Dominees is ook maar mense

Ek het gisteraand heel onverwags (eintlik ongenooid) opgedaag by ‘n kuiertjie wat een van die dominees by NG Doornpoort gereel het vir een van die grootste fasiliteerders in die kerk, Frederick Mare. Soos jy kan imagine was daar lekker kos en lekker wyn en natuurlik hope goeie gesprekke.

Ek het nie vreeslik bygedra tot die gesprek nie, want let’s face it, ek weet eintlik maar nog niks nie… maar dit was interessant om te sit en luister en net in te neem wat gebeur. Ons het eers gesels oor ditjies en datjies, gehoor van die mense se travels en so aan. Een dominee en sy vrou was onlangs in Nederland en London om bietjie die kerk daar uit te check en ons het die stories gehoor van wat gebeur het. Frederick en ons gasvrou was ook al daar, oeg en toe begin die stories eers! Dit was groot pret om te hoor wat daai Hollanders aanvang haha. Hulle het soos 2 handdoeke vir as jy nou klaar gebad het. Een vir bo en een vir onder! En kan jy jou nou in dink wat hulle gaan dink as hulle sien ons gee net vir hulle een!

In elk geval toe praat ons bietjie oor die emmigrasie van Suid-Afrikaners en die Afrikaanse kerke wat gestig word in die buiteland soos Auckland en London. Maar die interessante van hierdie gesprek was dat hierdie mense eintlik verloor wat regtig aangaan in SA. Hulle hou vas aan die verlede en dink dis maar hoe ons aangaan hierdie kant. En eintlik is ons besig om heeltyd te verander, om aan te pas. Suid-Afrika nou lyk anders as 4 of 5 jaar terug, nie eers te praat van 10, 15, 20 jaar nie. Ek kan nogal hiermee saamstem, want ek het self familie in Kanada wat nou 11 jaar al daar is. Hulle verstaan nie regtig wat aan die gebeur is nie en alhoewel hulle Suid-Afrikaans wil bly, is hulle eintlik nou al Kanadese.

Dit was goed om te sien hoe hierdie predikante net bietjie ontlaai, net bietjie met hulle kollegas kan  sit en gesels oor wat aan die gebeur is in hulle gemeentes, families en eie lewens. Dit was goed om te sien dat hulle ook maar kan gesels oor dinge wat pla, maar ook oor dinge wat hulle opgewonde maak, om net saam te kan lag oor stories en ervaringe. Dit was goed om te sien hoe dominees ook maar mense is.

Advertisements
Explore posts in the same categories: NG Kerk, Oop gesprekke, Suid Afrika

2 Kommentaar op “Dominees is ook maar mense”

  1. cobus Says:

    daai ontlaai en grappies vertel saam kolegas is party dae die ding wat maak dat ek more opstaan en glo dat God die kerk nog gaan gebruik vir die koninkryk.

  2. tiaan Says:

    Nog “gaan” gebruik of nog “kan” gebruik? 😉 Stem!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: