Archive for the ‘Uncategorized’ category

Storiekaarte – en hoekom dit awesome is

Maart 18, 2010

Soos dit gaan in jeugbediening word kinders van tyd tot tyd na jou toe verwys deur ouens wat hoop dat jy deur een vinnige motiverende praatjie ‘n kind se optrede totaal gaan verander en beinvloed (lees: manipuleer) sodat die betrokke kind doen wat hulle graag verwag. Nou, dit werk nie heeltemal so nie, veral nie in relational jeugbediening nie. Ek het nie outomaties die reg om aan ‘n kind oor te dra dat hy of sy nou beter gecommit moet raak, kom nou, ruk jou reg en trek op jou sokkies, net omdat ek in jaartal nader aan die kind is nie. Dit werk nie so nie. Ek moet ook daardie kind se vertroue en respek verdien. Ek moet ook eers daardie kind se storie hoor. Want stories is hiper belangrik.

Ek sien toe vanoggend ‘n kind nadat sekere onderwysers gevoel het hy sal dalk eerder na my luister as na hulle. Nou, okay, maar ek weet mos ek kan nie dadelik met die deur in die huis val nie. Ek wil ook nie. Ek wil eers die kind se storie hoor.

Ek is al vir ‘n paar jaar deur Roelf Opperman van Kameeldrif blootgestel aan ervaringsleer en storiekaarte (weer eens baie dankie oom Roelf!), klein kaartjies met verskillende prente op wat persone dan kan gebruik om iets te vertel van whatever. Die kaart word die persoon se mondstuk. Omdat ek dit as ‘n tried and trusted metode ken, besluit ek toe om dit vandag ook in te span. Ek was nogals bang dat ek gaan sukkel om iets uit die ou te kry, ek ken hom nie goed nie. Groot was my verstomming oor wat toe gebeur.

Gewoonlik laat ek die persoon of persone so 3 kaarte kies, vandag was dit oor hoe jy die lewe sien, hoe jy die toekoms sien en hoe jy omgee sien. Die ou kies toe 4 kaarte en plaas hulle in ‘n spesifieke volgorde. Toe ek begin uitvra oor die kaart wat hy aanvanklik eerste gekies het, begin hy die volgorde verduidelik. Toe ek weer sien, is hy besig om ‘n comic strip te bou van sy lewe – ‘n uitgebreide metafoor in die derde persoon.

En hy bou. En hy bou. Soms is daar stiltes, dan wonder ek of ek dit moet verbreek, maar dan gaan hy aan en bou nog aan die storie. En ons gesels oor hierdie mannetjie in die storie. En dit word ‘n amazing ervaring. Naderhand begin die ou self die lyne deurtrek na sy eie lewe toe en ‘n klomp goed vertel – nie heeltemal dieselfde nie, maar naby genoeg dat ek die paralelle kon agterkom. En ek kom agter dat daar (soos ek vermoed het) HEELWAT meer agter ‘n skynbaar ongemotiveerde optrede sit as net luigeit.

Relational jeugbediening is nooit ‘n geforseerde jeugbediening nie – dis ‘n invitational jeugbediening. Net soos wat God ons uitnooi om deel te word van die ongeskrewe storie, ons uitnooi om uit te sien na ‘n toekomsverwagting, ons uit nooi om betrokke te raak by die mense rondom ons, net so moet ons tieners/jeug uitnooi om hulle vertroue met ons te deel (en dan mag jy dit onder GEEN omstandighede skend nie), om deel te word van ons lewens – sodat hulle ons later uitnooi om deel te word van hulle s’n, op hulle terme. Klink dit asof die mag uit jou hande gevat word? Ja, dit doen, en dis goed so.

ALTAR call VS ALTER call

Desember 15, 2009

Kom ons kry gou die onderskeid reg: eersgenoemde is die een wat jy doen by baie charismatiese byeenkomste, waar jy either jou hand opsteek en Jesus in jou hartjie in nooi of, in meer extreme cases, vorentoe gaan (na die “altar” toe) en saam met ‘n bevange bidder in ‘n klein kamertjie verdwyn waar hy of sy dan sewe soorte hel uit jou uitdryf voordat jy net daar en dan groot gedoop word en gedwing word om in tale te praat.

Laasgenoemde is wanneer enige persoon ‘n boodskap bring wat veroorsaak dat jy na jou lewe kyk en dinge raaksien wat verstelling (“altering”) nodig het.

Ek sit sommer en wonder, is ons bang om mense te nooi om ‘ verandering te maak? Wil ons hulle eerder emosioneel manipuleer as om dit duidelik, rasioneel aan hulle te verduidelik? Want dit lyk my as iets nie met emosie gepaard gaan nie, sukkel baie mense maar om ‘n ordentlike besluit te maak. Dis nie in ons koppe nie, maar in ons harte waar die verandering wortelskiet.

Of wat dink julle?
Len Sweet tweet nou die dag oor iemand wat op ‘n t-hemp geskryf het: “Jesus is my avatar.” en toe vra hy of dit nie meer korrek is om te sê: “I am Jesus’ avatar” nie? Ek wonder ook maar net…

Nog ‘n blog … dis aansteeklik … die keer ‘n meer akademiese een

Mei 17, 2009

Ek het maar ‘n tweede blog begin, waar ek Engelse goed gaan post. Dit sal meer akademies gerig wees. Ek het klaar daar ‘n post gepost, wat handel oor die koninkryk van God. Dit, en die mooi prentjie, en die opstel van die blog, en veral die bietjie naslaanwerk, het gemaak dat ek nie by my werk gister (en vandag) uitgekom het nie. 🙂

Interdenominasionele Samewerking

Mei 10, 2009

So, hier is ‘n interesting take op die tema: die NG-outjie is die regterbreiner en die AGS-dude is die analis! Hehehe…

Ek moet sê, God se humorsin is bitter fyn en as jy nie mooi kyk nie, gaan jy dit mis. Amper soos British humour: nie almal vang dit nie, maar die wat dit wel vang, dink dis skreeusnaaks.

Ek, die regterbreiner, reël as jeugpredikant in die NG gemeente saam met die Analitiese dude, die AGS-jeugpastoor, aan 2 jeugweke wat vandag in ons dorp afgeskop het. Ek het die entoesiasme en die let’s-do-it en reël die vergaderings, en hy help my om net te stop en te kyk: wat moet eerste gedoen word, sodat die ander goed in plek kan kom. Lekker, nè?

Die lewe gaan mos maar dikwels oor balans.

Wat van tiener-huisbesoek?

April 14, 2009

Ek gooi sommer ‘n ou klippie in die bos en so, terwyl ons saamdink oor tienerbediening:
In ‘n gemeente waar ons presies 104 13-18-jariges op die boeke het, dink julle dit sou sin maak om huisbesoek by die kids te pleeg? Vat ‘n bietjie die Bybel (ha-ha) na hulle toe in plaas daarvan om te verwag hulle moet ons Jeugbyeenkomste bywoon? My idee is om so deur die week by die kids (gelukkig is daar heelwat boeties en sussies) uit te kom – seker maar in die aande of laatmiddag, want hulle is besig met sport en random middagaktiwiteite. Ook obviously nie alles in een week nie, duh.

Ek weet in ‘n stadsgemeente is so iets ietwat ridiculous, maar hier op die platteland is ek lus om dit ‘n go te gee. As die ou goed nie werk nie, moet ons seker maar nuwe (ou) maniere uitprobeer. of hoe? My idee is om dit net soos ‘n kuiersessie te maak, nie noodwendig hierdie heavy teologiese “hoekom kom jy nie jeug toe nie?” – ding nie. Laat hulle net weet: hey, hierdie ou probeer nie snaaks wees nie, hy wil actually hoor hoe gaan dit met my.

Ek weet nie, wat dink julle?

Los my maatjies uit!

Maart 5, 2009

Ek wens soms ons was nog in die laerskool en dat jy vir ‘n ou soos Sarel van der Merwe wat ander mense se name sleg maak kon sê: “Los my maatjies uit!” of hom na die hoof toe vat en sê hy boelie jou. Want dit is basically presies wat hy doen. Maak my kwaad om te sien wie die nuutste ouens is wat vir hulle wickets moet keer net omdat dié betrokke dvd-maker en sy tjomme so besluit het.

Dit geld natuurlik vir almal wat die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, sy/haar studente en sy/haar dosente so met agterdog bejeën en hulle aanval. Hoe is jy op die skoolgronde geleer? maatjies maak nie so nie!

Imagine gou iemand wat jy glad nie ken nie storm op die speelgrond op jou af en dring aan om by jou te weet: “Glo jy dat Mnr. Van der Merwe fisies, liggaamlik en letterlik die skoolhoof is????”

Ek was die afgelope 3 dae op ‘n predikantekonferensie van die Natase Sinode by Drakensville. Hoe lekker om te netwerk, met ou en jong predikante te chat en hulle drome vir hul bediening en die lewe te hoor! Dis iets wat ek op Fakulteit geleer het: jy hoef nie die wiel elke keer van vooraf te ontwerp nie – vra iemand waar is die tyre-plek.

Ouers en Tieners

Februarie 13, 2009

So, antwoord gou vir my hierdie ene: hoekom sal ‘n ouer sy tienerdogter belet om die kerk se Jeuggroep, waarvan sy nou al 3 jaar lank deel is, by te woon, omdat hy nie van die outjie hou met wie sy ‘n verhouding het en hy DALK daar mag wees nie?