Archive for the ‘kampe’ category

Gr 10’s weet hoe om te kamp

Maart 7, 2010

Ons het gaan kamp die naweek saam met my Gr 10 sondagskool klassie. Uit ‘n klas van 15 het 9 opgedaag. Nou hierdie kamp ding is redelik nuut in die gemeente so daar het baie meer kids opgedaag as wat ek verwag het en die kamp het al my verwagtinge oorskry.

Ons het by die kampterrein opgedaag (nie ‘n fancy plek nie, sommer op iemand se plot langs die rivier), tent opgeslaan, en verder net gechill. Ons het mekaar eers bietjie beter leer ken, sommer net gou mekaar se name gehoor en dit het die gesprek oopgemaak. So klein, simpel oefeninkie wat mense laat welkom voel dat hulle sommer spontaan met jou begin gesels. En kyk ‘n 16-jarige kan lekker gesels.

Die seuns het in die rivier geswem, die girls het gele en chat of slaap of watokal. Soos ek se, ons het net lekker gechill met die kids. Die res van die mense het so net duskant half 2 daar aangekom. (met die kos, dankie tog!) Ons het ietsie geeet, gedrink en toe leer ons mekaar beter ken. Ons het sommer in groepies van 2 opgedeel en in 5 minute alles uitgevind wat ons kon van mekaar. Die weirdste goed het uitgekom, en tog het die kids ‘n bietjie meer van hulself ook bekend gemaak. Ietsie dieper as net die gewone ‘wat is jou skoen size’.

Ons het weer lekker geswem en gechat en so aan, en toe begin die sports. Daar was vlotte ook op die rivier. 1 groot en 1 kleiner een. Nou ja ons het gedink dat dit ‘n goeie oefening sal wees waar almal as ‘n groep kon deelneem. En ons is toe op die grote en af met die rivier, al 13 van ons. En dit het verbasend goed gegaan. Toe besluit ons nee, maar ons gaan nou oorklim op die kleiner 1. Nou ja needless to say dit het nie so goed gegaan nie. Ons bootjie het getiep. Gelukkig het die menslike instink ingeskop, want niemand het seer gekry nie. Almal het darem geweet om pad te gee onder die vlot. Nou ja, wat kan ek se, dit was verseker ‘n experience. Na die tyd het ons na gegaan wat gebeur het (met ‘n reviewing technique), hoe het almal gevoel, hoe het hulle dit ervaar.

Toe almal redelik rustig geraak het, het ons droe klere gaan aantrek en nog ‘n lekker aktiwiteit gedoen. En ek is nie eers sarkasties nie, dit was geniune vrek lekker gewees. Die idee is om kratte te bou tot so hoog as wat jy kan. (Sommer daai coke kratte wat in mekaar kan pas) Jy het natuurlik ‘n veiligheidstou om jou, wat geanker is in ‘n boom en wat ons ‘adventureman’ vasgehou het. Ek dink die rekord vir ons was 11 kratte. Nogal merkwaardig, want ek se vir julle dit kan nogal hoog raak so by die 8ste krat.

Ons het weer review wat gebeur het, hoe hulle gevoel het, en toe vra ek hoe sou hulle dit toepas op die lewe. Die coolste goed het uitgekom. Een het dit vergelyk met ‘n toets, partykeer moet jy maar ‘n raaiskoot vat en hoop die antwoord is reg, net soos jy ‘n raaiskoot vat en hoop dat 1 meer krat ‘n goeie idee was. ‘n Ander een het dit vergelyk met vriendskappe en so kan ons aangaan. Hierdie was ‘n goeie oefening, ja, maar wat vir my die awesomeste was, was dat dit ‘n hele in diepte gesprek oop gemaak het. Ons het van skool onnies tot rassisme gepraat.

Laat die aand het ons sommer lekker gesing om die vuur en lekker braaivleis geniet. Bietjie gepraat oor hulle ervaringe rondom kerk en ons gemeente. Toe die ouer garde nou besluit dis inkruip tyd het ek besluit om langer wakker te bly en saam die kids rondom die vuur stories te vertel en te hoor. Toe ek nou in die vroee oggendure wou nag se, toe wou hulle nie gehad het ek moet gaan slaap nie! Hoe awesome is dit?! Haha.

Hierdie kamp was ‘n belewenis saam met ‘n great groep 16-jariges. My verhouding met hulle is besig om te vorm en te bou. Ek kan regitg net dankbaar wees vir wat die Here deur my doen om met hierdie kids te kan werk. Ek dink hierdie kamp is een van daai wat mens gaan onthou, verseker!

Kan ons nog van ‘n gesin praat?

Februarie 23, 2010

Ons het vandag bietjie jeugbediening gehad. Vandag se lesing het gegaan oor gesinsbediening in die gemeente en in die breër samelewing.

Ek wil regtig nie op tone trap as ek hierdie post skryf nie. Ek wil regtig net met julle deel wat ons in die klas bespreek het en hoe ek dit verstaan en so bietjie interpreteer.

Die prof wat die klas aanbied het inleidend gesê dat ons moet begin by die ouers as ons met die jeug wil werk, want hulle is immers die beste jeugwerkers. Dis nou ‘n baie mooi stelling om te maak ja, maar wat as daar nie ouers is om na op te kyk nie? Die realiteit is dat ons in ‘n samelewing leef waar 70% van skoolkinders óf uit ‘n enkelouergesin kom óf ‘n gesin wat deur ‘n egskeiding is. Ons lewe in ‘n land wat hard getref is met die HIV-virus. ‘n Gesin lyk waarskynlik soos die: kinders word opgepas/grootgemaak deur ouer broers of susters, want die ouers is dood aan vigs. En dit het ‘n impak, want 80% van die jeug aanvaar die lewensstyl van hul ouers of voogde. (Ek weet nie hoe akkuraat die statistiek is wat ek gebruik nie, ek gebruik maar wat in die klas gesê is.) Daar is die verdwyning van tradisionele rolle in die gesin. Ma verdien dalk meer as pa, of is dalk die enigste broodwinner in die huis.

En tog is hierdie ‘n teologiese prioriteit, of behoort te wees. In ons (of ten minste my) Reformatoriese agtergrond moet daar ‘n vennootskap wees tussen die huis, skool en gemeente. Ons kan nie alleen funksioneer nie. Ons het die hulp van die gesin nodig, ons moet saam met mekaar werk. Die doppers het so ruk terug ‘n baie sterk beweging gehad om Christelike skole te stig. Dis nou nie die beste oplossing gewees nie na my mening. Jy haal hierdie kinders uit die samelewing uit en uiteindelik bottel ons die liefde van Christus net in hierdie skole op en leef dit nie uit in die wêreld nie. Dis asof ons dit vir onsself wil hou.

‘n Erger idee was om hierdie jeug-kerke te begin. Ja die kerk erken nou hulle het ‘n fout gemaak deur nie genoeg aandag aan die gesin as geheel te skenk nie en nou wil hulle dit regmaak deur by die jeug te begin en miskien kan ons dan eendag met hulle kinders en gesinne dit reg doen. Wat de vy?? Nou haal ons die jeug uit hulle gesinne uit en plaas hulle op hulle eie. Ja dit is partykeer wat hulle wil hê, ek gaan nie stry nie. Maar ons het ‘n storie gehoor van ‘n girl wat op so tienerkamp gegaan het en hulle het hierdie tieners so gedraai teen hulle ouers, asof hulle ouers niks weet nie, dat haar pa na ‘n week na die predikant toe gegaan het en gevra het: “Wat het julle met my dogter gemaak? Sy gaan aan asof ons (haar ouers) glad nie eers Christene is nie!”

‘n Sendeling in Japan vertel van ‘n oukie (±17 jaar oud) wat tot bekering gekom het en hoe hy saam met die ou na sy huis toe gegaan het en met sy ouers gaan praat het. Hy’t vir hulle gesê dat hulle seun heel waarskynlik ‘n keuse gemaak het wat hulle dalk nie van gaan hou nie, maar hy gaan nie hulle seun van hulle af wegvat nie. Hy gaan hom nie isoleer van sy gesin af nie, want hy weet hoe hulle gesinstruktuur werk en dat familie uiters balngrik is vir hulle en hy respekteer dit. Hy wil graag saam met hulle die pad stap. En toe nooi hy hulle ook uit om te kom kyk na wat hulle doen ens. Net deur te acknowledge dat die gesin ‘n belangrike rol speel vir hierdie mense, het hy die deur oopgemaak. Later het die gesin gaan kyk na die gemeente en het ook tot bekering gekom.

Ek dink dis belangrik om te weet dat gesinne nie noodwendig gaan oor getalle of strukture nie, maar oor die verhoudings wat daar gebou word. En as dit afbrekend is, dan moet ons as mede-gelowiges en as gemeente hierdie jongmense help om te groei, sodat hy/sy eendag ‘n gesin kan hê met liefdevolle verhoudings. En ja, dit is makliker gesê as gedaan. Ons gaan maar net moet aanhou probeer en aanhou om verhoudings te bou EN te hou en die liefde van Jesus uit te leef elke dag.

So bietjie nagedagtenis

November 30, 2009

Ons het hierdie naweek wat verby is weer bietjie gaan kamp by badseloop. Dit was weer ‘n open space kamp gewees en vrek lekker! Eintlik het ons net gechill en relax. Ons almal het dit nodig gehad dink ek, en wat is lekkerder as ‘n naweek kuier saam met awesome vriende?!

Die probleem is dat ek nou al so gewoond geraak het aan hierdie groepie, en die lekker oop gesprekke wat ons kan he, en deur die jaar het ek van baie van my eie voorveronderstellings bewus geraak en ander het ek sommer net pleinweg weggesmyt. Nou kom ek terug in Randfontein en dis ‘n hele ander vibe. Ek moet weer van vooraf gewoond raak aan die preekstyl en aan die jeug se sieninge. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek love dit hier in my tuisgemeente (baie meer as ‘n sekere gemeente in pta) maar partykeer wonder ek nogal wat die selgroep leiers kwytraak met ons jongmense.

Nou die dag gesels ons ook so oor die selgroepe. Great inisiatief en ek support dit regtig baie, maar moenie verwag dat jy ‘n persoon as ‘n leier van ‘n selgroep maak en hy weet als nie. Dit werk net nie so nie. Die probleem is dat baie jongmense baie maklik hierdie ‘oom’ of ‘tannie’ se uitsprake aanneem as hulle eie en nie sommer vrae vra daaroor nie. Dan sit ons nou met hierdie mense 10 jaar later wat nogsteeds aan die woorde van sy Gr 10 sondagskool tannie klou. Laat ons nou net ‘n skewe woord voor op daai preekstoel se dans die hel los! Hoe kan die dominie wat 6 jaar (partykeer nog langer) geswot het iets sê wat heeltemal teenstrydig is met wat die tannie gesê het? Dis mos ongehoor van!
By die kamp het ons ook so bietjie daaroor gesels. Dit moet ‘n plek wees waar oop, veilige gesprekke gevoer kan word. Waar vrae gevra kan word, regtig nagedink word en waar so nou en dan bietjie debatte plaasvind. Dis hoe ons by mekaar gaan leer en hoe ons gaan uitvind wat in ons jongmense se koppe en harte aangaan, hoe ons issues gaan uitsorteer en lekker kan praat oor Jesus en hierdie ding wat ons Christenskap noem.

 

P.s Geseende Kersfees(voorlopig)! Mag dit ‘n vreugdevolle tyd wees 😉

 

Programlose Tienerkampe? Try dit, ek dare jou!

September 9, 2009

Ek en Cobus en ‘n paar ander het laas jaar begin eksperimenteer met kampe sonder ‘n vaste leier en programme. Okay, die leierlose-ding is seker nie heeltemal so feasable nie, maar die programlose-ding wel. Gaan lees op sy blog oor 20something en Open Space vir al daai details.

Vroeg vanjaar wou ek, soos dit ‘n goeie jeugwerker betaam, ‘n avontuurkamp vir die tieners in ons gemeente hou. Ons datums het geclash met die rugbyweek en die ding het deur die mat geval. Dit sou seker ‘n goeie kamp gewees het, met al die verpligte aktiwiteite oos abseil en laetoubane en al die goed wat ons ken. Ek het nie pyne met dit nie, ek like dit! Maar die ding het net nie op daardie stadium, in April, uitgewerk nie.

So toe ons nou weer begin praat in die rigting van ‘n kamp, het die tieners my baie duidelik laat verstaan dat ons nie te veel aktiwiteite moet inwerk nie. Ek is in elk geval al lankal op die Ervaringsleer-band wagon, so ek het in anyway nie lesings in my kop gehad oor die 15 Goeie Geestelike Grondbeginsels of die Eskatologiese verstaan van Openbaring 11-18 met die wegraping as fokus nie. Wie is nou lus om op ‘n perfekte Saterdagoggend na ‘n boring lesing te luister as jy in ‘n rivier kan gaan swem?!

So tref ons toe ons reelings en so is Chillax-kamp gebore (waar jy kan “Chill” en “relax”). Die doel van die kamp: ontspan, rus, kuier, speel! Die reels van die kamp: alles is opsioneel – van opstaantyd tot deelname tot etes tot stort (alhoewel die meeste die laaste een as ‘n ongeskrewe verpligting hanteer het, gelukkig!). Al wat vooraf vas op die program was, was die Vrydagaand se lanternbekruip – wat ook opsioneel was.

En dis presies wat gebeur het! Ons het Vrydagmiddag by Matatane River Lodge aangekom, Wykie Swanepoel-hulle se pragtige plek en byna onmiddellik afgesuiker rivier toe. Asemrowend! Ja, dit het nog nie baie gereen nie, so die rivier was nie vol nie, maar die kranse en die bosveld en die water het dit prentjiemooi gemaak. En ons het dadelik begin speel! Wat ‘n plesier, wat ‘n voorreg om saam met sulke mooi jong lewenslustige tieners te kan jol en mekaar te kan duik en in die water te kere te gaan!

Ons is teen sononder terug kampterrein toe. Geen vaste etenstyd nie, het ons ons deur ons mae laat lei na die bakke pasta wat ons die middag in Vryheid reeds gemaak het. Heerlik.

Die jonger latte het self die vuur aangesteek en die plek reggemaak vir ure se kuier rondom die gloeiende kole. Almal was gesettle, gemaklik en jy kon vir ‘n slag vergeet van skool, jou ouers, druk van jou vriende, druk om te presteer, verantwoordelikhede…net wegkom.

Later het ek sekerlik een van die snaaksste lanternbekruipe in my lewe gesien. As mense dink dat hulle minder sigbaar gaan wees op ‘n volmaanaand deur hulle klere uit te trek en in hul onderbroeke op die lantern te pounce, moet jy weet: hier kom groot sports! Bitterlik snaaks!

Later is daar Mafia gespeel en musiek geluister en gekuier en gelag en National Geographic-tipe foto’s geneem van paddas wat besig is om te paar (op ‘n kerkkamp! My magtag!). Ek weet nie hoe laat ons gaan slaap het nie.

Saterdag het ons opgestaan soos die Gees en ons lywe ons gelei het. Daar is gebrunch en na die Springbokke se toets gekyk en dit het veroorsaak dat ons natuurlik eers moes gaan kalmeer deur by die rivier en die foefieslide uit te kom – al was die pad na die foefieslide ‘n bietjie bundu-bashing.

Die aand het ons gebraai, elkeen sy eie braaipakkie, en ons het gekuier en gelag en musiek geluister en ‘n reuse handjietennis toernooi met ‘n huge sagte bal gehad.

En ons het WEER gaan lanternbekruip – ander spanne, ander spot…net soveel sports! Daar was mense wat deur die rivier se vlak water geleopard crawl het en ‘n ander ou wat besluit het om vir die res ‘n trench te bou, daarteen besluit het en homself toe daarin begrawe het sodat net sy kop uitsteek en hy die ander kan skrikmaak!

Nog rondes mafia is gespeel, baie potte skaak en eventually het almal in hul chalets uitgekom en in die bed neergeval. Ons het 4 per chalet geslaap en dit het wonderlik gewerk.

Sondagoggend moes ons egter vroeg opstaan om betyds terug in Vryheid te wees om ‘n mimiek in die erediens te doen, maar dit was al drawbac. Ons sou dalk volgende keer eerder later terug gecruise het dorp toe, dan kon ons rustiger opstaan en klaarmaak.

Wat is die punt van hierdie kampe? Om kinders te vermaak? Nee, want dit het hulle sommer self gedoen. Om geestelike waarhede oor te dra? Wel, sonder lesings – na die eerste lanternbekruip het ek hom baie ligweg gereview. Die kinders het self by die ding uitgekom dat, net soos lanternbekruip, kan jy nie kerkwees alleen doen nie. Awesome. Is die doel om verhoudings te bou? Beslis, ja! Daar was 2 ouens saam wat nie regtig deel was van ons jeuggroep voor die tyd nie, maar wat van die kinders van skool af geken het, en dit was great om hulle te sien inskakel. Ook met van die tieners wie se ander vriende ‘n bietjie meer aan die scruff kant is. Dis goed om vir hulle die opsie te kan gee dat ‘n mens jouself kan geniet sonder sigarette, drank en dagga.

Daar was twee couples op die kamp en hulle het gewys hoe gesonde Christentiener couples kan optree. Ek was nie een keer regtig bang dat hulle iewers in ‘n chalet die lakens gaan deurmekaar maak nie. Nie omdat hulle kamtig engeltjies is nie, maar omdat ek weet dis nie die soort verhoudings wat hulle het met mekaar of met my nie.

Kan programlose kerkkampe, waar ‘n mens nie een keer Bybellees nie en net bid voordat jy eet, werk? Ek dink so. Ek kon die naweek in die naam van my gemeente ‘n ruimte skep waar tieners kon ontspan en wegkom en rus en fellowship geniet, sonder om “kerkerig” of dweperig te wees.

En dit is awesome.

20-something kamp

Augustus 11, 2009

Eks nuut op teo@up, maar ek wil graag idees en gedagtes share wat aangaan in teologie en die wereld daar buite…

Ons was hierdie naweek op ‘n kamp gewees by bad-se-loop, (as jy dit ‘n kamp kan noem, dit was eerder ‘n mini vakansie) anyway dit was ‘n plek waar ons oop gesprekke kon gevoer het oor, wel, basies alles.

Ons het natuurlik eers verdwaal soontoe. In plaas daarvan dat ons net 2 ure gery het, het ons 6 ure gery! Haha. Dit was groot pret en ons het lekker gesels en goeie musiek gehad (wel as ons lank genoeg op ‘n stasie of cd kon bly). Maar ten minste het ons nie die verste verdwaal nie. ‘n Ander klompie het so half 11 die aand eers daar aangekom!

Toe ons almal nou gearriveer het en iets geëet het, het ons elkeen ‘n groot stuk papier gekry, waarop jy nou jouself moes “tag”. Bietjie meer oor jouself sê, hoe jy jouself sien, wie jy ken, wat jy doen, wat jou idees is, jou belangstellings ens. Dit was nogal cool om te sien waar ons met mekaar ‘link’. Verbasend om te sien hoe mense eintlik baie in gemeen het, al weet jy dit nie eers nie. Na die tyd het ons rondom ‘n make-shift vuur gesit en kuier. Ons het gesels oor relatiwisme en post-modernisme en bietjie probeer onderskei tussen die twee. Bietjie gechat oor deconstructionism en hoe ons goed kan ontleed en uit mekaar haal om stuff beter te verstaan, veral in verband met skrif uitlê en daai tipe van ding. (obviously gebruik ek nou ‘n baie minimalistiese beskrywing) Ons het daai oggend eers omtrent 3uur gaan slaap.

Ons kamp het glad nie ‘n vaste program gehad nie. Ons het dit gevat soos dit kom. En dit het flipin goed uitgewerk. Ons het wie weet watter tyd eers opgestaan in die oggende en gebrunch. Daarna het ons of ‘n movie gekyk of net weer gechat. Ons het ook ‘n klompie TED talk video’s gekyk. TED: Technology, Entertainment and Design. Sulke 17 minute video’s oor klomp rerige interessante topics en glo my jy kan 1 kyk dan is jy hooked for life!

Natuurlik het ons in die romeinse baddens gaan le en sleg wees. Weereens gepraat oor klomp goed en net mekaar se geselskap geniet met ‘n bottel Sherry.

Dit was lekker om almal se opinies en perspektiewe te hoor. (Eks nogal groot op die luister ding) Ons was 11 mense daar gewees en almal het hulle eie sienings. Dit was lekker om oor goed te gesels met ander mense as die gewone crowd met wie jy altyd uithang. Mens raak gewoond aan jou groepie se menings en jy kry net nie nuwe perspektiewe nie. Dit was nodig om met mense te chat wat binne EN buite die teologie opset is.

Ons het fight club gekyk. Fantastiese movie!! Sommer dadelik in my favourite lysie. Die van julle wat dit nog nie gekyk het nie, doenit!!! V for Vendetta ook net so goeie movie! Maak my sommer lus om uit te gaan en ‘n revolution te begin!

All in all, die kamp was ‘n experience. 1 wat ek verseker weer wil doen. So die van julle wat wil join in ons oop en veilige gesprekke moet dit asb doen. Join ons group op facebook: open space. Sien jou daar!

“Mango, mango…!”

Julie 20, 2009

Dit was weer tyd vir Skoolverwisselingskamp by Bad-Se-Loop aai-jaai-joegaai! En ek moet sê, teen die 3e keer wat ek daar gekom het, het ek regtig lief geword vir die plek.

Dit was ‘n kamp vol stories, soos kampe maar altyd is. Vol interessante karakters – mense met issues, bitches, snobs, tomboys, kakaanjaers, teologie-studente, kitaarspelers, uitslippers, emo’s en jocks. Daar was ook baie pranks – klokke wat in die middel van die nag onverklaarbaar lui, onderklere wat onverklaarbaar wegraak (of nie), suiker wat in slaapsakke beland en grawe wat teen mekaar geslaan word om mense wakker te maak. Hmm? 😕

Baie grappe is gemaak, veral in die Romeinse baddens en veral die een spesifieke aand saam met die manne (“daai is 5 shots!”). Thanx ouens, ek glo nie ek sal dit sommer vergeet nie!

Daar was baie slogans en goed wat geskree is, om maar ‘n paar te noem:
“A jo ba joe!” – Wilke en TKG
“Ons is vrot, ons is vrot, ons steel jou kind se pop, Borrievrotters!” – Leje en die Borrievrotters
“Pinka Pinka Kroka Kroka Tryyyyyyyyssss!” – Henmar, Ernest en die Pinkakrokatry’s
En natuurlik:
“Mango, mango! Veselperske…” – Derrick en almal

Daar is ‘n oorspronklike nuwe liedjie geskryf en selfs ‘n mimiek op dit uitgewerk (dankie aan Lance en die Silkesnakes) – baie cool. Ons het ook vir Zing ontmoet en ‘n paar sappige stories uit sy lappopmond gehoor.

Daar sal vorentoe seker nog baie reflect word op hierdie spesifieke kamp. Dalk omdat ons besef het ons weet nie regtig hoekom ons sekere dinge doen nie. Dalk omdat ons goeie verhoudings gebou het en tog die waarde van die hele endeavour insien. Dalk omdat nuwe vriende gemaak is en awesome experiences gedeel is.

Ek hoop meer mense kan dieselfde soort ding beleef. Ek voel bevoorreg en geseënd.

PKD (post-kamp-depressie)

Julie 12, 2008

Ek het eintlik al vergeet van hierdie siekte, het dit so lanklaas beleef. As Tiaan my nie gisteraand aan die naam herinner het nie, sou ek dit nie eers onthou het nie. My eerste herinnering aan ‘n aanval van PKD was in graad 5. Ek was by ‘n ACSV naweek kamp, en toe ek Sondag middag teruggekom het, sou ek niks anders doen as net in my bed lê en die mense mis nie. In die jare daarna het ek dit oor en oor beleef.

Skoolverwisselingskampe van 2000 (graad 10) af was die mees ekstreme ervaringe hiervan. Die band wat daar met jou span, maar veral met die personeelgroep ontstaan het was vermoedelik verantwoordelik vir hierdie ervaringe. Dit sal partymaal vir ‘n paar dae aanhou. In hierdie tyd is al wat jy wil doen om die mense saam met wie jy gekamp het te mis, mens raak sommer lusteloos, en die res van die wêreld en die mense rondom jou lyk als so vaal.

Na ‘n ruk het dit opgehou. Deel daarvan vermoed ek was omdat die mense saam met wie ek gekamp het vriende geraak het, en dus het dinge nie meer gestop die dag wat die kamp stop nie. ‘n Ander rede is sekerlik omdat ek begin gewoond raak het aan die ervaring, en vrede gemaak het met afskeid neem op die laaste dag. Op ‘n manier was dit ‘n kombinasie van om kamp-mense los te maak van die res van my lewe, en om sekeres deel te maak van die res van my lewe. So het ek oor jare baie vriende gekry wat ek oorspronklik op kampe ontmoet het.

Wat die nuutste ervaring van PKD tot gevolg gehad het weet ek nie. Dalk was dit omdat ek op ‘n ander manier skielik deel geword het van die groep hierdie jaar, as kampleier, omdat ek verantwoordelik gevoel het vir die mense. Dalk het ek die kamp net meer intens beleef omdat hierdie jaar se kamp vir my persoonlik so belangrik was. Dalk was dit net ‘n ongelooflike groep personeel saam met wie ek gekamp het!

Toe ek gister wegry op Bad Se Loop het ek nie besef wat gaan gebeur nie. Ek het soos altyf afskeid geneem, sonder om te veel te worry. Nie te hartseer gewees nie, geweet dat meeste van die mense gaan ek nooit weer sien nie, gehoop dat hier en daar sal ek van hulle weer sien. Ek het kerk toe gery, daar gehelp met die afpakkery, haastig om weg te kom, aangesien ek en Nadine bietjie tyd vir kuier gehad het voor sy moes waai Ermelo toe, en ons nie regtig tyd gehad het vir kuier op die kamp nie.

Na ons middagete gekry het, en sy teen so 4uur moes waai, was ek skielik vir die eerste keer alleen. Nou moet ek byvoeg dat dit vir die eerste keer in ongeveer 3 weke was. Ek het 3 kampe in ‘n ry gehad. Die eerste vir 4 dae, toe was ek vir onder 24uur by die huis waarin ek heeltyd rondgehardloop het om goed vir die volgende twee weke reg te kry, en 30 vraestelle moes merk. Daarna was ek vir 2 weke op Bad Se Loop vir kamp. En toe skielik is ek alleen…

Ek het vreemd begin voel, was lus vir niks, het die verklaring daarvoor op allerhande plekke begin soek. Ek was nie lus vir enigiemand nie, nie eers regtig vir Maryke nie, ek het net aan kamp mense gedink heeltyd. Ek het begin huis toe ry, maar toe ek by die N1 afrit kom net reguit aangehou, met die musiek kliphard (I will do anything van Queen) en die venster oop met die koue Pretoria lug wat inwaai. By Hans Strydom het ek gedog ek sal deur Mamelodi huis toe ry, maar die verkeer was te swaar, so ek het omgedraai en by Simon Vermoten afgeklim, deur Silverton gery, en by die huis gekom.

Iewers nadat ek by die huis gekom het het ek skielik besef wat aan die gebeur is, en dat ek hierdie ervarings al voorheen gehad het, en dit net al vergeet het.

Is PKD sleg? Ek weet nie. Ek dink dit is onvermydelik. Ons word weggeneem uit ons omgewing, en het ‘n absolute wow ervaring. Die lewe kan waarskynlik nie heeltyd ‘n kamp wees nie, maar net daarom is dit nie noodwensig sleg om hierdie ekstatiese belewenisse te hê nie.

Wat maak ek met PKD? Ek dink die belangrikste is om dit raak te sien as dit jou tref, en glo die van ons wat al daardeur is, dit gaan verby. Moenie te lank gaan lê nie, gaan weer voort. Probeer om raak te sien hoekom jy actually jou ander vriende waardeer (die beste ding vir my was toe Sunette kom kuier het gisteraand). Maak klaar met die kamp, hou die kontakte wat gaan bly, maar moenie al jou energie insit in mense wat jy weet dit gaan elkgeval net doodloop na 2 weke nie. Moenie al jou energie vir die volgende 2 weke in kamp-mense insit nie punt.

Het jy dit al beleef? Hoe hanteer mens dit? Enige ander tips?