Archive for the ‘Musiek’ category

Drumming circle… wat’s dit?

Maart 27, 2010

Ek was gisteraand by ‘n drumming circle gewees. Een woord kan dit beskryf: Awesomeness!!

Dit was regtig een van die lekkerste ervarings wat ek nog ooit gehad het. Aanvanklik was ek maar skrikkerig daarvoor, want dis nie regtig iets waaraan ek gewoond is nie, maar my vriendin (wat ook teologie swot) het my omgepraat en nou ja ons vat toe die pad en gaan geniet dit. Dis ‘n baie lekker vibe nog voor jy eers begin het met die dromme. ‘n Area is uitgelê vir ‘chilling’, daars ‘n bar, die drumming circle (ja, letterlik ‘n sirkel) en dan nog ‘n area afgesper waar mense met vuur speel, of eerder toertjies doen.

Dit kos jou so 40 bokke om ‘n drommetjie te huur, maar dis regtig die moeite werd. Daar is mense van all over wat net hulself kom inleef in die beat. En ek oordryf nie as ek sê van all over nie. Daar’s hippies en teologie studente, weird mense, jocks, geeks, gays, straight, swart, wit, vrouens, mans, kinders, ou mense, ‘n mengelmoes van die mense van ons rainbow nation. En ek LOVE dit!!

Iemand begin gewoonlik met ‘n beat en dan gaan jy aan van daar af. Jy hoef nie eers ritme te hê om te join in die pret nie, jy kan net jou drommetjie slaan na hartelus. Ek het self sommer net paar keer gesit en luister na die beat. Jy vergeet van die kantoor, van die leerwerk van die regte wêreld. Jy kan net rustig wees en jouself verloor in hierdie sirkel van klank.

Ons kan eintlik so baie leer van community en sharing. Mense ruil dromme uit, lag saam, speel saam, en meer belangrik luister saam. Soos ek en Cobus ook gisteraand gesê het, ‘n drumming circle het baie potensiaal om gebruik te word in ons gemeentes en gemeenskappe. By jeugkampe ens. As ons net bietjie uit ons comfort zones wil wegbreek en iets nuuts probeer, soos ek gedoen het gisteraand, sal ons besef daar is soveel meer in die wêreld wat ons kan gebruik ten goede.

Luv Crusade??

Januarie 19, 2010

Voor ek begin met die topic wil ek darem net vir almal se hoop dat julle ‘n wonderlike feesseisoen gehad het en baie voorspoed en sterkte vir die nuwe jaar.

Ek ry vanoggend kampus toe en ek sien ‘n poster wat ‘n ‘Luv Crusade’ adverteer. Nou dis seker weer een of ander youth bash met klomp awesome bands en ‘n oulike boodskappie of so. Die bedoeling is ook seker heel goedhartig en met ‘n doel.

Wat my gepla het was die naam van die bymekaarkoms. Baie van my buddies sal my nog lank mock oor wat ek nou gaan sê, maar genade ‘Luv Crusade’ is darem maar ‘n vreeslike paradoks. Ek dink ek kan met veiligheid sê dat die Christene liewer wil vergeet van destyds se kruistogte. Dit was alles behalwe vreedsaam en liefdevol. Ek dink nie die knights het van dorp to dorp gereis om ‘n vriendlike chat te hê met die inwoners wat in hulle oë ongelowig was nie. Dit was wreed en geweldadig en duisende mense het gesterf ‘in die naam van God’.

Ons aanbid ‘n God van liefde. Soos een van my mede teologie studente gereeld se: Liefde wen! Hy is ‘n barmhartige, liefdevolle, maar tog regverdige God. Die dinge wat ons al gedoen het in Sy naam is skokwekkend en gaan oor alles behalwe verhoudings en liefde.

Ek lees nou die dag ‘n opskrif in ‘n koerant: ‘Haiti: Island of the damned’ en ek lees van al die terroriste aanvalle alweer en hoe die mense probeer uitfigure wie is skuldig en wie moet blameer word en gestraf word. Ons is so vinnig om te oordeel en regsprake te lewer, dat ons partykeer heeltemal vergeet waaroor ons geloof regtig gaan. Om liefde te leef en om moeite te doen om verhoudings te bou EN te hou is glad nie maklik nie, maar ons kan probeer en weer probeer en weer. Jesus het nie op ons opgegee nie, in teen deel Hy’s nogsteeds tot vandag toe besig met elkeen van ons.

So ja soos ek gesê het, ek dink nie ons moet almal op ‘n Luv Crusade gaan en probeer om ons geloof, worship, boodskappe, ens. op ons medemens af te dwing nie. Ons is eintlik glad nie so righteous soos wat ons dink nie, en ons is alleenlik wie ons is deur genade. Wees jouself, vriendelik en liefdevol.

LIEFDE WEN!!

Kerk liedjies

September 22, 2009

Ek het onlangs ‘n blog gelees oor praise & worship wat my nogal baie diep geraak het. (Lees meer hier) Ek het bietjie gaan dink en agter gekom dat wat hy daar gese het raakvat waarmee baie van ons worstel. Dit voel vir my asof ons goed sing wat vir ons uitgele is en ons vra net nie meer vrae daaroor nie. Dit klink altyd baie nice, maar is daar regtig ‘n dieper betekenis, ‘n meer relevante betekenis in my lewe vandag?

Kyk ek kan lekker lank oor praise & worship aangaan. Ek was self deel van daardie opset vir baie jare. Ek is nogsteeds in my gemeente se band en ek love dit nogsteeds om regtig goeie musiek te maak saam met kwaliteit musikante. Partykeer wens ek net ek kon goeie liedjies skryf wat kon pas by wat ek voel oor God op hierdie stadium van my lewe. Maar ek sal dit los vir die mense wat die talent daarvoor gekry het…

‘n Baie bekende prof wat by die fakulteit was, was leraar by die gemeente waar ek nou betrokke is. Hy het ‘n liedjie geskryf wat die gemeente nou moet aanleer, sodat hulle dit kan sing wanneer hy nou weer daar preek. Nou, dis ‘n baie nice liedjie en alles. Goeie melodie en for the most part heel oraait lirieke. Maar in 1 van die verse se hy ‘ons glo in die hel…’ Nie so goeie idee wanneer dit ‘n kwessie is wat lekker gedebatteer word nie.

Dit het my weer laat dink aan ‘n kleingroep gesprek wat ek gehad het verlede week rondom die hemel en hoekom ons daarin glo en is daar ‘n hemel ens. Hoe baie Christene maak hierdie twee aspekte die middelpunt van hulle geloof? Dis skrikwekkend.

Ek gaan nie my persoonlike menings hierop uitbrei nie. Vir nou is ek heel gemaklik daarmee om te se, ek weet nie. Maar wat ek wel weet, is dat daar soveel meer is tot ons geloof. Nie net waarnatoe jy oppad is nie. Ek wil in die ‘nou’ leef waar ek ‘n verskil kan maak in jan-alleman se lewe met God wat my lei in hierdie stryd. Om verhoudings op te bou en Jesus se liefde uit te leef.

Afrikaanse lofprysingsmusiek…en die Jonk Live Musiekfees

April 23, 2008

Die kwessie van kerkmusiek is iets wat ‘n hele paar mense al grys hare gegee het.  (En die mense met die grys hare gee daardie mense al hulle dae…)  Ek het ‘n vermoede dat taal ‘n groot rol speel in hierdie klein oorlog wat in baie kerke woed.  Die gryses wil eenvoudig net nie in Engels sing nie (die taal van die antichris, kakies en bowenal:  die HENSOPPERS!).  Hoekom sou mens in elk geval in Engels wou sing as jy dit kwaliks kan praat?  Ek wil dus die volgende tese stel:  Baie (ou)mense het nie soseer ‘n probleem met die styl van kontemporêre lofprysingsmusiek nie, maar eerder die taal.  Dit geld natuurlik nie in alle gevalle nie.  Daarmee saam wil ek die ander kant van die munt ook beklemtoon:  Baie (jong)mense het nie ‘n probleem om in Afrikaans te aanbid nie, maar het wel ‘n probleem met die styl waarin dit soms gedoen word.  Ongelukkig is daar nie soveel Afrikaanse lofprysingsliedjies wat aan hierdie mense se behoeftes voldoen nie!  Daarom dat hulle hulself eerder na Engels wend, waarmee hul natuurlik glad nie ‘n probleem het nie.  Dus: indien daar meer goeie Afrikaanse lofprysingsmusiek beskikbaar gemaak word, sal daar makliker ‘n middeweg in sommige gemeentes gevind kan word.  FLAM doen hier natuurlik goeie werk, maar daar kan nog steeds heelwat kritiek oor dit uitgespreek word.

Daarom is ek nogal opgewonde oor die Jonk Live Musiekfees wat 29-31 Augustus 2008 plaasvind, naby Pretoria.  Dis ‘n hele naweek van (meestal) Afrikaanse lofprysingsmusiek.  Groot name, soos Louis Brittz en Retief Burger (wat altwee ook baanbrekerswerk doen) sal by die fees optree, maar daar is ook geleentheid vir heelwat kleiner groepe om aan die fees deel te neem.  Een van die fokuspunte van hierdie fees is juis om Afrikaanse lofprysingsmusiek aan die kerk beskikbaar te stel, en daarom het hulle ook ‘n liedjieskryfkompetisie.  Daar is drie kategorieë: lof, aanbidding en kindermusiek.  Ek het wel ‘n bietjie beswaar hierteen.  Indien ons ‘n volle liturgie in die kerk wil dra met musiek, sal ons verseker meer as hierdie drie (eintlik twee) kategorieë daar moet stel.  Byvoorbeeld:  wat van skuldvergewing?  Of voorbereiding om die Woord te hoor?  Natuurlik kan al hierdie onder die twee breë kategorieë saamgevat word.  Maar mens moet tog ook daaraan dink dat kerkmusiek veel meer as net lof of net aanbidding is.  Nou ja, fluit fluit, my klaaglied is uit.

(Geen Ingelsmanne is tydens die skryf van hierdie post mishandel nie.)