Archive for the ‘Boeke’ category

Relationships Unfiltered – Andrew Root

April 22, 2010

Ek het die afgelope ruk bietjie tyd spandeer om hierdie boek te lees en dit was definitief tyd baie goed gespandeer.

Hy fokus op jeugbediening i.t.v verhoudings en hoe om regtig daar te wees vir adolossente. Om nie net die ‘hoe’ vrae te vra nie, maar die ‘wie’ vrae. Met ander woorde ons moet nie konsentreer op hoe ons hulle by die jeugaksies te kry, hoe moet ek cool genoeg wees, ens. Ons moet eerder kyk na wie ons kan wees saam met hulle, soos wie Jesus was vir Sy dissipels en die mense rondom Hom. Hy meen dat as ons ‘n effektiewe jeugbediening wil hê moet ons bereid wees om in ‘n verhouding met hierdie einste jeug te tree, om nie net ‘n kennis te wees nie, maar iemand wat hulle pyn saam met hulle aandurf. Hy praat van ‘place-sharing’. Ons moet nie noodwendig al die antwoorde hê nie, maar ons moet saam met hulle in daardie plek van angs, vrees, pyn, lyding, drome, vreugde ens. wees.  Maar, sê hy, ons moet ook weet wanneer om nee te kan sê. Daardie fyn balans tussen die oop en toe van verhoudings, sodat ons nie onsself in mekaar verloor nie.

Wat vir my vrek nice is van hierdie boek is dat hy voorbeelde uit sy eie lewe gebruik om sy standpunte deur te gee. Dis asof dit die hele idee van sy boek real maak. Soos bv hy sal praat van toe hy sy seuntjie moes leer om te slaap. Dit het nie gewerk om hom elke keer op te tel en te sus nie. Hy en sy vrou het op ‘n opblaasmatras geslaap langs die kot en elke keer as hy wakker geword het, het hy net vir hom laat weet dat hy daar is vir hom. Hy’t nie noodwendig opgespring en hom dadelik vasgehou nie, hy’t net saggies gepraat en hom laat weet dat hy nie alleen is nie. Hy was sy seuntjie se ‘place-sharer’.

Uiteindelik dink ek om ‘n effektiewe jeugwerker, vrywilliger of watokal te wees moet ons daardie stap kan neem en moeite doen om hulle nie net te beïnvloed nie, maar om net daar te wees in verhouding, om ‘n ‘place-sharer’ te wees.

Advertisements

beste boek op jeugbediening?

Maart 30, 2009

OK, hoogtyd dat ons weer bietjie hier by teo@UP begin blog. Almal van ons wat hier blog is nou klaar met die verpligte swottings ding, maar at least twee van ons swot nog. Almal wat hier blog, blog egter nou iewers anders ook. So ek het in my doel geslaag! Dalk moet ons nou ‘n paar nuwe bloggers hierso kry???

Elkgeval, net om te noem. Ek dink ek mag dalk net die beste boek op jeugbediening ontdek het wat ek nog gelees het… OK, ek’s op bladsy 45, maar nogtans, dis goed. En vir julle wat dink jeugbediening is regtig nie jou ding nie, want jy’s nie die hero met die kitaar nie, hierdie moet jy lees. Goed goed, ek sal weer skryf as ek actually klaar is. Maar vir die wat my leesgewoontes oor die laaste twee jaar opgetel het, om op bladsy 45 te wees en actually nog te lees is ‘n rekord!

Hier is dit dan: Practicing Discernment with Youth. Sal like as van julle ook dit wil lees, wil graag bietjie feedback hoor van ander af.

‘n Rooi Z4 en ‘n renaissance-kasteel

Mei 8, 2008

Ek het ‘n liking in Johan Rossouw gevang toe ek hom die eerste keer hoor praat het by die lentekonferensie laas jaar. Wat hy alles gesê het kan ek nie onthou nie, ek onthou net ‘n ervaring van “na hierdie ou moet mens maar luister”. Eers het ‘n dosent met wie ek nogals baie te doen het my vertel van sy boek ‘n Rooi Z4 en ‘n renaissance-kasteel, en toe word dit skielik uit die bloute vir my voorgeskryf (vir almal in die M.Div klas, ek is reg, dit was uit die bloute uit nê? of het ek iets gemis?).

Ek kom agter daar is gemengde gevoelens oor die boek, maar persoonlik dink ek Rossouw vat iets op briljante wyse raak. Ek sien toe nou net terwyl ek op soek is na iets anders ‘n post wat ek so klompie maade terug geskryf het (ek dink dit mag dalk een van my brighter moments gewees het, maar is oop daarvoor dat ek verkeerd kan wees), wat my weer herinner aan Rossouw, en dat ek nog iets wou skryf daaroor. Of my link met die twee geregverdig is, kan ander maar vir my vertel.

In kort, soos ek verstaan, kom dit daarop neer dat Rossouw skryf oor ‘n groep Pretoria Afrikaners (obviously beteken dit nie alle Afrikaners is so nie, maar ek dink hy erken dit self in sy boek), die nuwe generasie Yuppies. Die Young Upcoming Professionals wat met ‘n sekere tipe charismatics opgelink het (ek verwys spesifiek na ‘n “sekere tipe”, want daar is charismatics wat nie noodwendig so is nie… O, en baie van die charismatics waarmee ek dink hulle opgelink het sit in ons eie NG Kerkie), om wat hy noem die “gnossies” te veroorsaak.

Nou, as jy nie bekend is met gnostisisme nie, lees gerus wikipedia se definisie. Ek het hom nog nie gelees nie, maar wat ek onthou uit my jare van swottings is dat daar ‘n baie sterk dualisme is, wat sê dat hierdie wêreld sleg is, en eintlik nie saakmaak nie. Wat belangrik is, is die “geestelike wêreld”. Wat ek hoor is dat hierdie gnossies van Rossouw hulle godsdiens in ‘n geestelike wêreld vind wat niks regtig te doen het met ons dag tot dag bestaan nie, hulle godsdiens lewer dus geen kritiek op hulle materialisme nie, en noodsaak hulle ook nie om betrokke te raak by samelewings issues nie. Nie dat dit sleg is as mense worry oor die armes ens nie, maar dit help as dit ander mense is, en as dit nie regtig aan ons vat nie.

Wel, ons is almal dalk gedeeltelik vasgevang in hierdie wêreld wat Rossouw beskryf. Hy’t my gewete aangespreek. Hy’t my nogals teruggedwing na die bergpredikasie toe (Matteus 5-7), my laat dink aan Bonhoeffer se radikale interpretasie daarvan in Cost of Discipleship.

Ek vrees Rossouw mag dalk reg wees. Of jy met hom saamstem of nie, ek dink nie dit is leeswerk wat geïgnoreer kan word nie…