Gr 10’s weet hoe om te kamp

Ons het gaan kamp die naweek saam met my Gr 10 sondagskool klassie. Uit ‘n klas van 15 het 9 opgedaag. Nou hierdie kamp ding is redelik nuut in die gemeente so daar het baie meer kids opgedaag as wat ek verwag het en die kamp het al my verwagtinge oorskry.

Ons het by die kampterrein opgedaag (nie ‘n fancy plek nie, sommer op iemand se plot langs die rivier), tent opgeslaan, en verder net gechill. Ons het mekaar eers bietjie beter leer ken, sommer net gou mekaar se name gehoor en dit het die gesprek oopgemaak. So klein, simpel oefeninkie wat mense laat welkom voel dat hulle sommer spontaan met jou begin gesels. En kyk ‘n 16-jarige kan lekker gesels.

Die seuns het in die rivier geswem, die girls het gele en chat of slaap of watokal. Soos ek se, ons het net lekker gechill met die kids. Die res van die mense het so net duskant half 2 daar aangekom. (met die kos, dankie tog!) Ons het ietsie geeet, gedrink en toe leer ons mekaar beter ken. Ons het sommer in groepies van 2 opgedeel en in 5 minute alles uitgevind wat ons kon van mekaar. Die weirdste goed het uitgekom, en tog het die kids ‘n bietjie meer van hulself ook bekend gemaak. Ietsie dieper as net die gewone ‘wat is jou skoen size’.

Ons het weer lekker geswem en gechat en so aan, en toe begin die sports. Daar was vlotte ook op die rivier. 1 groot en 1 kleiner een. Nou ja ons het gedink dat dit ‘n goeie oefening sal wees waar almal as ‘n groep kon deelneem. En ons is toe op die grote en af met die rivier, al 13 van ons. En dit het verbasend goed gegaan. Toe besluit ons nee, maar ons gaan nou oorklim op die kleiner 1. Nou ja needless to say dit het nie so goed gegaan nie. Ons bootjie het getiep. Gelukkig het die menslike instink ingeskop, want niemand het seer gekry nie. Almal het darem geweet om pad te gee onder die vlot. Nou ja, wat kan ek se, dit was verseker ‘n experience. Na die tyd het ons na gegaan wat gebeur het (met ‘n reviewing technique), hoe het almal gevoel, hoe het hulle dit ervaar.

Toe almal redelik rustig geraak het, het ons droe klere gaan aantrek en nog ‘n lekker aktiwiteit gedoen. En ek is nie eers sarkasties nie, dit was geniune vrek lekker gewees. Die idee is om kratte te bou tot so hoog as wat jy kan. (Sommer daai coke kratte wat in mekaar kan pas) Jy het natuurlik ‘n veiligheidstou om jou, wat geanker is in ‘n boom en wat ons ‘adventureman’ vasgehou het. Ek dink die rekord vir ons was 11 kratte. Nogal merkwaardig, want ek se vir julle dit kan nogal hoog raak so by die 8ste krat.

Ons het weer review wat gebeur het, hoe hulle gevoel het, en toe vra ek hoe sou hulle dit toepas op die lewe. Die coolste goed het uitgekom. Een het dit vergelyk met ‘n toets, partykeer moet jy maar ‘n raaiskoot vat en hoop die antwoord is reg, net soos jy ‘n raaiskoot vat en hoop dat 1 meer krat ‘n goeie idee was. ‘n Ander een het dit vergelyk met vriendskappe en so kan ons aangaan. Hierdie was ‘n goeie oefening, ja, maar wat vir my die awesomeste was, was dat dit ‘n hele in diepte gesprek oop gemaak het. Ons het van skool onnies tot rassisme gepraat.

Laat die aand het ons sommer lekker gesing om die vuur en lekker braaivleis geniet. Bietjie gepraat oor hulle ervaringe rondom kerk en ons gemeente. Toe die ouer garde nou besluit dis inkruip tyd het ek besluit om langer wakker te bly en saam die kids rondom die vuur stories te vertel en te hoor. Toe ek nou in die vroee oggendure wou nag se, toe wou hulle nie gehad het ek moet gaan slaap nie! Hoe awesome is dit?! Haha.

Hierdie kamp was ‘n belewenis saam met ‘n great groep 16-jariges. My verhouding met hulle is besig om te vorm en te bou. Ek kan regitg net dankbaar wees vir wat die Here deur my doen om met hierdie kids te kan werk. Ek dink hierdie kamp is een van daai wat mens gaan onthou, verseker!

Explore posts in the same categories: jeug, kampe, NG Kerk, Oop gesprekke

2 Kommentaar op “Gr 10’s weet hoe om te kamp”

  1. ekisanna Says:

    Ek was vir baie jare betrokke by die jeug van ons gemeente (nie ‘n NG ene nie, maar ons gaan ook hemel toe – smile). Ek was na elke so ‘n kamp verstom oor die diepte van hierdie jong mense, en soms kinders, se insig in die dinge van die gees. Mens sien hulle so op straat en dink: “Ai, die jeug van vandag!” en dan kry jy so ‘n kamp waar jy werklik die kans kry om met hulle te praat en hulle te leer ken en dan dink hy: “Dankie Vader, vir die jeug van vandag”!

  2. tiaan Says:

    Yay vir lekker kampe! Being ‘n kamp-fan myself is dit altyd lekker om van positiewe kamp-ervarings te lees en natuurlik self ook deur die goed te gaan. Dis verstommend wat ‘n mens alles tydens ervaringsleer by ‘n tiener kan leer – as jy jouself toelaat…


Lewer kommentaar