Archive for the ‘Opleiding’ category

Swaarkaliber Springhaas-jag en Reverse Mentoring

Junie 18, 2009

So ‘n paar naweke gelede het ek saam met twee van my jeug-vriende (hulle is my vriende, eintlik meer soos broers, maar hulle is in ons jeug) springhase gaan jag. Nie jaag nie, jag. Dit was laat een Saterdagaand, na al die Super 14 wedstryde gespeel was en dit was die hele dag reënerig en winderig. Toe ons uiteindelik die aand uitgegaan het, was dit bitter koud.

Gelukkig help dit om so twee windbreakers bo-oor mekaar aan te trek, veral as jy in ‘n rhino ry. Die goed het mos nie vensters of niks nie, so die koel naglug het ysig op ons gesigte gespeel.

Nou hoekom swaarkaliber? Want ons het met ‘n 30.06 gaan jag. Okay, vir party mense is daar seker niks snaaks daaraan nie, maar ek is gewoond om sulke lawwe goed met iets soos ‘n .22 of hoogstens 243 die hiernamaals in te blaas. Dis nou wanneer hulle nie sommer geskop of teen ‘n bakkie se wiel geslaan word nie (die DBV gaan my seker kom toesluit hiervoor..!).

Maar okay, ek maak nie die reëls nie, so hier is ons die koue, donker nag in met die geweer, ‘n pak patrone, ‘n klein spotlight en twee sterker skietlampe, op soek na klein, harige, langoor ongediertes wat raaplande en ander gesaaides verniel.

Behalwe dat ons op die ou end net twee hase kon plattrek (albei pensskote), was dit eintlik ‘n opwindende, lekker aand. Dit was ook ‘n aand waar reverse-mentoring weer eens vir my so duidelik soos nog iets geword het. Hoewel ek weet hoe om met ‘n geweer te werk en nie nervous rondom die goed is nie, het ek eintlik lanklaas gejag, veral in die aand (en my sig is dan op sy slegste). Dit was duidelik hoe die rolle omgeruil het tussen my en my vriend op wie se plaas ons was. Al is ek gewoonlik die ‘jeugwerker’/’mentor’, was hy die een wat die shots geroep het, wat bestuur het, wat die leiding in die situasie geneem het.

En dit was vir my goed. Want dit is sy terrein, is dit nie? En is die hele mentor-ding, soos ek dit verstaan, nie juis ‘n plek waar ons albei by mekaar kan leer, eerder as wat ons net in ‘n leermeester-leerjong situasie staan nie? Mentoring is tog ‘n verhouding waar die “mentor” die “mentee” sekere skills leer, maar ook bereid is om deur die “mentee” sekere skills geleer te word in ‘n area waar die “mentor” nie oor die nodige kennis beskik nie.

Dis lekker om dit saam met jongmense te kan doen. Dis opwindend. Try dit, ek dare jou.

Advertisements

proefpreek en die system

Junie 2, 2008

My proefpreek was hierdie Sondag. Bad ervaring, om dit ligtelik te stel. Ek sukkel nog om die sin daar agter in te sien. Dalk wil iemand verduidelik. Ek stress myself dood, en al weet ek ek moenie, doen ek nogsteeds. Dan deliver ek een preek, en ek kry kritiek daarop. En nou? Dalk maak ek iets daarmee, maar dit help nie regtig in ‘n groeiproses nie.

My gesprek was goed gewees, ek moet dit darem erken. Die kritiek was nie sinneloos nie, die gesprek was goed, verskillende opinies is gehoor ens ens. Ek het opnuut respek gekry vir die verskillende rolspelers wat daaraan deelgeneem het, en besef ek het nog baie om te leer. Maar of ek regtig vanoggend iets geleer het twyfel ek sterk.

In ons moderne samelewing, hoekom kan ons nie net 10 preke deur die jaar instuur om gekrit te word en deurlopend kritiek kry soos wat die goed inkom nie? Dan kan mens mos sien of daar ontwikkeling is, kan die student leer uit sy/haar foute, en kan sinvolle gesprek gelewer word op ‘n stadium. Of, soos een van ons ouderlinge opmerk, hoekom kan die kerkraad nie net die vorms invul nie? Hoekom kan ons nie ‘n sisteem in plek kry waar gemeentelede die student deurlopend moet krit op vorms of iets nie. Hierdie vorms kan dan deur die mentor of ‘n dosent of iemand deurgewerk word, en gesprek kan deurlopend met die student gevoer word.

OK goed, ek weet dit is meer werk, maar ek dink dis dalk nie slegte idees nie…