Archive for the ‘Etiek’ category

Penny wise and pound foolish

Augustus 25, 2008

Ek moes eens op ‘n tyd vir my tante ‘n 2l melk by Checkers gaan optel wat sy per ongeluk daar vergeet het toe sy inkopies gedoen het.  Ons het in dieselfde straat gewoon, ‘n mielieland aan die een kant van die straat, en ‘n winkel aan die ander.  Melk was goedkoop in daardie dae, petrol ook.  By die winkel het melk seker so R14 gekos.  By die Checkers – omtrent R12.  Die Checkers is so 5km van ons huis af, en die Groen Monster (‘n 1979 Nissan Laurel) waarmee ek rondgery het, het so 6km per liter gekry.  (Ongeag of daar nou ‘n karavaan, ‘n waentjie, of ‘n karavaan met ‘n waentjie ageraan gehaak was.  Ten minste was die ou kar konsekwent.)  Dus:  dit sou my net minder as R8 kos, asook so 15-20 minute, om die melk te gaan oplaai.  My tante het vooraf die bestuurder van Checkers gebel om te sorg dat die melk eenkant gehou word – seker so 50c vir die oproep gewees, dalk R1.  Doen maar self die wiskunde.

Dit is hoe baie mense ook oor sending dink.  ‘n Vliegkaartjie Afrika toe vanaf die VSA kos seker so R12000 op ‘n goeie dag.  Verblyf daar:  glad nie ‘n te slegte prys nie.  Kos:  ook baie goedkoop.

Ek wonder hoeveel melk kan mens met R12000 koop?  Ek wonder.  Doen maar self die wiskunde.

Ek wil darem ook net byvoeg – ek weet dat mens party goed nie NET in terme van geld kan meet nie.

Wall-E: Living vs. Surviving

Julie 16, 2008

Movie (and possibly a sermon) spoiler warning!!!!!!  (Although I’ll try and keep the details to a minimum.)

I went to see Wall-E on Tuesday night.  What a strange (although this was to be expected) movie!  I wasn’t quite prepared for the long scenes devoid of conversation.  It was only afterwards, in discussing the movie with my movie-partner, that I began to realize how this movie can be used as a metaphor for the church.  I don’t think the creators ever thought that the movie would be related to faith / religion / church, but anyway, here goes.  (I have to add that the movie will be a great conversation starter for many a topic, e.g. ecological issues, user mentality etc.)

The protagonist is a robot called Wall-E whose daily task (for the past 700 years) has been to clean up the very polluted and very deserted earth.  One day, as these things happen, Wall-E leaves earth (I’m not going into details) for a luxury cruise spaceship, where all the humans are having a jolly good life.  In fact, they are having such a good life that they have all become fat (to the point of being almost boneless) and lazy.  Robots take care of the menial tasks of daily life.  In any case, at some point in the story, the captain of this spaceship learns a few things about life on earth more than 700 years ago.  He tries to steer the ship towards earth, but the ship’s autopilot has taken over true captaincy of the ship a long time ago (in true “Space Odyssey” fashion).  The ship, aptly named “Axiom” (all the humans simply accept their situation), tries to dissuade the captain of his newly found mission by pointing out how good the humans are surviving out there in space.  The captain retorts:  “I don’t want to survive; I want to live!”

It is at this point where the church sprung up in my subconscious, surfacing later that evening.  Sometimes, we are so happily living in our “luxury cruise” churches, enjoying the axiomatic goodness of church life, that we don’t see to what extent we’ve become fat, boneless and lazy.  Building even bigger churches, channeling our resources into self-sustenance.  However, the church has not been called for survival.  Rather, we have been called to live – in this very polluted world of ours.

Vicious Circles in a Forest, or: Too Much of a Good Elephant

Junie 30, 2008

Today, I’ve read in the Beeld that there are some German folk who refuse to visit South Africa if we do not change our policy towards controlling the elephant population. “Control” in this sense means, basically, shooting. Please note that, as I am writing this post, the dust of the Struwig Eco-Reserve where I’ve spent the whole of last week is still clinging to my shoes. I’ve been told that there are about 7000 too many elephants in the Kruger National Park, the wildlife of which is shared by Struwig. One can literally see the damage caused by these elephants – hundreds of overturned and dying trees. Whilst the elephants happily change their environments to suit them, the numbers of many other smaller creatures are dwindling. One can hardly blame these German folk for seeing the plight of the elephants – elephants are big creatures, which can be seen from far off, even perhaps Germany. But one should also look to the smaller creatures – they’ve got animal rights too!

I realize that I am probably not the first person to say this; but it is time that we rethink and rethink again our atitude towards ecological matters. It is one thing to be ecologically minded; one should just be careful not to be so ecologically minded that one is no earthly good. It is time for the church to develop a theology of ecology – a responsible, balanced theology of ecology.

‘n Rooi Z4 en ‘n renaissance-kasteel

Mei 8, 2008

Ek het ‘n liking in Johan Rossouw gevang toe ek hom die eerste keer hoor praat het by die lentekonferensie laas jaar. Wat hy alles gesê het kan ek nie onthou nie, ek onthou net ‘n ervaring van “na hierdie ou moet mens maar luister”. Eers het ‘n dosent met wie ek nogals baie te doen het my vertel van sy boek ‘n Rooi Z4 en ‘n renaissance-kasteel, en toe word dit skielik uit die bloute vir my voorgeskryf (vir almal in die M.Div klas, ek is reg, dit was uit die bloute uit nê? of het ek iets gemis?).

Ek kom agter daar is gemengde gevoelens oor die boek, maar persoonlik dink ek Rossouw vat iets op briljante wyse raak. Ek sien toe nou net terwyl ek op soek is na iets anders ‘n post wat ek so klompie maade terug geskryf het (ek dink dit mag dalk een van my brighter moments gewees het, maar is oop daarvoor dat ek verkeerd kan wees), wat my weer herinner aan Rossouw, en dat ek nog iets wou skryf daaroor. Of my link met die twee geregverdig is, kan ander maar vir my vertel.

In kort, soos ek verstaan, kom dit daarop neer dat Rossouw skryf oor ‘n groep Pretoria Afrikaners (obviously beteken dit nie alle Afrikaners is so nie, maar ek dink hy erken dit self in sy boek), die nuwe generasie Yuppies. Die Young Upcoming Professionals wat met ‘n sekere tipe charismatics opgelink het (ek verwys spesifiek na ‘n “sekere tipe”, want daar is charismatics wat nie noodwendig so is nie… O, en baie van die charismatics waarmee ek dink hulle opgelink het sit in ons eie NG Kerkie), om wat hy noem die “gnossies” te veroorsaak.

Nou, as jy nie bekend is met gnostisisme nie, lees gerus wikipedia se definisie. Ek het hom nog nie gelees nie, maar wat ek onthou uit my jare van swottings is dat daar ‘n baie sterk dualisme is, wat sê dat hierdie wêreld sleg is, en eintlik nie saakmaak nie. Wat belangrik is, is die “geestelike wêreld”. Wat ek hoor is dat hierdie gnossies van Rossouw hulle godsdiens in ‘n geestelike wêreld vind wat niks regtig te doen het met ons dag tot dag bestaan nie, hulle godsdiens lewer dus geen kritiek op hulle materialisme nie, en noodsaak hulle ook nie om betrokke te raak by samelewings issues nie. Nie dat dit sleg is as mense worry oor die armes ens nie, maar dit help as dit ander mense is, en as dit nie regtig aan ons vat nie.

Wel, ons is almal dalk gedeeltelik vasgevang in hierdie wêreld wat Rossouw beskryf. Hy’t my gewete aangespreek. Hy’t my nogals teruggedwing na die bergpredikasie toe (Matteus 5-7), my laat dink aan Bonhoeffer se radikale interpretasie daarvan in Cost of Discipleship.

Ek vrees Rossouw mag dalk reg wees. Of jy met hom saamstem of nie, ek dink nie dit is leeswerk wat geïgnoreer kan word nie…

Iets wat party sal warm onder die kraag maak

April 10, 2008

Adam Cleaveland Walker is ‘n teologiese studente by Princton Theological Seminary gewees (ek dink amper hy is pas weg daar na ‘n eerste beroep). Ek, en honderde ander mense, volg sy blog al ‘n rukkie lank. Buiten vir sy teologiese studies doen hy ook bietjie graphic en web design.

Eergister het hy geskryf oor BGLASS (Bisexual, Gay, Lesbian and Straight Supporters), waarvoor hy die design gedoen het. Natuurlik kontroversieël, soos die comments op sy blog ook wys, maar tog iets wat my laat dink het.

Ons het in die jare wat ek op kampus was nie net die warm argumente in die NG Kerk oor die gays beleef nie, maar ook die begin van die TUKS Gay and Lesbian Society, of wat ookal hulle was. Alhoewel die argumente in die fakulteit warm was, het die Gay and Lesbian events basies by ons verby gegaan sonder dat dit enigsins ‘n invloed gehad het. Die wat daarteen was het nie werklik scenes opgeskop daaroor nie (nie binne die teologie konteks elkgeval nie), maar dalk was dit hoofsaaklik omdat niemand sterk daarvoor was nie. Niemand wat sterk vir die gays argumenteer het het ooit ‘n draai gaan maak by hulle nie, niemand het hulle werk probeer vuur aanblaas of enigiets nie. Dis nou maar net ‘n observasie, maar was ons maar ook steeds besig om te argumenteer oor mense wat ons nog n ie ontmoet het nie? Of die wat wel kontak met gays of lesbians gehad het, was dit maar net persongeluk omdat jy ‘n sussie, boetie, vriend of vriendin gehad het?

My kontak was perongeluk, een van my beste vriende wat ek gemaak het, het ek later uitgevind is gay. Hy het my in 2004 saamgesleep die aand toe die gay kerk daar naby ons gereageer het op die NG Kerk se verskoning oor wat hulle aan gays gedoen het, toe hulle reageer het met ‘n “ons vergewe julle”. Krap ek nou waar ek nie moet krap nie?

Elkgeval, ek wonder maar net of ons nog iets het om te leer oor hoe ons betrokke raak by ‘n ding waarvoor ons sterk voel, of was TUKS se Gay and Lesbian Society net nie gewild genoeg nie? Of het die steeds taamlik konserwatiewe houding van die TUKS Afrikaanse gemeenskap gemaak dat selfs die wat hulle sou wou ondersteun niks gedoen het nie? Want soos dit vir my gelyk het was hulle nie baie gewild nie…