plaas hulle op hulle eie. Ja dit is partykeer wat hulle wil hê, ek gaan nie stry nie. Maar ons het ‘n storie gehoor van ‘n girl wat op so tienerkamp gegaan het en hulle het hierdie tieners so gedraai teen hulle ouers, asof hulle ouers niks weet nie, dat haar pa na ‘n week na die predikant toe gegaan het en gevra het: “Wat het julle met my dogter gemaak? Sy gaan aan asof ons (haar ouers) glad nie eers Christene is nie!”

‘n Sendeling in Japan vertel van ‘n oukie (±17 jaar oud) wat tot bekering gekom het en hoe hy saam met die ou na sy huis toe gegaan het en met sy ouers gaan praat het. Hy’t vir hulle gesê dat hulle seun heel waarskynlik ‘n keuse gemaak het wat hulle dalk nie van gaan hou nie, maar hy gaan nie hulle seun van hulle af wegvat nie. Hy gaan hom nie isoleer van sy gesin af nie, want hy weet hoe hulle gesinstruktuur werk en dat familie uiters balngrik is vir hulle en hy respekteer dit. Hy wil graag saam met hulle die pad stap. En toe nooi hy hulle ook uit om te kom kyk na wat hulle doen ens. Net deur te acknowledge dat die gesin ‘n belangrike rol speel vir hierdie mense, het hy die deur oopgemaak. Later het die gesin gaan kyk na die gemeente en het ook tot bekering gekom.

Ek dink dis belangrik om te weet dat gesinne nie noodwendig gaan oor getalle of strukture nie, maar oor die verhoudings wat daar gebou word. En as dit afbrekend is, dan moet ons as mede-gelowiges en as gemeente hierdie jongmense help om te groei, sodat hy/sy eendag ‘n gesin kan hê met liefdevolle verhoudings. En ja, dit is makliker gesê as gedaan. Ons gaan maar net moet aanhou probeer en aanhou om verhoudings te bou EN te hou en die liefde van Jesus uit te leef elke dag.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Gesin, Godsdiens, jeug, kampe, Teologie

One Comment op “Kan ons nog van ‘n gesin praat?”

  1. imizindlo Says:

    Jou Prof is heeltemal reg as hy se dat wanneer ons met die jeug wil werk ons by die ouers moet begin.
    Geloofsvorming vind nie regtig veel by die kerk plaas nie. Geloofsvorming vind grotendeels by die huis, binne die gesin plaas. Dit word van geslag na geslag oorgedra van ouers na kind. Die gesin is die kleinste “kerk”. Kinders is nie altyd deel van die bepaalde gemeente nie, kanse is goed dat hulle op ‘n stadium sal wegtrek. Maar hulle is altyd deel van die gesin/familie van oorsprong.

    Daarom is dit belangrik om ouers te laat inkoop in jou jeugbediening en hulle daarby te betrek. Hulle moet toegerus word om die evangelie aan hulle kinders oor te dra in woord en daad. Ouers gee meer om en spandeer meer tyd saam met kinders as ooit tevore. Ons moet hulle bemagtig om hulle kinders te lei in geloofsvorming.

    Yes, ek stem saam dat talle jongmense uit gebroke huise kom; dat hulle miskien by slegs een ouer oorgrote tyd spandeer. Maar ons moet begin om alle gesinne as volledig te sien; maak nie saak hoe gebroke of hersaamgesteld daardie gesin is nie- hulle is volledig gesin. (Dis bietjie van ‘n mind-shift vir sommige en mens moenie die ding uitmekaar trek nie, al wil jy.)
    Tov bogenoemde en die ongelukkige feit dat sommige kinders nie ouers het waarna hulle kan opkyk nie, het Paulus die antwoord: Ons is die huisgesin van God! Die gemeente het as huisgesin/ familie die verantwoordelikheid om na sy kinders om te sien. Dis tog een van die gemeente se verantwoordelikhede wat by die doop van daardie kind aan hulle opgedra word.
    In Afrika is die gesegde: It takes a village to raise a child! Alle lidmate het ‘n verantwoordelikheid teenoor alle en elke kind in die gemeente. Kinders is volle lidmate van die kerk!
    In die sielkunde praat ons van ‘n “significant other”. Mense in die gemeente ontwikkel verhoudings met die jongmense en binne daardie verhouding word die ouer persoon dan die kind se significant other- iemand wat ‘n positiewe rolmodel is wat deur die kind nageboots ens word.

    Kyk vir die boek: Family based youth ministry. Daar is talle boeke en artikels reeds geskryf, maar dis ‘n baie goeie beginpunt.

    Groetnis,


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: