Luv Crusade??

Posted Januarie 19, 2010 deur drien20
Kategorieë: jeug, Musiek

Voor ek begin met die topic wil ek darem net vir almal se hoop dat julle ‘n wonderlike feesseisoen gehad het en baie voorspoed en sterkte vir die nuwe jaar.

Ek ry vanoggend kampus toe en ek sien ‘n poster wat ‘n ‘Luv Crusade’ adverteer. Nou dis seker weer een of ander youth bash met klomp awesome bands en ‘n oulike boodskappie of so. Die bedoeling is ook seker heel goedhartig en met ‘n doel.

Wat my gepla het was die naam van die bymekaarkoms. Baie van my buddies sal my nog lank mock oor wat ek nou gaan sê, maar genade ‘Luv Crusade’ is darem maar ‘n vreeslike paradoks. Ek dink ek kan met veiligheid sê dat die Christene liewer wil vergeet van destyds se kruistogte. Dit was alles behalwe vreedsaam en liefdevol. Ek dink nie die knights het van dorp to dorp gereis om ‘n vriendlike chat te hê met die inwoners wat in hulle oë ongelowig was nie. Dit was wreed en geweldadig en duisende mense het gesterf ‘in die naam van God’.

Ons aanbid ‘n God van liefde. Soos een van my mede teologie studente gereeld se: Liefde wen! Hy is ‘n barmhartige, liefdevolle, maar tog regverdige God. Die dinge wat ons al gedoen het in Sy naam is skokwekkend en gaan oor alles behalwe verhoudings en liefde.

Ek lees nou die dag ‘n opskrif in ‘n koerant: ‘Haiti: Island of the damned’ en ek lees van al die terroriste aanvalle alweer en hoe die mense probeer uitfigure wie is skuldig en wie moet blameer word en gestraf word. Ons is so vinnig om te oordeel en regsprake te lewer, dat ons partykeer heeltemal vergeet waaroor ons geloof regtig gaan. Om liefde te leef en om moeite te doen om verhoudings te bou EN te hou is glad nie maklik nie, maar ons kan probeer en weer probeer en weer. Jesus het nie op ons opgegee nie, in teen deel Hy’s nogsteeds tot vandag toe besig met elkeen van ons.

So ja soos ek gesê het, ek dink nie ons moet almal op ‘n Luv Crusade gaan en probeer om ons geloof, worship, boodskappe, ens. op ons medemens af te dwing nie. Ons is eintlik glad nie so righteous soos wat ons dink nie, en ons is alleenlik wie ons is deur genade. Wees jouself, vriendelik en liefdevol.

LIEFDE WEN!!

Advertisements

ALTAR call VS ALTER call

Posted Desember 15, 2009 deur tiaan
Kategorieë: Uncategorized

Kom ons kry gou die onderskeid reg: eersgenoemde is die een wat jy doen by baie charismatiese byeenkomste, waar jy either jou hand opsteek en Jesus in jou hartjie in nooi of, in meer extreme cases, vorentoe gaan (na die “altar” toe) en saam met ‘n bevange bidder in ‘n klein kamertjie verdwyn waar hy of sy dan sewe soorte hel uit jou uitdryf voordat jy net daar en dan groot gedoop word en gedwing word om in tale te praat.

Laasgenoemde is wanneer enige persoon ‘n boodskap bring wat veroorsaak dat jy na jou lewe kyk en dinge raaksien wat verstelling (“altering”) nodig het.

Ek sit sommer en wonder, is ons bang om mense te nooi om ‘ verandering te maak? Wil ons hulle eerder emosioneel manipuleer as om dit duidelik, rasioneel aan hulle te verduidelik? Want dit lyk my as iets nie met emosie gepaard gaan nie, sukkel baie mense maar om ‘n ordentlike besluit te maak. Dis nie in ons koppe nie, maar in ons harte waar die verandering wortelskiet.

Of wat dink julle?
Len Sweet tweet nou die dag oor iemand wat op ‘n t-hemp geskryf het: “Jesus is my avatar.” en toe vra hy of dit nie meer korrek is om te sê: “I am Jesus’ avatar” nie? Ek wonder ook maar net…

Too good to be true

Posted Desember 10, 2009 deur drien20
Kategorieë: Godsdiens, NG Kerk, Series

Ek kyk die afgelope klompie dae Buffy the Vampire Slayer. Classic series en ek love dit. Maar toe kom ek op die een episode af waar daar nou ‘n ou is wat straatmense na ‘n shelter toe nooi. As ek mooi onthou was die plek se naam Family Home. Natuurlik was die ou ‘n demon en was die plek net ‘n cover story sodat hy die mense kan gebruik om vir honderde jare sy slawe te wees, want niemand sal hulle mos mis nie.
Ek sit so en dink daaraan na die tyd. Hoe waar is dit nie? So baie mense is geneig om skepties te wees oor sulke shelters en charities, bloot om die feit dat partykeer is dit te goed om waar te wees. Dis of ‘n con artist of korrupte besigheidsmanne wat in beheer is daarvan. Mense raak moeg daarvoor en dit lei net na nog ‘n bose kringloop wat al hoe meer negatiwiteit kweek.
Is dit ook nie so waar van ons geloof nie? Ons as die liggaam van Christus (aka die kerk) is veronderstel om Jesus se vrede en liefde uit te leef. En tog deur die eeue doen ons alles behalwe dit. (Ja ek veralgemeen nou so bietjie, maar dis tog die goed wat die mensdom onthou) Vat bv. die Kruistogte, Hitler, al die wrede en manupulerende goed wat die Pope en die Rooms-Katolieke kerk en ja ook die Protestantse kerk als gedoen het “in die naam van God’. Ons kan aan en aan gaan met die lys van screw-ups wat ons as kerk al gemaak het. En ja dis baie maklik om te se, maar dit was ons voorvaders wat opgemors het, dit het niks met ons uit te waai nie.
Ons moet ophou om almal anders die skuld te gee. (Dit is nie maklik nie, ek is self skuldig daaraan) En ek moet nog gaan sit en brainstorm met al my maatjies en probeer uitfigure hoe ons hierdie ‘kom-ons-blameer-ander’ mentaliteit uit die weg te ruim. Ons sal dit seker nooit volkome regkry nie, maar ons kan nogsteeds probeer. Soos hulle se: probeer is die beste geweer.

So bietjie nagedagtenis

Posted November 30, 2009 deur drien20
Kategorieë: jeug, kampe

Ons het hierdie naweek wat verby is weer bietjie gaan kamp by badseloop. Dit was weer ‘n open space kamp gewees en vrek lekker! Eintlik het ons net gechill en relax. Ons almal het dit nodig gehad dink ek, en wat is lekkerder as ‘n naweek kuier saam met awesome vriende?!

Die probleem is dat ek nou al so gewoond geraak het aan hierdie groepie, en die lekker oop gesprekke wat ons kan he, en deur die jaar het ek van baie van my eie voorveronderstellings bewus geraak en ander het ek sommer net pleinweg weggesmyt. Nou kom ek terug in Randfontein en dis ‘n hele ander vibe. Ek moet weer van vooraf gewoond raak aan die preekstyl en aan die jeug se sieninge. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek love dit hier in my tuisgemeente (baie meer as ‘n sekere gemeente in pta) maar partykeer wonder ek nogal wat die selgroep leiers kwytraak met ons jongmense.

Nou die dag gesels ons ook so oor die selgroepe. Great inisiatief en ek support dit regtig baie, maar moenie verwag dat jy ‘n persoon as ‘n leier van ‘n selgroep maak en hy weet als nie. Dit werk net nie so nie. Die probleem is dat baie jongmense baie maklik hierdie ‘oom’ of ‘tannie’ se uitsprake aanneem as hulle eie en nie sommer vrae vra daaroor nie. Dan sit ons nou met hierdie mense 10 jaar later wat nogsteeds aan die woorde van sy Gr 10 sondagskool tannie klou. Laat ons nou net ‘n skewe woord voor op daai preekstoel se dans die hel los! Hoe kan die dominie wat 6 jaar (partykeer nog langer) geswot het iets sê wat heeltemal teenstrydig is met wat die tannie gesê het? Dis mos ongehoor van!
By die kamp het ons ook so bietjie daaroor gesels. Dit moet ‘n plek wees waar oop, veilige gesprekke gevoer kan word. Waar vrae gevra kan word, regtig nagedink word en waar so nou en dan bietjie debatte plaasvind. Dis hoe ons by mekaar gaan leer en hoe ons gaan uitvind wat in ons jongmense se koppe en harte aangaan, hoe ons issues gaan uitsorteer en lekker kan praat oor Jesus en hierdie ding wat ons Christenskap noem.

 

P.s Geseende Kersfees(voorlopig)! Mag dit ‘n vreugdevolle tyd wees 😉

 

Kerk liedjies

Posted September 22, 2009 deur drien20
Kategorieë: Godsdiens, Musiek

Ek het onlangs ‘n blog gelees oor praise & worship wat my nogal baie diep geraak het. (Lees meer hier) Ek het bietjie gaan dink en agter gekom dat wat hy daar gese het raakvat waarmee baie van ons worstel. Dit voel vir my asof ons goed sing wat vir ons uitgele is en ons vra net nie meer vrae daaroor nie. Dit klink altyd baie nice, maar is daar regtig ‘n dieper betekenis, ‘n meer relevante betekenis in my lewe vandag?

Kyk ek kan lekker lank oor praise & worship aangaan. Ek was self deel van daardie opset vir baie jare. Ek is nogsteeds in my gemeente se band en ek love dit nogsteeds om regtig goeie musiek te maak saam met kwaliteit musikante. Partykeer wens ek net ek kon goeie liedjies skryf wat kon pas by wat ek voel oor God op hierdie stadium van my lewe. Maar ek sal dit los vir die mense wat die talent daarvoor gekry het…

‘n Baie bekende prof wat by die fakulteit was, was leraar by die gemeente waar ek nou betrokke is. Hy het ‘n liedjie geskryf wat die gemeente nou moet aanleer, sodat hulle dit kan sing wanneer hy nou weer daar preek. Nou, dis ‘n baie nice liedjie en alles. Goeie melodie en for the most part heel oraait lirieke. Maar in 1 van die verse se hy ‘ons glo in die hel…’ Nie so goeie idee wanneer dit ‘n kwessie is wat lekker gedebatteer word nie.

Dit het my weer laat dink aan ‘n kleingroep gesprek wat ek gehad het verlede week rondom die hemel en hoekom ons daarin glo en is daar ‘n hemel ens. Hoe baie Christene maak hierdie twee aspekte die middelpunt van hulle geloof? Dis skrikwekkend.

Ek gaan nie my persoonlike menings hierop uitbrei nie. Vir nou is ek heel gemaklik daarmee om te se, ek weet nie. Maar wat ek wel weet, is dat daar soveel meer is tot ons geloof. Nie net waarnatoe jy oppad is nie. Ek wil in die ‘nou’ leef waar ek ‘n verskil kan maak in jan-alleman se lewe met God wat my lei in hierdie stryd. Om verhoudings op te bou en Jesus se liefde uit te leef.

Programlose Tienerkampe? Try dit, ek dare jou!

Posted September 9, 2009 deur tiaan
Kategorieë: jeug, kampe, NG Kerk

Ek en Cobus en ‘n paar ander het laas jaar begin eksperimenteer met kampe sonder ‘n vaste leier en programme. Okay, die leierlose-ding is seker nie heeltemal so feasable nie, maar die programlose-ding wel. Gaan lees op sy blog oor 20something en Open Space vir al daai details.

Vroeg vanjaar wou ek, soos dit ‘n goeie jeugwerker betaam, ‘n avontuurkamp vir die tieners in ons gemeente hou. Ons datums het geclash met die rugbyweek en die ding het deur die mat geval. Dit sou seker ‘n goeie kamp gewees het, met al die verpligte aktiwiteite oos abseil en laetoubane en al die goed wat ons ken. Ek het nie pyne met dit nie, ek like dit! Maar die ding het net nie op daardie stadium, in April, uitgewerk nie.

So toe ons nou weer begin praat in die rigting van ‘n kamp, het die tieners my baie duidelik laat verstaan dat ons nie te veel aktiwiteite moet inwerk nie. Ek is in elk geval al lankal op die Ervaringsleer-band wagon, so ek het in anyway nie lesings in my kop gehad oor die 15 Goeie Geestelike Grondbeginsels of die Eskatologiese verstaan van Openbaring 11-18 met die wegraping as fokus nie. Wie is nou lus om op ‘n perfekte Saterdagoggend na ‘n boring lesing te luister as jy in ‘n rivier kan gaan swem?!

So tref ons toe ons reelings en so is Chillax-kamp gebore (waar jy kan “Chill” en “relax”). Die doel van die kamp: ontspan, rus, kuier, speel! Die reels van die kamp: alles is opsioneel – van opstaantyd tot deelname tot etes tot stort (alhoewel die meeste die laaste een as ‘n ongeskrewe verpligting hanteer het, gelukkig!). Al wat vooraf vas op die program was, was die Vrydagaand se lanternbekruip – wat ook opsioneel was.

En dis presies wat gebeur het! Ons het Vrydagmiddag by Matatane River Lodge aangekom, Wykie Swanepoel-hulle se pragtige plek en byna onmiddellik afgesuiker rivier toe. Asemrowend! Ja, dit het nog nie baie gereen nie, so die rivier was nie vol nie, maar die kranse en die bosveld en die water het dit prentjiemooi gemaak. En ons het dadelik begin speel! Wat ‘n plesier, wat ‘n voorreg om saam met sulke mooi jong lewenslustige tieners te kan jol en mekaar te kan duik en in die water te kere te gaan!

Ons is teen sononder terug kampterrein toe. Geen vaste etenstyd nie, het ons ons deur ons mae laat lei na die bakke pasta wat ons die middag in Vryheid reeds gemaak het. Heerlik.

Die jonger latte het self die vuur aangesteek en die plek reggemaak vir ure se kuier rondom die gloeiende kole. Almal was gesettle, gemaklik en jy kon vir ‘n slag vergeet van skool, jou ouers, druk van jou vriende, druk om te presteer, verantwoordelikhede…net wegkom.

Later het ek sekerlik een van die snaaksste lanternbekruipe in my lewe gesien. As mense dink dat hulle minder sigbaar gaan wees op ‘n volmaanaand deur hulle klere uit te trek en in hul onderbroeke op die lantern te pounce, moet jy weet: hier kom groot sports! Bitterlik snaaks!

Later is daar Mafia gespeel en musiek geluister en gekuier en gelag en National Geographic-tipe foto’s geneem van paddas wat besig is om te paar (op ‘n kerkkamp! My magtag!). Ek weet nie hoe laat ons gaan slaap het nie.

Saterdag het ons opgestaan soos die Gees en ons lywe ons gelei het. Daar is gebrunch en na die Springbokke se toets gekyk en dit het veroorsaak dat ons natuurlik eers moes gaan kalmeer deur by die rivier en die foefieslide uit te kom – al was die pad na die foefieslide ‘n bietjie bundu-bashing.

Die aand het ons gebraai, elkeen sy eie braaipakkie, en ons het gekuier en gelag en musiek geluister en ‘n reuse handjietennis toernooi met ‘n huge sagte bal gehad.

En ons het WEER gaan lanternbekruip – ander spanne, ander spot…net soveel sports! Daar was mense wat deur die rivier se vlak water geleopard crawl het en ‘n ander ou wat besluit het om vir die res ‘n trench te bou, daarteen besluit het en homself toe daarin begrawe het sodat net sy kop uitsteek en hy die ander kan skrikmaak!

Nog rondes mafia is gespeel, baie potte skaak en eventually het almal in hul chalets uitgekom en in die bed neergeval. Ons het 4 per chalet geslaap en dit het wonderlik gewerk.

Sondagoggend moes ons egter vroeg opstaan om betyds terug in Vryheid te wees om ‘n mimiek in die erediens te doen, maar dit was al drawbac. Ons sou dalk volgende keer eerder later terug gecruise het dorp toe, dan kon ons rustiger opstaan en klaarmaak.

Wat is die punt van hierdie kampe? Om kinders te vermaak? Nee, want dit het hulle sommer self gedoen. Om geestelike waarhede oor te dra? Wel, sonder lesings – na die eerste lanternbekruip het ek hom baie ligweg gereview. Die kinders het self by die ding uitgekom dat, net soos lanternbekruip, kan jy nie kerkwees alleen doen nie. Awesome. Is die doel om verhoudings te bou? Beslis, ja! Daar was 2 ouens saam wat nie regtig deel was van ons jeuggroep voor die tyd nie, maar wat van die kinders van skool af geken het, en dit was great om hulle te sien inskakel. Ook met van die tieners wie se ander vriende ‘n bietjie meer aan die scruff kant is. Dis goed om vir hulle die opsie te kan gee dat ‘n mens jouself kan geniet sonder sigarette, drank en dagga.

Daar was twee couples op die kamp en hulle het gewys hoe gesonde Christentiener couples kan optree. Ek was nie een keer regtig bang dat hulle iewers in ‘n chalet die lakens gaan deurmekaar maak nie. Nie omdat hulle kamtig engeltjies is nie, maar omdat ek weet dis nie die soort verhoudings wat hulle het met mekaar of met my nie.

Kan programlose kerkkampe, waar ‘n mens nie een keer Bybellees nie en net bid voordat jy eet, werk? Ek dink so. Ek kon die naweek in die naam van my gemeente ‘n ruimte skep waar tieners kon ontspan en wegkom en rus en fellowship geniet, sonder om “kerkerig” of dweperig te wees.

En dit is awesome.

Jona

Posted Augustus 17, 2009 deur drien20
Kategorieë: Fakulteit, Teologie

Tags: , ,

Ons is nou besig met Jona in Hebreeus, om die teks te ontleed en so aan. Ek vind dit onsettend interessant. Ons is nou eers klaar met Jona 1 en 2, maar ek kyk al klaar anders na die boek.

Nou ek is een van die eerstes wat sê dat ek nie eers gaan probeer om alles te verstaan in my 1ste jaar nie. Ek meen, soos 1 van my mede-studente gesê het, dis hoogsgeleerdes wat die Bybel vertaal het en nou wil ek met my ou 1ste jaar hebreeus dit self vertaal? Maar ek moet sê dit help nogal om dit in die grondteks te kan lees. Jy sien klein goedjies raak wat jy nie noodwendig in die vertaling sal sien nie.

Daar is ‘n paar vreemde beelde of uitlatings wat ek raakgelees het. Julle is welkom om my reg te help as ek dalk vreemde goed kwyt raak…

Jona 1:14

Letterlike vertaling:

And they called to Yahweh and they said: “Please, Yahweh, please do not let us perish on the life of this man and do not give us innocent blood for you Yahweh as which you were delighted to have done.”

Afr vertaling:

Toe bid hulle tot die Here en sê: “Ag, Here, moet ons tog nie laat vergaan oor hierdie man nie. Moenie dat ons iemand onskuldig doodmaak nie. U is die Here, U doen wat U wil.”

Oky, nou ek mag verkeerd wees, maar hier is ‘n duidelike verskil. (Weereens dis oop vir interpretasie) Hulle was bang dat hulle 1 van hulle eie ‘onskuldige’ seemanne sou moes offer, omdat Jona strooi aangejaag het. En hulle was onder die indruk dat God dit nou nogal sou like as dit gebeur. Nou om dit bietjie beter te verstaan dink ek moet julle Cobus se blog lees, hier.

Was God ‘n ‘bloodthirsty’ God wat net links en regs offers wou gehad het, al was die ouens glad nie eers betrokke by die groter prentjie nie? Wel ek dink nou glad nie so nie. Maar om dit beter te verstaan moet ons onthou dat in Jona se tyd mense baie ander gode aanbid het. Dit was nou maar net 1 van daai dinge (nie so anders as vandag nie). Wanneer die storm uitbreek in vers 4 het die matrose Jona wakker gemaak en gesê dat hy tot sy god moet bid, want dalk kan hy hulle help. Elke een op die skip het maar sy eie god gehad op wie hy gebargain het. So dis heel moontlik dat daardie gode ‘human sacrifices’ vereis het, en dis dan heel moontlik dat hulle net aangeneem het dat dit is wat Jahwe ook doen.

Nou die gedig wat hoofstuk 2 uitmaak is vrek mooi! Dit vertel net hierdie absolute afhanklikheid van God wat Jona ervaar het. Terwyl hy besig is om basies te versuip, dink hy dat God hom heeltemal verlaat het en tog bid hy nogsteeds en hy bid ‘n lofprysing tot Hom, en hy weet verseker dat hulp net van die Here af kom. Fantastiese beeld wat deurkom.

Ook die beeld wat hy gebruik van die tempel:

Jona 2:8 (in hebreeuse Bybel, 2:7 in afr)

Letterlik:

“When my soul fainted in me Yahweh remembered and my prayer came to you, to your holy temple”

Afr:

Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel.

Oky, so obviously beteken dit nou nie dat Jona vir die tempel gebid het nie. Vir hulle was die plek waar hulle God se teenwoordigheid ervaar, die tempel. So hy bid tot God, net op ‘n ander manier as wat ons gewoond is, maar vir Jona was dit heel normaal om so te bid.

Dis baie belangrik om te onthou dat wanneer hy praat van die doderyk in Jona 2:2, hy NIE oor die hel praat NIE!!! Nêrens in die Ou Testament word daar oor die hel gepraat nie. Die doderyk (of sheol) was waarnatoe alle mense gegaan het as hulle doodgegaan het. Dit was nie ‘n slegte ding nie, dit was net hoe dit gewerk het. Almal het op die ou end daar opgeëindig. Dit was deel van die 3-vlak wêreldbeeld.

Wel ek dink ekt nou genoeg aangegaan oor Jona en hebreeus. Maar dit was nogal ietsie wat ek graag wou share. Hoop dit help so bietjie met die verstaan van Jona en die interpretasie daarvan.